Page 1 of 2
Hierdie is die snaakste nog.
Posted: Mon Nov 21, 2011 12:03 am
by James Wilson
kyk party mense is regtig vreemd. my pa sou gese het koddig. hierdie kerel is werklik opgewonde, maar hy is nie seker waaroor nie. ek wou kommentaar lewer, maar hel party goed is nie die moeite werd om oor kommentaar te lewer nie. n mens se openente moet darrem ook waardige teenstanders wees. my vrou se sy dink Leon Shuster het die ding gemaak om iemand te vang. sy kan aan geen ander logiese verduideliking dink nie. verbale diaree. maar nogtans snaaks as n mens eers oor jou eie ongeloof kom van wat jy hoor. ek sou se dis n mengsel van komunisme die hippies en n moerse klomp dagga.
http://www.youtube.com/watch?v=yOtW3jn3LUA
Re: Hierdie is die snaakste nog.
Posted: Mon Nov 21, 2011 1:05 am
by Geno
Ek reken dis meer as net dagga. Hy't miskien 'n helse klomp tik ook gelek voor hy die video gemaak het.
Re: Hierdie is die snaakste nog.
Posted: Mon Nov 21, 2011 7:05 am
by Hugov
Hy moes dit seker als eers in sy kouse gegooi het en toe gerook het.

Re: Hierdie is die snaakste nog.
Posted: Mon Nov 21, 2011 7:39 am
by Kallie404
Wat n onrealistiese p@@phol !!! Ek kan nie glo daar is jong mans soos hy wat klaar blyklik op n plaas bly wat so naief is nie!! Soos die engels man se "mind blowing"
Re: Hierdie is die snaakste nog.
Posted: Mon Nov 21, 2011 8:12 am
by Dawie D
Green peace gaan hom voorsitter maak hy pas perfek by hulle

Re: Hierdie is die snaakste nog.
Posted: Mon Nov 21, 2011 9:28 am
by Vosman
Kyk, dis goed om om te gee vir die natuur en ons almal stem saam daaroor, maar daar is 'n paar gate in die man se argumente. Dalk moet by sy bakkie vol laai met hulle boom se oortollige vrugte en opry in afrika om dit te versprei, hy behoort dit te kan finansier met sy gelyke geldeenheid oor die aarde. Pick & Pay verbrand eerder die oortollige kos, want hulle sal dit nie vir die armes gee nie anders maak hulle 'n verlies WTF? Gee vir die armes kos wat dalk verval het dan is jy met jou goeie hart op carte blance omdat hulle vrot kos kry? Dalk moet almal net 'n bestaansboedery voer dan gaan dit lekker gaan soos ons buurland? as daar nie "geldgierige" kommersiele boere is nie, wat gaan ons arme siele in die stad eet, want sy selfbestaans boerdery het nie genoeg vir hom, sy agtergeblewe kind, die jakkalse, vlakvarke en muise nie? Gelukkig gaan ons een geldeenheid he wat hierdie probleem oplos. Dink julle hy gaan hom bearbei dat die belastings ook gaan verdwyn?
Ek glo nie dis iemand op die forum nie, ek hoop ook nie dis iemand se familie nie. Maar om jouself ekonoom te hou deur 'n voorblad op 'n koerant te wil bespreek dink ek jy doen jouself skade.
Dalk is ek bietjie oor sensitief?
Re: Hierdie is die snaakste nog.
Posted: Mon Nov 21, 2011 9:39 am
by Gerhard
Het nie geweet die groente boere kry ook skade agv jakkalse nie...
Daar gaan n hele nuwe skiet mark oop vir my. Wonder net wat se roep metode ek moet gebruik...

Re: Hierdie is die snaakste nog.
Posted: Mon Nov 21, 2011 9:44 am
by Beretta
Re: Hierdie is die snaakste nog.
Posted: Mon Nov 21, 2011 9:46 am
by Hugov
tamatie of kool klanke= poepe sal mooi werk.........
Re: Hierdie is die snaakste nog.
Posted: Mon Nov 21, 2011 9:51 am
by Dawie D
Gerhard
N spanspek klankie en die geskut van boontjie lobbe werk goed vir kos gevolg deur n springkaan en kewer baklei, n doodelike kombinasie

