Page 1 of 1

Remington aksie “blueprint”

Posted: Mon Sep 23, 2019 8:44 pm
by Pumarais
Ek het ñ remington 700 LA wat ek wil gebruik in ñ nuwe projek! Waar of wie kan ñ remington aksie ordentlik blueprint of true sny?
Ek het ñ hele paar videos op Youtube oor dit gekyk! Is dit die moeite werd of nie?

Re: Remington aksie “blueprint”

Posted: Mon Sep 23, 2019 8:54 pm
by Arnold
Laat dit maar doen, dit stel jouself gerus. Waar in die land is jy?

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: Remington aksie “blueprint”

Posted: Mon Sep 23, 2019 8:55 pm
by Pumarais
Tussen Cradock en Graaf Reinet!

Re: Remington aksie “blueprint”

Posted: Mon Sep 23, 2019 9:02 pm
by Gawie(13mm)
Pumarais wrote:Tussen Cradock en Graaf Reinet!
Praat met Frikkie Coetzee hier op die forum. Hy sal jou in die regte rigting kan stuur.

Re: Remington aksie “blueprint”

Posted: Mon Sep 23, 2019 9:05 pm
by Pumarais
Ja hy bly twee plase van my af. Sal hoor wat hy te sê het!

Re: Remington aksie “blueprint”

Posted: Mon Sep 23, 2019 9:06 pm
by Arnold
Vat hom sommer Bloemfontein toe na Trueworx ;)

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: Remington aksie “blueprint”

Posted: Mon Sep 23, 2019 9:07 pm
by Arnold
Vertel bietjie watse kaliber jy beplan

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: Remington aksie “blueprint”

Posted: Mon Sep 23, 2019 9:11 pm
by Pumarais
Ek kyk na ñ 260AI of ñ 6.5x284. Ek soek iets met poeier vir gonge skiet!

Re: Remington aksie “blueprint”

Posted: Mon Sep 23, 2019 9:13 pm
by Apie
Pumarais wrote:Ek kyk na ñ 260AI of ñ 6.5x284. Ek soek iets met poeier vir gonge skiet!
260AI kan jy in kort aksie bou

Wat van 6.5x55AI


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Remington aksie “blueprint”

Posted: Mon Sep 23, 2019 9:17 pm
by Arnold
Ek sou ook iets met 'n groter dop as die 260AI bou op n Rem700 LA

So paar opsies ...

6.5x55 AI
6.5-284
284 Win
280 AI
7 RSAUM
300 WSM
300 WM
300 Rum

Afhangend van hoe vêr die gonge is ;)

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: Remington aksie “blueprint”

Posted: Mon Sep 23, 2019 9:17 pm
by Pumarais
Ja ek het nogal gedink aan hom ook.
Is die 6.5x55 se boltface dieselfde as 308 ens?
Ek het nou die lang aksie so gaan ma met hom voort. Miskien maar die 284 roete gaan, ek het nou die spasie.

Re: Remington aksie “blueprint”

Posted: Mon Sep 23, 2019 9:21 pm
by Arnold
6.5x55 sal werk op n 308 slotgesig.

Die 284 met 180gr klas koeëls doen baie goed en loop leeftyd gaan ook goed wees teenoor die ander.

Die slotgesig kan natuurlik oopgemaak word na n magnum en dan word daar n Sako extractor ingesit ;)

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: Remington aksie “blueprint”

Posted: Mon Sep 23, 2019 9:23 pm
by joe rocket
Pumarais wrote:Ja ek het nogal gedink aan hom ook.
Is die 6.5x55 se boltface dieselfde as 308 ens?
Ek het nou die lang aksie so gaan ma met hom voort. Miskien maar die 284 roete gaan, ek het nou die spasie.
6.5 284 daais die nommer vra ma vi Janneman.

Re: Remington aksie “blueprint”

Posted: Mon Sep 23, 2019 9:30 pm
by Pieterburger
Naand,

Ek het die volgende kalibers:

260 AI
300 RUM

Kry hopenlik my 6.5x284 oor n week of 3. Van die bogenoemde sal ek enige dag nog n 260 AI laat bou. Die 300 RUM is maar n bul van ander kleur. Meer gevoelig as n vrou. Skiet baie lekker maar om hom te kry om te skiet met sy lang freebore is n groot taak.

Ek het baie huiswerk gedoen op die 6.5x284 en is self n baie goeie kaliber.

My 2c

Groete
Pieter Burger

Re: Remington aksie “blueprint”

Posted: Mon Sep 23, 2019 9:31 pm
by Pumarais
Ek gaan hoor hier in my omtrek of daar ñ 6.5x284 reamer rondlê.
Dankie vir al die raad!

Re: Remington aksie “blueprint”

Posted: Tue Sep 24, 2019 6:00 am
by Armand Steenkamp
Ek sou ook so gaan maar vir die 6.5x284 of die 6.5 PRC as daar n reamer opgespoor kan word. Daai ander 6.5we kry man nie rerig spoed me nie.

Re: Remington aksie “blueprint”

Posted: Tue Sep 24, 2019 6:57 am
by Pumarais
Die PRC sal ek eers los a.g.v doppe! En die boltface oopsny! Eks nie ñ groot aanhanger van Hornady doppe nie.

Re: Remington aksie “blueprint”

Posted: Tue Sep 24, 2019 8:18 am
by Arnold
6.5 PRC gaan presies dieselfde doen as n 6.5-284 maar die 6.5-284 het Lapua doppe beskikbaar.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: Remington aksie “blueprint”

Posted: Tue Sep 24, 2019 9:39 am
by Gawie(13mm)
Pumarais wrote:Ja hy bly twee plase van my af. Sal hoor wat hy te sê het!
Ek het 'n vermoede hy gaan jou alles vertel van 'n "straight" .284. ;D

Re: Remington aksie “blueprint”

Posted: Tue Sep 24, 2019 2:04 pm
by Frikkie Coetzee
Pumarais wrote:Ek gaan hoor hier in my omtrek of daar ñ 6.5x284 reamer rondlê.
Dankie vir al die raad!
Kontak vir Johan op Spitskop. PM my vir sy nommer.

Re: Remington aksie “blueprint”

Posted: Fri Sep 27, 2019 6:47 am
by Gerhardu
6,5-284
7mm
300 Norma Mag