Page 1 of 1

Skiet Tafel

Posted: Thu Sep 26, 2019 11:29 am
by JurieW
HI Almal

Het iemand al so iets gemaak?

Ek soek n redelike maklike idee wat stabiel genoeg is vir mooi akkuraat skiet en mobiel/kompak/opvoubaar genoeg is om op n agter sitplek van n kar te stoor.

Enige idees is welkom

Groete Jurie

Re: Skiet Tafel

Posted: Thu Sep 26, 2019 12:14 pm
by skollie
Jurie...... Ek het 'n blad by Lategaans sementwerke in Wellington gekoop, baie stewig en werk mooi

Sent from my SM-G965F using Tapatalk

Re: Skiet Tafel

Posted: Thu Sep 26, 2019 12:15 pm
by skollie
Jammer...... Ek lees soos my gat..... Jy soek 'n mobiele eenheid!

Sent from my SM-G965F using Tapatalk

Re: Skiet Tafel

Posted: Thu Sep 26, 2019 12:29 pm
by JurieW
Thanks Skollie, ja, ek het gekyk na die sement opsie maar n mobile een is maar meer die antwoord, want ek skiet by n paar mense en wil die tafel graag saamvat.

Re: Skiet Tafel

Posted: Thu Sep 26, 2019 1:13 pm
by JohanvB
My pa het jaaaaaare terug so opvou Black&Decker werkstafel gekoop by een of ander hardeware winkel..

Wel, ek gebruik hom as ek op plase gaam skiet, lig, en vou lekker op.

Re: Skiet Tafel

Posted: Thu Sep 26, 2019 1:17 pm
by JohanvB
Screenshot_20190926_131457_com.android.chrome.jpg

https://wood.tools4.co.za/product/black ... al-height/

Re: Skiet Tafel

Posted: Thu Sep 26, 2019 2:02 pm
by Ds J
Ek weet van twee opslaan-skietstutte wat blykbaar baie goed werk. Hulle verskil in die besonderhede maar die beginsels is dieselfde. Dit bestaan uit staalpyp waarvan die punte platgeslaan en geboor is om met boute en moere vas te trek.

Dink aan n staalraam vir n driehoekige tweemantent.

Basies is dit twee driehoeke aan die voor en agterkante waar die ingang van die tent sou wees. Elke driehoek staan met sy twee pote op die grond. Die twee pote van elke driehoek is ook met pyp aan mekaar verbind.

Die bokante van die twee driehoeke, en die pote van die verskillende driehoeke, is met langer pype aan mekaar verbind.

Daar is twee diagonale pype om die raam te verstewig: van elke driehoek se bokant na teenoorstaande driehoek se een poot.

Elke bouer het n ander patent vir n stut om die geweer op te rus.

Hoop dit help.

Re: Skiet Tafel

Posted: Thu Sep 26, 2019 2:30 pm
by OosKaapJagter
Gaan kyk dalk by kampeerwinkels. Hier is 'n idee wat lyk of dit sal kan werk:

https://www.perfectdealz.co.za/products ... ding-table
https://www.takealot.com/eco-aluminium- ... /reviews/1

Die voordeel is veral dat jy jou vrou kan oortuig dit is nie nog 'n skietverwante uitgawe nie. Dit is dan 'n piekniektafel vir die gesin…………..

Re: Skiet Tafel

Posted: Fri Sep 27, 2019 8:10 am
by Klopper
Hier is my DIY job, die pote haal uit en jy kan hom agter op bakkie sit. Jy kan links en regs skiet van hom af.

Re: Skiet Tafel

Posted: Fri Sep 27, 2019 9:18 am
by Jake1
Die gewone opslaan tafels werk nie, as jy aan hom druk moet hy so min as moontlik beweeg. Dit moet 'n stewige tafel wees, klopper s'n lyk of hy kan werk

Re: Skiet Tafel

Posted: Fri Sep 27, 2019 9:29 am
by Jake1
Daar is min dinge so irriterend soos 'n skiet tafel wat beweeg as mens aan hom druk nie.

Hier is 'n paar voorbeelde.

http://justfairjuliet.com/portable-shoo ... hes-plans/

Re: Skiet Tafel

Posted: Fri Sep 27, 2019 10:45 am
by JurieW
Klopper wrote:Hier is my DIY job, die pote haal uit en jy kan hom agter op bakkie sit. Jy kan links en regs skiet van hom af.

Ek hou hiervan, hoe stewig is die pote?

Re: Skiet Tafel

Posted: Fri Sep 27, 2019 10:53 am
by Klopper
JurieW wrote:
Klopper wrote:Hier is my DIY job, die pote haal uit en jy kan hom agter op bakkie sit. Jy kan links en regs skiet van hom af.

Ek hou hiervan, hoe stewig is die pote?
Hulle is redelik stewig,is met 25mm square tube gemaak, en vas op blad met 4 x self tap skroewe. as jy pote vas draai beweeg hulle niks.

Hy is nog bietjie hoog na my sin en gaan hom bietjie laer maak met omtrent 150mm, dit sal hom nog meer stewig maak.

Re: Skiet Tafel

Posted: Fri Sep 27, 2019 10:54 am
by Blitzzz
Klopper se tafel lyk of hy lekker kan werk.

Ek sal dalk ekstra een of twee “cross braces” op die pote sit en dan iets om die pote te anker. Tent penne kan lekker werk om die tafel te anker.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Re: Skiet Tafel

Posted: Fri Sep 27, 2019 11:04 am
by junglejulian
maak net die 3 pote se bracket so 10 grade skuins na buite en sit 2 boute op elke poot ipv net een.dit sal die tafel baie stewiger maak.

Re: Skiet Tafel

Posted: Fri Sep 27, 2019 11:11 am
by JurieW
junglejulian wrote:maak net die 3 pote se bracket so 10 grade skuins na buite en sit 2 boute op elke poot ipv net een.dit sal die tafel baie stewiger maak.

Dankie baie, ek dink dis n wen plan.