Re: Hierdie is die snaakste nog.
Posted: Mon Nov 21, 2011 9:52 am
by Beretta
Manne
Julle het dit nou mooi gese ek wou nie

harde of sagtes net nie nattes nie
Re: Hierdie is die snaakste nog.
Posted: Mon Nov 21, 2011 9:53 am
by Wouter Roets
Hallo Manne
Weereens n bewys dat "home schooling" en inteel ten sterkste vermy moet word!
Groetnis
Wouter
Re: Hierdie is die snaakste nog.
Posted: Mon Nov 21, 2011 9:55 am
by Beretta
Re: Hierdie is die snaakste nog.
Posted: Mon Nov 21, 2011 10:03 am
by James Wilson
Wouter Roets wrote:
Hallo Manne
Weereens n bewys dat "home schooling" en inteel ten sterkste vermy moet word!
Groetnis
Wouter
lekker lag ek nou. ek sou se drankmisbruik tydens swangerskap speel hier ook n rol.
Re: Hierdie is die snaakste nog.
Posted: Mon Nov 21, 2011 10:09 am
by Beretta
Re: Hierdie is die snaakste nog.
Posted: Mon Nov 21, 2011 11:14 am
by Naas
Jes Manne,
Die areme aap het nie n clue waarvan hy praat nie.

Hy beoog seeker dat ons in 2020 met donkie karre moet ry,en dan ons
skaapie by die mark gaan ruil vir n sal koring dat ons kan broodmeel maak.
Daar is vir ons n baie mooi gese wat ons met die aande moet maak (Ons moet dit bewoon en bewerk DIE MENS )
Asgevolg gaan daar probleeme kom dat die diere uitgeskuif gaan word.En gaan daar probleeme opduik wat gehanteer noet werd.
Ons wil nie die diere uitwis nie,Ons wil hulle net beheer.want as daar n groot bron van voedsel is ,is daar n grooter aanteel,dis maar hoe die natuur werk.
Waar ons nou n groot en gekonsentreerde bron van kos skep gaan daar n grooter getal diere wees.DIS NET LOOGIES
In die outyd soos die man beweer,was daar nie soveel kos beskikbaar nie,en se maar het elke plaas 10 jakke gehaat,maar nou met al die kos het elke plaan 50 jakke.
Dus brobeer ons hulle getalle daar hou,waar dit sou wees as hulle van die natuur afhanklik was.
Ek glo nie boere sal n probleem he as daar 10 uit n duisend skaap per jaar gevang word nie.Want dit kan n mens aan die natuur afstaan vir jou invloed daar.
Die Mannetjie moet tog eers sy oee oopmaak voor sy mond.
Dit is hoe ek die prentjie sien.
Naas Potgieter
Re: Hierdie is die snaakste nog.
Posted: Mon Nov 21, 2011 5:13 pm
by foxripper
Wens ek kan die man bietjie op die forum kry, hy sal sy polse binne 24uur sny..haha
Al wat ek weet is dat ek wil nie rook of drink wat hy vat nie.
Wonder waarmee boer hy?? Seker met mushrooms en aaptwak.
Ons mag nie geld maak uit vleis en groente nie, nou wonder ek wat eet hy?
Re: Hierdie is die snaakste nog.
Posted: Mon Nov 21, 2011 8:22 pm
by Geno
foxripper wrote:
nou wonder ek wat eet hy?
Boomrokers eet mos nie baie nie, dis hoekom hulle so maer is!
Re: Hierdie is die snaakste nog.
Posted: Mon Nov 21, 2011 8:55 pm
by Christo
As ek dit klaar kon luister so Heinrich my ge-ban het. 6 minute was way te lank, hy is maar tipes van sy soort generasie - moet iets kontroversieel kwytraak om aandag op hom te vestig. Shame.
Re: Hierdie is die snaakste nog.
Posted: Mon Nov 21, 2011 9:24 pm
by Jagtersdok
Ek wil net graag weet.
Sou dit kom dat sy pa en ma skei, bly hulle steeds boetie en sussie of nie?
Re: Hierdie is die snaakste nog.
Posted: Mon Nov 21, 2011 10:44 pm
by James Wilson
Re: Hierdie is die snaakste nog.
Posted: Tue Nov 22, 2011 7:24 am
by douw
Jagbehep! wrote:
Wouter Roets wrote:
Hallo Manne
Weereens n bewys dat "home schooling" en inteel ten sterkste vermy moet word!
Groetnis
Wouter
lekker lag ek nou. ek sou se drankmisbruik tydens swangerskap speel hier ook n rol.

Groetnis
douw
Re: Hierdie is die snaakste nog.
Posted: Tue Nov 22, 2011 7:47 am
by Superdup
Re: Hierdie is die snaakste nog.
Posted: Thu Nov 24, 2011 11:13 pm
by Boerseun123
Ek het nie woorde nie! Nou het ek al als gehoor!
Ek dink 20 mense kan maklik 'n vrugte boom kaal eet in die 11 maande wat hy
nie vrugte dra nie!!!
Shame
Groete
BS
Re: Hierdie is die snaakste nog.
Posted: Fri Nov 25, 2011 7:37 am
by Skolla
Ek neem aan hy boer met bome wat gom produseer, en hy snuif alles op.
Of hy het n Gompou se stront gesnuif!