Page 1 of 1
Leica Rangefinders
Posted: Wed Sep 25, 2019 7:58 pm
by Vleisie
Naand almal
Kan iemand my dalk se wat is die verskil tussen die volgende twee Leica Rangefinders.
Ek kry geen verduideliking van die verskille tussen die 1600B en 1600R nie.
Bietjie hulp tussen die verskille as iemand my dalk kan help of dalk ondervinding met beide het?
Byvoorbat dank.
Re: Leica Rangefinders
Posted: Wed Sep 25, 2019 8:08 pm
by Malan123
Een range net afstand. Ander een gee jou ballistics
Re: Leica Rangefinders
Posted: Wed Sep 25, 2019 8:46 pm
by Alwin
Die 1600B het die ballistiese tabelle ingebou. Let net op dat dit 'n aantal vaste trajekte is en jy kan ene kies wat naby aan jou spesifieke trajek is. Ek vind dit nie baie nuttig nie. Die afstand meting is die belangrikste funksie en dit werk puik.
Re: Leica Rangefinders
Posted: Wed Sep 25, 2019 9:40 pm
by Vleisie
Wat ek wel kan aflei is dat die 1600 R bietjie nuwer is of is die internet weer net vol van dit?
Ek is verbaas dat niemand al n vergelyking tussen die twee gedoen het nie.
Re: Leica Rangefinders
Posted: Wed Sep 25, 2019 10:08 pm
by Capt. Yoda
Soos Malan en Alwin se die B het n funksie waar jy n tabel kan kies wat naby aan jou geweer/lading se ballistics is. As jy fabrieks ammo skiet is daar n kans dat dit jou gaan help en jy een van hulle moontlik kan gebruik maar ek het dit nie een keer gebruik toe ek n 1600B gehad het nie
Re: Leica Rangefinders
Posted: Thu Sep 26, 2019 3:52 pm
by Vleisie
Wat sal julle se is n goeie prys om te betaal vir n gebruikte Leica 1600 R?
Re: Leica Rangefinders
Posted: Thu Sep 26, 2019 4:01 pm
by Malan123
Ek het myne laasjaar vir R4000 gekoop en dit was baie goedkoop op daardie stadium
Re: Leica Rangefinders
Posted: Thu Sep 26, 2019 7:05 pm
by Capt. Yoda
So R5000 sal n goeie prys wees
Re: Leica Rangefinders
Posted: Fri Sep 27, 2019 8:25 am
by SakoTrippel2
Die B gee ook Temperatuur, Lugdruk en Helling na die teiken.
Groete
Frans
Re: Leica Rangefinders
Posted: Fri Sep 27, 2019 9:48 am
by Capt. Yoda
SakoTrippel2 wrote:Die B gee ook Temperatuur, Lugdruk en Helling na die teiken.
Groete
Frans
Korek junior, die R gee ook helling maar nie temp en lugdruk nie
Re: Leica Rangefinders
Posted: Fri Sep 27, 2019 11:14 am
by Vleisie
Ek glo nie vir die 500m maks wat ek hom in die veld gaan gebruik is lugdruk en temp so noodsaaklik nie.
Die dae wat ons langafstand skiet is daar altyd iemand met n weerstasie van 1 of ander aard.
Dankie vir julle insette. Dit is tans nog net n oorweging om 1 te koop. Ek het net gesien daar was op Gunsite n R te koop, wat my laat wonder het oor die verskille.
Re: Leica Rangefinders
Posted: Sat Sep 28, 2019 10:26 pm
by Vleisie
Weet julle dalk Wie is Leica se Agent hier in Suid Afrika? Wat ek kan aflei van Google is dit Tudortech, hoe is hulle diens? Sou mens wel n probleem optel?