Page 1 of 1
Nekke wat te veel gekrimp is.
Posted: Mon Sep 23, 2019 8:39 pm
by Jackalsniper
Manne ek het so bietjie droog gemaak

Ek het twee aande sit en doppe se nekke krimp met
my Lee neck sizer, maar die eerste aand toe draai ek hom teen die shell holder vas en nog een draai,
en die volgende aand sit ek toe weer die neck sizer in,maar ek draai hom een en n kwart draai. Daarna
toe sorteer ek my doppe, prime hulle en toe ek begin seat kom ek agter van die koels seat moeiliker as die ander.
So als is gemeng.
Ek het die primers versigtig uitgedruk en die doppe solank gestuur dat hulle anneal word want van hulle was in elkgeval 2 keer geskiet en ander dalk 3 of 4 keer. Ek het n Lee FL "die" en ek het n forster shoulder bump met neck bushing "die" wat ek nog nie gebruik het nie.
Ek het nie n expander ball wat op die forster "die" pas nie,maar ek kan maar een laat kom as dit moet.
Wat is die beste roete om nou te volg? FL size en na ek die doppe weer gevuur het skouers bump? of moet ek n expander ball kry en doppe se skouers en nekke met die nuwe shoulder bump neck bushing "die" doen ?
Re: Nekke wat te veel gekrimp is.
Posted: Mon Sep 23, 2019 9:03 pm
by Gawie(13mm)
Watter kaliber?
Re: Nekke wat te veel gekrimp is.
Posted: Mon Sep 23, 2019 9:15 pm
by Apie
Jackalsniper wrote:Manne ek het so bietjie droog gemaak

Ek het twee aande sit en doppe se nekke krimp met
my Lee neck sizer, maar die eerste aand toe draai ek hom teen die shell holder vas en nog een draai,
en die volgende aand sit ek toe weer die neck sizer in,maar ek draai hom een en n kwart draai. Daarna
toe sorteer ek my doppe, prime hulle en toe ek begin seat kom ek agter van die koels seat moeiliker as die ander.
So als is gemeng.
Ek het die primers versigtig uitgedruk en die doppe solank gestuur dat hulle anneal word want van hulle was in elkgeval 2 keer geskiet en ander dalk 3 of 4 keer. Ek het n Lee FL "die" en ek het n forster shoulder bump met neck bushing "die" wat ek nog nie gebruik het nie.
Ek het nie n expander ball wat op die forster "die" pas nie,maar ek kan maar een laat kom as dit moet.
Wat is die beste roete om nou te volg? FL size en na ek die doppe weer gevuur het skouers bump? of moet ek n expander ball kry en doppe se skouers en nekke met die nuwe shoulder bump neck bushing "die" doen ?
As jy ‘n expander mandrel by iemand kan leen of bestel by Multech, Sudamie of Oom Cassie Nienaber.
Hardloop almal deur en skiet hulle!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Nekke wat te veel gekrimp is.
Posted: Mon Sep 23, 2019 9:25 pm
by Jackalsniper
Gawie(13mm) wrote:Watter kaliber?
25-06 Gawie jy weet mos ek het net een geweer

Re: Nekke wat te veel gekrimp is.
Posted: Mon Sep 23, 2019 9:28 pm
by jdpretorius
Dit klink jy het n Lee FL Die...dalk kan jy hulle net deur die FL Die se expander sit, m.a.w. moet nie dat die Lee die nek krimp nie maar net expander in-en-uit dan behoort hulle almal die selfde te meet.
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Nekke wat te veel gekrimp is.
Posted: Tue Sep 24, 2019 6:35 am
by Jackalsniper
jdpretorius wrote:Dit klink jy het n Lee FL Die...dalk kan jy hulle net deur die FL Die se expander sit, m.a.w. moet nie dat die Lee die nek krimp nie maar net expander in-en-uit dan behoort hulle almal die selfde te meet.
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Ek het nogal die FL "die" se expander gebruik om te toets, die doppe wat se nekke kleiner is gaan hy maar net
bietjie stywer in as die nekke wat net met 1 ekstra draai geseat was. Kyk die koels gaan in,maar nou sit ek
met verskille in nek tension, wat ek probeer regstel. dis 100 patrone wat moet geskiet word as ek die doppe
sou moes fireform.
Re: Nekke wat te veel gekrimp is.
Posted: Tue Sep 24, 2019 7:37 am
by jdpretorius
Dan is die enigste ding wat jy kan doen om almal op die stywer nek spanning te kry en dan net jou lading aan te pas en hoop hulle hou aan met mooi groep.
Die ander oorweeging is om hulle almal te FL Size.
Ek eksperimenteer ook al n ruk met verskillende nek spanning en het tot die gevolgtrekking gekom dat 0.001 die beste werk want dit gee die mees konstante mv. en voorspelbaare groepe.
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Nekke wat te veel gekrimp is.
Posted: Tue Sep 24, 2019 11:26 am
by Jake1
Gaan gewone FL size nie die spanning selfde maak nie?
Re: Nekke wat te veel gekrimp is.
Posted: Wed Oct 02, 2019 10:57 am
by Jackalsniper
Ek het toe maar al die doppe laat anneal en deur my FL sizer gesit en ek moet se met die uitrek slag kon ek voel dat die extractor
die nekke ewe veel expand. Ek sal laat weet na ek gelaai het en geskiet het of dit die oplossing was. As ek al
200 doppe geskiet het sal ek maar die regte bushing kry vir my shoulder bump "die" en van daar af net skouers en nekke size.
Re: Nekke wat te veel gekrimp is.
Posted: Mon Aug 07, 2023 11:16 am
by Jackalsniper
Ek sien nou eers ek het nog nooit weer terugvoering gegee nie, maar na ek al die doppe ge anneal en FL size het( die doppe wat se nekke stywer gekrimp was en die wat net normaal gekrimp was) , is hulle gelaai en geskiet en heel goed perform.
Klomp ongediertes minder en vleis in die vrieskas kon kry, met geen groeperings probleme of skote wat misgeskiet het ens nie. Ek sit
nou eers weer en begin nuwe batch laai.
Groete