Page 1 of 2

Tuis geboude gong

Posted: Mon Nov 21, 2011 3:38 pm
by G-force
Ek het vir my 17HMR n gong gebou waarmee ek kan speel daar oppie plot.
Sommer gewone 12mm plaat gebruik en hom 150mm deursnee gesny,ek sal later bennox of rocktuff gebruik.Ek het intussen die plaat wit geverf.
Die 12mm plaat lyk my is effens te swaar vir die HMR op so 170m dus het ek vandag n 6mm plaat gebou wat makliker kan swaai.Onthou die 17gr ballistic koeltjie op 170m gaan net opbreek.
[img width=358 height=480]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... e001-1.jpg[/img]
[img width=358 height=480]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... ure002.jpg[/img]

Re: Tuis geboude gong

Posted: Mon Nov 21, 2011 3:44 pm
by Naas
Daai setup lyk sommer nice.

Ek het vir my ook n gong laat sny uit 10mm bennox vir die 270.
10 skoote geskiet 10 gaate.Bennox is die hardste eister wat ons ou dorpie het.
Ek het nou maar vir my n 30mm gong laatsny,sal kyk wat hy maak.

Naas

Re: Tuis geboude gong

Posted: Mon Nov 21, 2011 3:48 pm
by G-force
Naas wrote: Daai setup lyk sommer nice.

Ek het vir my ook n gong laat sny uit 10mm bennox vir die 270.
10 skoote geskiet 10 gaate.Bennox is die hardste eister wat ons ou dorpie het.
Ek het nou maar vir my n 30mm gong laatsny,sal kyk wat hy maak.

Naas


Ek gebruik "rocktuff" of "weldox" in my werkswinkel.Van 16mm-30mm.Ek glo die sal goed werk vir jou 270.

Re: Tuis geboude gong

Posted: Mon Nov 21, 2011 3:49 pm
by Geno
Ge,
Kry die man wat jou daai plan gegee het ook 'n gong vir Krismis? ;D

Re: Tuis geboude gong

Posted: Mon Nov 21, 2011 3:52 pm
by G-force
Geno wrote: Ge,
Kry die man wat jou daai plan gegee het ook 'n gong vir Krismis? ;D
haha Aggg ja dalk ou maat.Kan jy raak skiet of moet jou gong .5m in deursnee wees? ;D

Re: Tuis geboude gong

Posted: Mon Nov 21, 2011 3:56 pm
by Naas
Dankie G-FORCE.

Ek sal bietjie uitvind vir daai staal.

Naas

Re: Tuis geboude gong

Posted: Mon Nov 21, 2011 3:58 pm
by Beretta
Vir Geno moet hy nie groter as n rand stuk wees nie anders gaan hy sukkel ;D ;D ;D ;D
Beretta

Re: Tuis geboude gong

Posted: Mon Nov 21, 2011 6:56 pm
by blaser
G-forse

Wat kos daardie staal waarvan jy praat (per gong)

Dankie

Re: Tuis geboude gong

Posted: Mon Nov 21, 2011 7:06 pm
by G-force
remington wrote: G-forse

Wat kos daardie staal waarvan jy praat (per gong)

Dankie
Remmy hang seker af watse dukte
Maar dit is duurder as gewone mild.Dit is n "hardwearing" staal en ek weet nie hoe hy teen n koel gaan maak nie.As iemand in Pta wat n groot kaliber het xit kan toets dan sal ek maar vir hom een sny om te toets.

Re: Tuis geboude gong

Posted: Mon Nov 21, 2011 7:14 pm
by blaser
Sny hom ek sal hom toets
Het die naweek gesien dat die 204 teen 4100f/s meer skade op die gekoopde gong maak as die 375

Groete

Re: Tuis geboude gong

Posted: Mon Nov 21, 2011 7:16 pm
by G-force
Watse deursnee soek jy en hoe kom hy vas?Wat is daai een se plaat dikte?

Re: Tuis geboude gong

Posted: Mon Nov 21, 2011 8:10 pm
by blaser
So 15cm met n gat  van 2cm aan die bo kant sal self n strook conweirbelt aansit behoort die trik te doen

Re: Tuis geboude gong

Posted: Mon Nov 21, 2011 8:12 pm
by blaser
Sorry hy is 10mm dik

Re: Tuis geboude gong

Posted: Mon Nov 21, 2011 8:22 pm
by G-force
Ek het nie 10mm rocktuff nie maar sal n 16pl sny.

