Page 1 of 1

Elevasie Probleem (scope met 30mil/105moa elevasie)

Posted: Mon Sep 30, 2019 9:46 pm
by Rem
More almal,

Ek het gehoop iemand kan my hier help/verduidelik of net se dat di ook met jul ook gebeur het.

So my setup.
Tikka T3x 6.5Creedmoor
20moa Pic rail
skiet 140eldm teen 2665fps
Scope - Bushnell DMR2 (30mil/105moa elevasie)

Ek skiet toe die naweek en begin bene rek. toe ek by 500yards kom toe hardloop die scope uit elevasie uit?! Ek was baie deurmekaar en het toe slegs 3.3mil gedraai van zero af?

Ek verstan dat mens bietjie van jou elevasie gebruik om by 100m zero uit te kom maar sekerlik nie 26mil nie?! Die ander ding wat my deurmekaar maak is die scope wys op die knoppe hoe ver hy nu al op gedraai is met sulke horisontale merkies wat sigbaar word soos hy opdraai. Hy is wel al tot bo gedraai so dit lyk asof die scope die volle interne elevasie eintlik het, ek is netbesig om aan die bo kant van sy elevasie te werk, maar hoekom sa dit so wees?

Ek het toe nou gedink om 34mm burris ringe te koop met die inserts om dan my scope wees so ver as moontlik terug/af te zero. Alhoewel dit die probleem dalk uitsort, sit ek steeds met dieselfde vraag, hoekom is dit so? Hier is baie manne wat DMR2's skiet met groot sukses en oor die algemeen is almal baie beindruk (ek inkluis).

Hoor graag wat julle dink

Re: Elevasie Probleem (scope met 30mil/105moa elevasie)

Posted: Mon Sep 30, 2019 10:10 pm
by Jaco v Zyl
Is jy pic rail nie dalk omgedraai nie? Gate dalk verkeerd geboor en toe sit jy hom op soos gate oplyn? Is die “ dik” kant agter en “dunner” kant voor?Volgens my vinnige somme kan dit dalk die probleem wees, alhoewel da nog min of meer 5.7 mil kort as dit die geval is

Re: Elevasie Probleem (scope met 30mil/105moa elevasie)

Posted: Mon Sep 30, 2019 10:16 pm
by Hansieslim
Ek luister graag ook

Re: Elevasie Probleem (scope met 30mil/105moa elevasie)

Posted: Mon Sep 30, 2019 10:23 pm
by henk.spioenkop
Goeienaand, Henk van Zyl hier. Jy is veronderstel om (105/2)+20MOA=72.5MOA=21 MRAD. Iets is verkeerd opgestel.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Elevasie Probleem (scope met 30mil/105moa elevasie)

Posted: Mon Sep 30, 2019 10:25 pm
by henk.spioenkop
Sou die rail verkeerd om wees, het jy 21 MRAD - 6.1 MRAD - 6.1 MRAD oor = +-8MRAD.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Elevasie Probleem (scope met 30mil/105moa elevasie)

Posted: Mon Sep 30, 2019 10:33 pm
by Smith223
As jou rail verkeerd om is sal die voorkant omtrent 1.2mm hoër wees as die agterkant.
Indien dit so is en jy hom omdraai sal jy ‘n addisionele 11.6 Mrad bykry. Dit klink steeds snaaks want met jou 20moa rail sal jy dan eers naby die middel van jou turrets op lê as jou scope gezero is.

Re: Elevasie Probleem (scope met 30mil/105moa elevasie)

Posted: Mon Sep 30, 2019 10:54 pm
by Rem
Rail is die regte kant om. Ongelukkig.

Re: Elevasie Probleem (scope met 30mil/105moa elevasie)

Posted: Mon Sep 30, 2019 10:59 pm
by Rem
Sal later fotos opsit sodat julle kan inspekteer

Re: Elevasie Probleem (scope met 30mil/105moa elevasie)

Posted: Mon Sep 30, 2019 11:02 pm
by Diesel Dog
Maak die drie skroefies van die zero stop los en draai die elevasie stop tot stop en kyk of die scope al sy interne versteling het.AS die zero stop aan die verkeerde kant van die pennetjie is kan dit jou revs limit.
https://www.bushnell.com/content/non_pr ... 281%29.pdf
DD

Re: Elevasie Probleem (scope met 30mil/105moa elevasie)

Posted: Tue Oct 01, 2019 6:04 am
by 6.5/284Norma
Ek het dieselfde probleem gehad. Opgelos met 'n 30moa piccantiny rail.

Re: Elevasie Probleem (scope met 30mil/105moa elevasie)

Posted: Tue Oct 01, 2019 7:21 am
by Rem
6.5/284Norma wrote:Ek het dieselfde probleem gehad. Opgelos met 'n 30moa piccantiny rail.
Waste scope het jy op gehad?

Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Elevasie Probleem (scope met 30mil/105moa elevasie)

Posted: Tue Oct 01, 2019 7:32 am
by ruaanb
Probeer die volgende:

Disable die zero stop op die teleskoop. Bepaal nou jou "optiese" zero met die boere manier. Draai scope tot onder, nou draai jy tot bo maar jy moet die omwentelinge tel plus ekstra clicks tot jy bo vas draai. Deel nou deur twee en draai die hoeveelheid omwentelinge en additionele clicks af. Nou kan jy iets op 25m sit en boresight deur die loop en teleskoop te stel. Zero dan op 100m en maak jou zero stop vas. Kyk nou of die probleem opgelos is.

