Page 1 of 2

.303 vs 30-06

Posted: Sun Oct 13, 2019 8:18 am
by RasenDes
Wat is jul opinie rondom die 2 kalibers.
As mens reeds 'n betroubare .303 het en al jare mee jag in die bosveld, is daar enige iets anders wat die 30-06 kaliber my kan bied wat die .303 nie kan nie ? Mis ek iets ?
Volgens my is .303 en .308 baie naby aanmekaar spesifiek vir bosveld jag waar jou verste skote selde oor 150m is.

Re: .303 vs 30-06

Posted: Sun Oct 13, 2019 9:29 am
by Raakskiet
Ek dink jy verdien ñ bederfie na al die jare met die 303.

Balisties is daar nie so groot verskil tussen die kalibers nie. Die belangrikste verskil wat die van balistiek oortref is hoe die geweer jou pas.

Onthou 303s in nie gemaak vir jag nie, dis vir oorlog gemaak. Hul teleskope is altyd effe hoog monteer om plek te maak vir die slotaksie...... daarom kry jy nie behoorlike "cheek weld" as jy aanlê nie.

Bederf jouself met n Howa of Tikka, jy sal nooit spyt wees nie!! Dis bitter goeie waarde vir geld wat saam met enige duurder geweer meeding wat akkuraatheid betref.

Dis my 2c...... lekker jag!!

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Re: .303 vs 30-06

Posted: Sun Oct 13, 2019 2:15 pm
by Ds J
Dink in terme van die verhouding van die verskillende .30-kalibers tot mekaar: 308 stop waar n 30-006 begin, en die 30-06 stop waar die 300's begin. Die een groot voordeel van die 30-06 is dat hy n 200gr of 220gr-koeël kan skiet maar daarvoor het jy mos n 303. As jy dus werklik langer afstande wil skiet sal ek eerder n 300 of ander langafstandkaliber aanskaf.

As jy n P14 -303 het kan jy hom warmer begin laai en spoed jaag.

Wat wil jy met hom doen?

Jy kan natuurlik eers n paar ander kalibers uittoets en uitvind waar hou nuutste jeuk presies sit.

Re: .303 vs 30-06

Posted: Sun Oct 13, 2019 3:41 pm
by Ratel
Ek het vir meer as 12 jaar my bosveld jag net met 'n 303 gedoen. Het oupa koedoe bulle geskiet met 174gr bruin boks ammunisie. Maar as ek terug dink moet ek erken dat ek my geweer goed geken het en skootplasing (gelukkig) altyd reg gehad het. Vir my het dit nie gegaan oor ver skote nie maar oor hoe naby ek per voet kon bekruip. (Vandag sukkel ek maar met daai deel van bekruip ;D ) Ek lag as ek daaraan dink dat ek 'n Lynx 4x40 wide angle teleskoop op die roer het. Ek het 'n paar jaar gelede die geweer by oom Ossie Penzhorn gehad en hy het gereken die loop is nog goed. Toe het ek laat hy 'n okkerneut hout kolf opsit. Dit het die posisie van die teleskoop mooi geakkomodeer.

Daarna het ek 'n Howa dik loop of is dit nou duk loop >:D 308 gekoop met 'n ordentelike stel glase. Nou staan die ou 303 Britse magnum in die kluis en kry nou en dan 'n olie lappie en dan dink ek aan die pad wat ons geloop het.

'n 3006 gaan jou beslis baie meer keuse gee. Soos hierbo gese dit hang af waarvoor jy die roer wil gebruik.

In kort, koop 'n 3006, daar is mos altyd plek vir nog een. >:D >:D

Re: .303 vs 30-06

Posted: Sun Oct 13, 2019 6:16 pm
by Carlc
Ek het lanklaas iemand gehoor dit so mooi stel soos Ds J. Dis baie goeie raad daai. Die probleem is dat met hoe meer mense jy praat hoe meer voorstelle gaan jy kry. Begin by die begin en bepaal presies wat jy dink jy daarmee wil doen en koop dan wat daai jeuk die beste gaan krap. Uiteindelik gaan daar nog n jeuk kom en jy gaan nog n kaliber nodig hè want dis maar nou hoe dit gaan.

