Page 1 of 1

Geweer vanaf Namibi? na SA

Posted: Mon Nov 21, 2011 12:29 pm
by Vantheman
Ek wil raad h? vanaf die manne wat met die goed werk.
My ma is in Nam, nou my oorlede pa se haelgeweer is nog by haar, en op haar naam. Nou hoe gemaak as ek hom wil oorplaas/ invoer na SA, sodat ek hom op my naam kan kry?

Dankbaar

Re: Geweer vanaf Namibi? na SA

Posted: Mon Nov 21, 2011 6:00 pm
by Vantheman
Manne, is daar niemand wat raad het nie?!?! ???

Re: Geweer vanaf Namibi? na SA

Posted: Mon Nov 21, 2011 6:24 pm
by Francois Marais
Van

Jy sal deur n dealer hier (Nam) en n dealer in SA moet werk, om van dealer na dealer oor te dra is nie te moeilik nie, jy sal net een moet kry wat wil saamwerk jou kant, en dan doen ons dit met n permanente uitvoer permit, dan maak jy of jy die gun by die SA dealer koop. Dis die heel maklikste, anders is daar belasting op die waarde v/d gun, waardasie sertifikate en al sulke goete betrokke......

Laat weet maar as ek verder kan help......

Mooi loop
Francois

Re: Geweer vanaf Namibi? na SA

Posted: Mon Nov 21, 2011 7:23 pm
by blaser
Wat francois se is waar maar jy kan ook hom privaat in bring op n permanente invoer permit jy betaal dan net 14 % as jy hom inbring op waardasie
Gewoonlik vra niemand jou om die vat te betaal nie
Bel my en ek sal jou die proses verduidelik 0824916997

Re: Geweer vanaf Namibi? na SA

Posted: Tue Nov 22, 2011 10:00 am
by Vantheman
Dankie manne.

Francois
Watse kostes is daar, wat gaan dit die handelaars kos? Ek sal 'n handelaar hierdie kant kan kry, maar daar is seker kostes verbonde en daar sal seker iets op die boeke gewys moet word, of is ek verkeerd?

Remington
Dankie, ek sal jou kontak.

Re: Geweer vanaf Namibi? na SA

Posted: Tue Nov 22, 2011 11:40 pm
by Francois Marais
Van

Try eers vir remington, weet hy het al n geweer ingevat hier van ons af na julle, en ook uit n paar ander lande, by die handelaars sal jy "hanteringskoste" moet betaal, en dan in elk geval ook nog die courier kostes, maar reken dit sal maar van handelaar tot handelaar afhang......

Mooi loop
Francois