Ek het al so stel afgetrap.....

Re: Elevasie Probleem (scope met 30mil/105moa elevasie)

Posted: Tue Oct 01, 2019 7:41 am
by 6.5/284Norma
Rem wrote:
6.5/284Norma wrote:Ek het dieselfde probleem gehad. Opgelos met 'n 30moa piccantiny rail.
Waste scope het jy op gehad?

Sent from my iPad using Tapatalk
Kahles

Re: Elevasie Probleem (scope met 30mil/105moa elevasie)

Posted: Tue Oct 01, 2019 7:43 am
by Rem
Hier is die fotos

Rail lyk vir my reg om.. eks steeds bietjie deurmekaar. Gaan nou draai van onder tot bo en sien of hy al sy elevasie het[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201910 ... d177f3.jpg[/IMG][IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201910 ... f4e9fd.jpg[/IMG][IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201910 ... 9754f7.jpg[/IMG]

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

Re: Elevasie Probleem (scope met 30mil/105moa elevasie)

Posted: Tue Oct 01, 2019 7:44 am
by ruaanb
Rem wrote:Hier is die fotos

Rail lyk vir my reg om.. eks steeds bietjie deurmekaar. Gaan nou draai van onder tot bo en sien of hy al sy elevasie het//uploads.tapatalk-cdn.com/20191001/a59c3cb72b09405b43df815556d177f3.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20191001/22e7fcfc84408ae79918b37be0f4e9fd.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20191001/9f689453038fd2b7f02a7b37179754f7.jpg

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

Re: Elevasie Probleem (scope met 30mil/105moa elevasie)

Posted: Tue Oct 01, 2019 8:00 am
by Rem
Righto.. goeie nuus. Zero stop los gemaak en daar hou hy aan draai tot nog baie elevasie. Zero stop shim maak hom vas dat hy nie meer kan afdraai nie, naar ek verstaan nie hoekom hy sal ophou opdraai nie.

Nou weer zero stop ge-reset en daar draai hy tot in Japan. Baie elevasie oor. Eks stom maar bly dis uitgesort. Gisteraand maar moeilik geslaap haha. Jis eks verlig.

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

Re: Elevasie Probleem (scope met 30mil/105moa elevasie)

Posted: Tue Oct 01, 2019 8:27 am
by ruaanb
daarsy nou is jy reg vir die lang skote. ;) As die shim nie in die regte posisie is nie dan gebeur hierdie.

Re: Elevasie Probleem (scope met 30mil/105moa elevasie)

Posted: Tue Oct 01, 2019 8:29 am
by ruaanb
Diesel Dog wrote:Maak die drie skroefies van die zero stop los en draai die elevasie stop tot stop en kyk of die scope al sy interne versteling het.AS die zero stop aan die verkeerde kant van die pennetjie is kan dit jou revs limit.
https://www.bushnell.com/content/non_pr ... 281%29.pdf
DD
;)

Re: Elevasie Probleem (scope met 30mil/105moa elevasie)

Posted: Tue Oct 01, 2019 8:32 am
by Capt. Yoda
Zero stops het al baie manne gevang

Re: Elevasie Probleem (scope met 30mil/105moa elevasie)

Posted: Tue Oct 01, 2019 8:40 am
by Rem
Mag dalk nou die naweek se 800, 900 en 1000 probeer hier in NZ. Manne ek smile nou breed

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

Re: Elevasie Probleem (scope met 30mil/105moa elevasie)

Posted: Tue Oct 01, 2019 8:58 am
by PWV
Mooi, Ruaan!!!

Re: Elevasie Probleem (scope met 30mil/105moa elevasie)

Posted: Tue Oct 01, 2019 10:57 am
by swc-tr
Rem wrote:Mag dalk nou die naweek se 800, 900 en 1000 probeer hier in NZ. Manne ek smile nou breed

Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Ruaan, as jy dit op Trentham gaan doen, moet jy bid die wind is stil, anders gaan jy weer teleurgesteld wees.........!
Min skietbane ter wereld waar die winde kan waai soos daar op Trentham in NZ.

Re: Elevasie Probleem (scope met 30mil/105moa elevasie)

Posted: Tue Oct 01, 2019 11:12 am
by Rem
swc-tr wrote:
Rem wrote:Mag dalk nou die naweek se 800, 900 en 1000 probeer hier in NZ. Manne ek smile nou breed

Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Ruaan, as jy dit op Trentham gaan doen, moet jy bid die wind is stil, anders gaan jy weer teleurgesteld wees.........!
Min skietbane ter wereld waar die winde kan waai soos daar op Trentham in NZ.
Haha my naam is Dirk as dit ek was wie jul na verwys.

Ek het hierdie laas naweek op 500 geskiet met daai wille wind. Hoop maar vir die beste.//uploads.tapatalk-cdn.com/20191001/f2b74988e77b02bddf2f658b7873b7f6.jpg

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

Re: Elevasie Probleem (scope met 30mil/105moa elevasie)

Posted: Tue Oct 01, 2019 12:05 pm
by ruaanb
PWV wrote:Mooi, Ruaan!!!
DieselDog was darem 1ste met die voorstel so ek gee 1ste prys vir hom oom Pieter! ;D