Re: .303 vs 30-06

Posted: Sun Oct 13, 2019 8:11 pm
by tripodmvr
Moet ek nou 'n 270 voorstel as plaasvervanger?

Wat die jare se skiet my geleer het.

Enige .30 kaliber gee so ekstra versekering met jag. Dit sluit die 303 in. Standaard kalibers het minder terugslag en as jy goed bekruip is hulle die antwoord op 95% van SA jag. In my dae van begin jag was daar nie moffieproppe en knaldempers op elke geweer nie. Dit het dus baie mense afgesit om die ekstra terugslag van magnum gewere te trotseer. Nou se dae is dit heel anders en moet die bakkie die swaar geweer rondkarwei.

Re: .303 vs 30-06

Posted: Sun Oct 13, 2019 9:09 pm
by Alwin
Die koedoe gaan nie die verskil weet tussen die 303, 308 of 30-06, as die koeël hom op die regte plek getref het nie. Die klein ballistiese verskille tussen die kalibers is te min om enige argumente te regverdig.

Waar die groot verskil inkom is in die geweer. Die tipiese SMLE 303 wat al tydens die 2de WO bestaan het kan nie vergelyk word met 'n moderne jaggeweer nie. Daar is baie verskille wat die lewe vir die skut en jagter makliker maak.

Moenie dink ek verag nou skielik my ou Inghilse kleilat nie. Dit het sy meriete. Maar 'n moderne geweer is darem heelwat beter gebou.

Re: .303 vs 30-06

Posted: Sun Oct 13, 2019 10:00 pm
by Supacow
303 en 270 klink na 'n wencombo >:D

Re: .303 vs 30-06

Posted: Sun Oct 13, 2019 10:29 pm
by tripodmvr
Kyk hoe lyk die kudu se blad na hy met die 270 geskiet is.

https://youtu.be/z_6snp9NyJg

Re: .303 vs 30-06

Posted: Sun Oct 13, 2019 11:18 pm
by Flip Nel
tripodmvr wrote:Kyk hoe lyk die kudu se blad na hy met die 270 geskiet is.

https://youtu.be/z_6snp9NyJg
Dis van die val daar van die berg af :angel: 270 mors nie vleis nie >:D >:D >:D

Re: .303 vs 30-06

Posted: Mon Oct 14, 2019 5:35 am
by RasenDes
Ek moes seker by gese het, ek het reeds die afgelope jaar 'n .270 aangeskaf (Remington 700) met ordentlike glase.
Die .270 het nog skaars 40 rondtes deur sy loop.
Volgens my is .303 en .270 'n wen kombinasie soos "supacow" en "tripodmvr" hier bo se maar oooo tog daai jeuk ......

Re: .303 vs 30-06

Posted: Mon Oct 14, 2019 6:04 am
by Supacow
'n .270 aangeskaf (Remington 700) met ordentlike glase...

Reg soos reën!

Re: .303 vs 30-06

Posted: Mon Oct 14, 2019 7:09 am
by JurieW
VELOCITY IN METER TRAJECTORY IN CM
GRAIN MUZZLE 100 200 300 50 meter 100 meter 150 meter 200 meter 250 meter 300 meter
30_06 150 860 771 688 611 0.31 0.64 0.55 0.00 1.07 2.72
0.303 150 800 711 628 550 0.42 0.79 0.67 0 1.29 3.29

More RasenDes

Hierdie is n vergelyking wat ek met die kaliber getrek het van PMP se website af. Dis volgens hulle bruinboks ammo. vir die vergelyking neem ak aan hulle gebruik nie warm ladings nie, maar die punte is dieselfde gewig. Hulle BC is nou nie by gereken nie.

wat die tabel vir my se is dat jy effe meer woema kry uit die 30-06 en hy val minder oor dieselfde aftand as n .303. daar is n verskil, maar dis nie lewens groot nie.

Re: .303 vs 30-06

Posted: Mon Oct 14, 2019 8:09 am
by J le Roux
.303, 30-06, .308, 7x57..... almal sal werk.

