Page 1 of 1
Buffels
Posted: Mon Nov 21, 2011 10:23 am
by Rasmus
Kyk ek weet mens kry Dagha Bulls. Maar laasweek in die wildtuin toe sien ek die eerste Gladde Bull. Wonder hoe oud is die man al?
Gladde Bul
[img width=560 height=462]
http://i891.photobucket.com/albums/ac11 ... G_7324.jpg[/img]
[img width=560 height=373]
http://i891.photobucket.com/albums/ac11 ... G_7334.jpg[/img]
En sy askari
[img width=560 height=308]
http://i891.photobucket.com/albums/ac11 ... G_7332.jpg[/img]
Re: Buffels
Posted: Mon Nov 21, 2011 10:26 am
by henried
Dit lyk of daai horings los is....gewissel soos 'n tand.
Re: Buffels
Posted: Mon Nov 21, 2011 11:55 am
by Frederik
Daai oe van daaride bul se vir jou sommer hy het al baie beleef. Maar sy lyf lyk nog in goeie kondisie.
Re: Buffels
Posted: Mon Nov 21, 2011 12:05 pm
by Hilux01
Prag bul
Re: Buffels
Posted: Mon Nov 21, 2011 1:08 pm
by G-force
Hy hardloop op slicks lyk my.Wat n mooi dier.
Re: Buffels
Posted: Mon Nov 21, 2011 2:09 pm
by Kallie404
Hi Rasmus,as ek moet skat is daai bul so 13 na 14 jaar oud.As ek buffel jag is daar niks mooier as so n ou bul nie! Vir my is karakter alles,en hierdie bul het alles!
Re: Buffels
Posted: Tue Nov 22, 2011 4:22 pm
by iceman1982
Ja nee stem saam. Karakter is wat vir my baie beteken.
Daai kepe in sy oor is seker een vir elke leeu wat hy gedood het....
Re: Buffels
Posted: Tue Nov 22, 2011 4:46 pm
by Nuweseun
Kerels, voorwaar 'n prag dier! Daai bul het al 'n paar draaie gestap.
Re: Buffels
Posted: Wed Nov 23, 2011 10:33 pm
by theedge
Daai ou is karakter netjies
Re: Buffels
Posted: Wed Nov 23, 2011 11:43 pm
by Dawid
Sy horings ook al stompies gewerk vir die trop.
Regtig n pragtige dier. Wat is die kanse dat hy gaan vrek van ouderdom??????
Re: Buffels
Posted: Thu Dec 08, 2011 7:03 am
by Gerhard
Wonder hoe oud is die bul...
Sy boss is al seep glad af gewerk.
Dit is nie iets wat mens baie sien nie.
Mooi fotos Rasmus
Re: Buffels
Posted: Thu Dec 08, 2011 8:21 am
by fanie17
Hierdie is die ou wat ook nie maklik dood gaan as jy hom skiet nie,hy gaan sy bes probeer om jou saam te vat.
Re: Buffels
Posted: Thu Dec 08, 2011 8:26 am
by Rasmus
Dankie Gerhard!
Fanie het jy al iewers meer vertel van jou Buffel? En die trip foto's? Ek het iewers gesien jy s? julle reeds weer bespreek vir volgende jaar sal graag wil uitvind hoe dit werk ens indien jy wil deel.
Groete
Rasmus