Page 1 of 1
DOPE vs Tyd van die dag
Posted: Sun Sep 29, 2019 8:23 am
by Philip J
Môre almal
Ek was gister middag laat op die skietbaan hier by my op die plaas en ek het n vraag wat ek graag met julle hulp wil antwoord.
Beinvloed die tyd van die dag die DOPE wat jy op jou teleskoop gebruik?
Die skietbaan lê Oos-Wes.
Laat middag is die son amper reg van agter.
As ek in die middel van die dag skiet, klop alles met Strelok se aanbevelings, MAAAAR....
Laat middag, skiet ek konstant hoog. Plus minus 1 MOA.
Skietmaats van my, het dieselfde met hulle eie gewere ondervind.
Is daar n verklaring hiervoor?
Met ander woorde, kan mens daarvoor kompenseer as mens dan daai tyd van die dag skiet, of is dit n geïsoleerde ding wat net hier by my skietbaan plaasvind?
Ek hoor graag wat julle dink.
Re: DOPE vs Tyd van die dag
Posted: Sun Sep 29, 2019 8:33 am
by tripodmvr
Die ideale skietbaan is een wat noord na suid is met die skietpunt uit die noorde. Heel dag son op die teikens en die aarde se draai het nie 'n invloed op hoogte nie.
In jou geval kan dit egter die aarde se draai wees wat die 1 MOA tot gevolg het.
https://youtu.be/ouOYAlcvwOQ
https://www.youtube.com/watch?v=jX7dcl_ERNs
Re: DOPE vs Tyd van die dag
Posted: Sun Sep 29, 2019 8:41 am
by Philip J
Dankie oom Marius, maar ek skiet nie so vêr nie. Dis maar op 200m en 300m waar ek die verskil sien. Die rigting waarin ek skiet, bly die hele dag dieselfde. Al wat verskil, is die posisie van die son. Ek zero op 100m. Dit bly redelik konstant, ongeag die tyd van die dag. As ek egter die gongetjie op 200m, laat middag skiet, skiet ek konstant net-net die bokant raak terwyl ek dit in die middel van die dag presies in die middel skiet. Op 300m, skiet ek konstant amper 3 duim hoog in die laat middag vergeleke met senter in die middel van die dag.
Re: DOPE vs Tyd van die dag
Posted: Sun Sep 29, 2019 10:29 am
by tripodmvr
Astronomical or celestial refraction causes astronomical objects to appear higher above the horizon than they actually are. Terrestrial refraction usually causes terrestrial objects to appear higher than they actually are, although in the afternoon when the air near the ground is heated, the rays can curve upward making objects appear lower than they actually are.
Refraksie is op sy sterkste vroegoggend en laatmiddag wanneer die temperatuur die meeste verander. Die voorwerp vertoon hoër as wat hy werklik is en daarom die hoër trefpunt. Om refraksie uit te skakel het ons altyd vertikale hoeke in die middel van die dag gemeet. Sig is swakker, maar die refraksie het 'n groter effek as die hitteskimmeling. Die nare ding hier is die besef dat dit wat jy sien nie altyd waar is nie.
Ons het tussen ons as landmeters ook al gewonder oor horisontale refraksie. Dit sal 'n groot effek hê op die rig van vuurwapens op langer afstande. Ek het dit wel ervaar toe ek 'n ry penne langs 'n betonmuur ingesit het. Die verhitte muur het wel soiets laat gebeur oor 'n afstand van so 200m.
Re: DOPE vs Tyd van die dag
Posted: Sun Sep 29, 2019 10:41 am
by Philip J
Dankie oom. Dit maak vir my sin. Nou verstaan ek ook beter.
Re: DOPE vs Tyd van die dag
Posted: Sun Sep 29, 2019 1:12 pm
by Ds J
Hoeveel het jou dagtemperature verskil?
Ek het een keer in die laat somer met my 308 ladings ontwikkel en die geweer ingeskiet. Daardie winter was my groeperings konstant 1"-2" laag op 100m.
Re: DOPE vs Tyd van die dag
Posted: Sun Sep 29, 2019 1:30 pm
by Philip J
Ds J,
Ek het nie regtig opgelet na die temperature nie.
Miskien het ek dit nie duidelik genoeg gestel nie.
Ek kan vanmiddag my geweer gaan zero op 100m, en dan volgens Strelok, die teleskoop verstel en dan die gong op 300m in die middel raak skiet. As ek dan nou laat vanmiddag, net voor sononder, met dieselfde DOPE, geweer en ammunisie gaan skiet, dan skiet ek amper 3 duim hoog op 300m.
Ek het lankal gedink dit het iets te doen met die lig en die hoek van die son, maar ek kon dit nie verduidelik nie. Oom Marius se skrywe maak dus vir my baie sin en nou het ek sommer n naam ook vir die verskynsel.