Solank jy net nie jag saam met iemand wat die geweer dra soos gesien by 07:10 min op oom Tripod se youtube video nie:

https://youtu.be/z_6snp9NyJg

Re: .303 vs 30-06

Posted: Mon Oct 14, 2019 8:18 am
by Capt. Yoda
Supacow wrote:303 en 270 klink na 'n wencombo >:D

Daai klink vir my ook soos iets wat saam loop
JurieW wrote:VELOCITY IN METER TRAJECTORY IN CM
GRAIN MUZZLE 100 200 300 50 meter 100 meter 150 meter 200 meter 250 meter 300 meter
30_06 150 860 771 688 611 0.31 0.64 0.55 0.00 1.07 2.72
0.303 150 800 711 628 550 0.42 0.79 0.67 0 1.29 3.29

More RasenDes

Hierdie is n vergelyking wat ek met die kaliber getrek het van PMP se website af. Dis volgens hulle bruinboks ammo. vir die vergelyking neem ak aan hulle gebruik nie warm ladings nie, maar die punte is dieselfde gewig. Hulle BC is nou nie by gereken nie.

wat die tabel vir my se is dat jy effe meer woema kry uit die 30-06 en hy val minder oor dieselfde aftand as n .303. daar is n verskil, maar dis nie lewens groot nie.

Laai die 06 met n moderne koel en kruit en jy drop die 303 so ver

Re: .303 vs 30-06

Posted: Mon Oct 14, 2019 8:24 am
by Capt. Yoda
J le Roux wrote:.303, 30-06, .308, 7x57..... almal sal werk.

Solank jy net nie jag saam met iemand wat die geweer dra soos gesien by 07:10 min op oom Tripod se youtube video nie:

https://youtu.be/z_6snp9NyJg

Hy het die Oom darem net so 27 keer gesweep maar ek dink die sonbril maak op daar voor

Re: .303 vs 30-06

Posted: Mon Oct 14, 2019 8:25 am
by Ds J
Dit is soms baie verstaanbaar om gewere met voertuie te vergelyk.

Die OP se situasie is dat hy 'n gewone 1978 Hilux 2.4D het. Tot nou toe kon hy alles met hom doen maar hy wil iets anders bysit. Hy oorweeg om 'n gewone 1988 Hilux 3.0D by te koop. Die enjin is darem n bietjie sterker en hy kan so n klein bietjie vinniger loop ....

Maar daar is ander moontlikhede ook:

Fortuner vir die gesin
Land Cruiser omdat die paaie intussen verspoel het
Land Cruiser stasiewa ...
Ford dubbelkajuit
Motorfiets om beeste te gaan tel
Ligte karretjie om kinders skool toe te ry ...

Die vraag by n nuwe roer is altyd dieselfde: HOEKOM???

En "sommer net" is n goed genoeg rede ;) ;)

Re: .303 vs 30-06

Posted: Mon Oct 14, 2019 9:11 am
by Rudiejacobs
Capt. Oblivious wrote:
Supacow wrote:303 en 270 klink na 'n wencombo >:D

Daai klink vir my ook soos iets wat saam loop
JurieW wrote:VELOCITY IN METER TRAJECTORY IN CM
GRAIN MUZZLE 100 200 300 50 meter 100 meter 150 meter 200 meter 250 meter 300 meter
30_06 150 860 771 688 611 0.31 0.64 0.55 0.00 1.07 2.72
0.303 150 800 711 628 550 0.42 0.79 0.67 0 1.29 3.29

More RasenDes

Hierdie is n vergelyking wat ek met die kaliber getrek het van PMP se website af. Dis volgens hulle bruinboks ammo. vir die vergelyking neem ak aan hulle gebruik nie warm ladings nie, maar die punte is dieselfde gewig. Hulle BC is nou nie by gereken nie.

wat die tabel vir my se is dat jy effe meer woema kry uit die 30-06 en hy val minder oor dieselfde aftand as n .303. daar is n verskil, maar dis nie lewens groot nie.