Re: Tuis geboude gong

Posted: Mon Nov 21, 2011 8:24 pm
by blaser
Dankie laat weet ek sal kom haal

Re: Tuis geboude gong

Posted: Mon Nov 21, 2011 8:25 pm
by Geno
remington wrote: Dankie laat weet ek sal kom haal
Moet netnie gly in die oliekolle nie, G-Force se office is mos daar naby die Ford fabriek!

Re: Tuis geboude gong

Posted: Tue Nov 22, 2011 10:42 am
by G-force
remington wrote: Dankie laat weet ek sal kom haal
Ek het n stuk 12mm rocktuff gekry wat hier rondle.
Jy kan kom haal.Ek sal my adress PM.

Re: Tuis geboude gong

Posted: Thu Nov 24, 2011 12:54 pm
by G-force
Geno wrote: Ge,
Kry die man wat jou daai plan gegee het ook 'n gong vir Krismis? ;D
Kom haal jong krismis boks jong voor ek hom verkoop vir biergeld.

Re: Tuis geboude gong

Posted: Thu Nov 24, 2011 12:55 pm
by Geno
Dankie dankie dankie!!!!!!!

Ek is die naweek daar op die plotte naby jou, sal jou 'n lui gee!

Re: Tuis geboude gong

Posted: Thu Nov 24, 2011 12:57 pm
by Gerhard
G-force wrote:
Geno wrote: Ge,
Kry die man wat jou daai plan gegee het ook 'n gong vir Krismis? ;D
Kom haal jong krismis boks jong voor ek hom verkoop vir biergeld.
Ek sit en speel met die idee om vir my ook een te bou vir die 222.

As ek n 4 duim gong van die skiet stoel op 250m kan pak gee dan gaan jakkals mos lekke in die moeilikheid wees.

Dan het ek mos ook nie so duk stuk staal nodig nie of hoe?

Re: Tuis geboude gong

Posted: Thu Nov 24, 2011 12:59 pm
by G-force
Geno wrote: Dankie dankie dankie!!!!!!!

Ek is die naweek daar op die plotte naby jou, sal jou 'n lui gee!
OK no prob.Bring bier.

Re: Tuis geboude gong

Posted: Thu Nov 24, 2011 1:01 pm
by Geno
G-force wrote: Bring bier.
Sal so maak. Gooi solank petrol in daai Polaris sodat jy kan saamspeel en kyk of hy vinniger as die Rhino is.

Re: Tuis geboude gong

Posted: Thu Nov 24, 2011 2:03 pm
by G-force
Geno wrote:
G-force wrote: Bring bier.
Sal so maak. Gooi solank petrol in daai Polaris sodat jy kan saamspeel en kyk of hy vinniger as die Rhino is.
800cc Fuel injection.Jou rinoster se horing is te kort pel.

Re: Tuis geboude gong

Posted: Fri Nov 25, 2011 10:59 am
by Rasmus
Hier is twee fotos van my gong dink dit is 16mm Rock tuff of so iets. Ek het hom met die 375 gepiets gister en so 2 weke terug. Afstand baie naby +- 35m die 2 merke is waar n 300 gr Rhino hom geslaan het.

[img width=358 height=480]http://i891.photobucket.com/albums/ac11 ... G_0163.jpg[/img]


[img width=358 height=480]http://i891.photobucket.com/albums/ac11 ... G_0162.jpg[/img]

Smaak my hy gaan wyle hou. Ek het dit laat sny in Middelburg vir n skamele R 75 elk. Ek het nog een en kan ook nog laat sny as iemand sou belang stel.

Re: Tuis geboude gong

Posted: Fri Nov 25, 2011 11:16 am
by Gerhard
Jy speel met die leeu se eiers om so naby met die 375 op die plaat te skiet...  :o

Ek het al 9mm gekry wat terug gekom het van plate af met IPSC skiet as RO en daai goed slaan bleddy seer.

n 375 300gr Rhino gaan meer as net seer maak my maat...

Wees maar net versigtig.