Re: DOPE vs Tyd van die dag
Posted: Sun Sep 29, 2019 2:49 pm
by Mellies
Philip is dit nie DOP wat laatmiddag n groter rol speel met DOPE nie?
Met n vleisie...
Re: DOPE vs Tyd van die dag
Posted: Sun Sep 29, 2019 2:56 pm
by Philip J
Mellies wrote:Philip is dit nie DOP wat laatmiddag n groter rol speel met DOPE nie?
Met n vleisie...
Bwahahahahahahaha
Nee, nie die keer nie.

Re: DOPE vs Tyd van die dag
Posted: Sun Sep 29, 2019 6:38 pm
by DvD
Hi Philip
die temp speel n groot rol, gaan verander/speel met jou "powder temp" in strelock, gaan doen dan die "calculation", jy sal verbaas wees wat se verskil jy kry in hoogte.
Ek meet my patrone met n infrarooi termometer en lees dit in strelock, maak n groot verskil, ook as jou "sight in" temp bv in die winter was, en nou skiet jy in die somer, dit maak ook n groot veskil. Strelock het n funksie waar jy die "sight in" data/temp kan gebruik vs die huidige temp om akurate dope te kry.
Hoop dit help.
Re: DOPE vs Tyd van die dag
Posted: Sun Sep 29, 2019 7:35 pm
by tripodmvr
Om die effek van refraksie beter te illustreer. 'n Kollega van my het in die sestigerjare meetwerk in Iran gedoen. Volgens inligting tot sy beskikking was daar verskeie punte wat hy rondom hom kon sien. Een baken was in die middel van die dag nie sigbaar nie. Laatmiddag het die baken egter verskyn waar dit op 'n sandduin opgerig was. Saam met dit het ook 'n hele dorpie uit die niet uit opgestaan. Weens die groot temperatuur verskille in woestyne is dit 'n algemene verskynsel. Hier het op 'n langerige afstand van 'n paar kilometer bykans 5 meter verplasing vertoon.
Re: DOPE vs Tyd van die dag
Posted: Sun Sep 29, 2019 7:36 pm
by Jaco v Zyl
Philip dis nie ongewoon dat jou geweer hoog skiet laatmiddag, ek het dit al baie ondervind.Ek is nie so slim om te se wat dit is nie( maar glo dai refraksie is die nommer)maar dat dit wel gebeur is verseker.
Re: DOPE vs Tyd van die dag
Posted: Sun Sep 29, 2019 7:40 pm
by tripodmvr
Wie ken die uitdrukking :-
Light up, sights up
Light down, sights down
Re: DOPE vs Tyd van die dag
Posted: Sun Sep 29, 2019 9:25 pm
by Jaco V
Al te goed Oom Driepoot, in 50m .22 F klas sien jy dit baie duidelik, veral as daar groot los wolke is wat van tyd tot tyd voor die son intrek terwyl jy skiet.
Re: DOPE vs Tyd van die dag
Posted: Mon Sep 30, 2019 7:57 am
by spekieries
"Light up, sights up
Light down, sights down"
Tripod jy gee jou ouderdom weg. Dit was 'n bekende gesegde in die weermag. Wou dit noem nou het jy.
Re: DOPE vs Tyd van die dag
Posted: Mon Sep 30, 2019 8:04 am
by tripodmvr
Daardie een het my pa my geleer. Kom van Bisley skiet met die 303.
Re: DOPE vs Tyd van die dag
Posted: Mon Sep 30, 2019 8:52 am
by Apie
spekieries wrote:"Light up, sights up
Light down, sights down"
Tripod jy gee jou ouderdom weg. Dit was 'n bekende gesegde in die weermag. Wou dit noem nou het jy.
Is daai nie meer gemik op oop visiere nie
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: DOPE vs Tyd van die dag
Posted: Mon Sep 30, 2019 9:59 am
by tripodmvr
Moontlik wel meer van toepassing gaatjievisier, maar refraksie is ook daar vir daardie visiere.
Re: DOPE vs Tyd van die dag
Posted: Mon Sep 30, 2019 8:21 pm
by Hansieslim
tripodmvr wrote:Wie ken die uitdrukking :-
Light up, sights up
Light down, sights down
Ek wil net graag byvoeg wat oom Pete Mullan my eendag gesê het..."especially on extended distances"
Re: DOPE vs Tyd van die dag
Posted: Tue Oct 01, 2019 6:41 am
by Smitstertjies
https://loadoutroom.com/thearmsguide/lo ... t-effects/
Ek hou van hierdie draad. Hierdie gee nou vir my antwoorde oor vrae wat ek al lank nie beantwoord kry nie.