Laai die 06 met n moderne koel en kruit en jy drop die 303 so ver
Nee wat daars eintlik geen vergelyking daar nie. Daarmee bedoel ek nou nie dat n .303 on bruikbaar is nie, net dat n 30 06 als kan doen wat die .303 doen. Die verslik is net, hy doen dit baie beter.

PMP se statestieke is maar power in vergelyke met wat regtig verkruigbaar is met al 2 kaliebers. Selfs dit in ag geneem, skop of drop soos Cappie se die 30 06 daai ou engelsman baie ver.

.303 het sy plek, en vir n bos gun is hy shap.

Jy weet jy gaan aanhou jeuk, so se nou maar vir ma, die .303 is nie meer akuraat na 150 jaar se skiet. Dan koop jy maar die 30suk6. Jy weet jy wil. ImageImageImageImageImage

Rudie.

Sent from my LG-X230 using Tapatalk

Re: .303 vs 30-06

Posted: Mon Oct 14, 2019 9:39 am
by spekieries
As ek jy was sou ek nog 'n .375 koop dan dek jy die hele spektrum.

Re: .303 vs 30-06

Posted: Mon Oct 14, 2019 11:14 am
by Capt. Yoda
Ja met n 303 en 270 sal die 375 nogals lekker werk, kan hom lig of baie swaar laai

Re: .303 vs 30-06

Posted: Mon Oct 14, 2019 11:25 am
by Philip_R
Capt. Oblivious wrote:
J le Roux wrote:.303, 30-06, .308, 7x57..... almal sal werk.

Solank jy net nie jag saam met iemand wat die geweer dra soos gesien by 07:10 min op oom Tripod se youtube video nie:

https://youtu.be/z_6snp9NyJg

Hy het die Oom darem net so 27 keer gesweep maar ek dink die sonbril maak op daar voor
Hy reken seker die oom is veilig soos die 270 sukkel om die swartwitpens te laat val op 17min in die video in. Kan sien voor die eerste skoot wat hulle wys die bok was reeds gekwes soos hy kopomlaag staan.

Re: .303 vs 30-06

Posted: Mon Oct 14, 2019 12:17 pm
by Ds J
RasenDes wrote:Wat is jul opinie rondom die 2 kalibers.
As mens reeds 'n betroubare .303 het en al jare mee jag in die bosveld, is daar enige iets anders wat die 30-06 kaliber my kan bied wat die .303 nie kan nie ? Mis ek iets ?
Volgens my is .303 en .308 baie naby aanmekaar spesifiek vir bosveld jag waar jou verste skote selde oor 150m is.
Een laaste sakie: dit maak vir die meeste gewone jagdoeleindes nie so ernstig saak waarmee jy skiet nie. Enige van die bekende jagkalibers sal die werk kan doen. Dit is egter uiters belangrik dat jy moet raak skiet. Kry dus iets wat vir jou omstandighede, vermoe"ns en behoeftes kan werk.

Re: .303 vs 30-06

Posted: Mon Oct 14, 2019 12:20 pm
by Xplicitly
Wel, as jy die maat vra dan is die 30-06 maar 'n ou simpel roer... Image

//uploads.tapatalk-cdn.com/20191014/29803c4c77a77fb47fd0c1f347031267.jpg

Sent from my SM-G965F using Tapatalk

Re: .303 vs 30-06

Posted: Mon Oct 14, 2019 1:02 pm
by knipmes
Xplicitly wrote:Wel, as jy die maat vra dan is die 30-06 maar 'n ou simpel roer... Image

//uploads.tapatalk-cdn.com/20191014/29803c4c77a77fb47fd0c1f347031267.jpg

Sent from my SM-G965F using Tapatalk
Dankie! Hier leer ek ook nou weer iets nuut. Ek sal nou weer al die boeke moet gaan naslaan en van voor af leer hoe hierdie dinge werk. :)

Re: .303 vs 30-06

Posted: Mon Oct 14, 2019 1:29 pm
by Capt. Yoda
https://media2.giphy.com/media/116a8zosxwA0SI/giphy.gif