Page 1 of 1

"checkering"op boyds kolf laat sit

Posted: Mon Sep 16, 2019 11:42 am
by CassellG
Dagse manne

Kan iemand my moontlik verwys na 'n kundige op die geweer kolf gebied wat "n basiese 4 paneel "checkering" op "n okkerneut houtkolf kan sit?

eks in die gauteng omgewing maar pla nie om effens te ry ,of deur die pos te werk nie.

Baie dankie

Re: "checkering"op boyds kolf laat sit

Posted: Mon Sep 16, 2019 3:28 pm
by Fanta300
Ons plaaslike geweersmid doen mooi ruitwerk.

In Vereeniging by Champion Arms

Re: "checkering"op boyds kolf laat sit

Posted: Tue Sep 17, 2019 7:01 am
by Henna308
Lee (Die Kolf Dokter) in Pretoria doen baie mooi werk. Ek het sy nommer verloor maar jy sal hom kry op Facebook by Die Kolf Dokter.

Re: "checkering"op boyds kolf laat sit

Posted: Tue Sep 17, 2019 9:20 am
by CassellG
Dankie Manne

Re: "checkering"op boyds kolf laat sit

Posted: Tue Sep 17, 2019 7:21 pm
by wlm
Verkoop die kolf en koop vir jou een wat klaar ruitwerk op het by Geno. Dalk goedkoper.

Re: "checkering"op boyds kolf laat sit

Posted: Mon Oct 07, 2024 1:09 pm
by Giepie
Ek weet hierdie is n ou draad, maar ek wil ook checkering op my Boyds kolf laat sit. Dit voel vir my baie glad. Is daar al meer inligting hoeroor beskikbaar? Ek sien Boyds doen dit met laser, kan dit plaaslik ook gedoen word?

Ander moontlikheid is om iets op te plak, is daar so iets beskikbaar? Waar?

Re: "checkering"op boyds kolf laat sit

Posted: Mon Oct 07, 2024 3:29 pm
by J le Roux
Google bietjie wood stock stippling.

Kan glo met soldeerbout of dremel ook aangepak word.

Use at own risk, not for the faint-hearted, 2-21 ouderdomsbeperking, oefen eers op plankie ens.....

Screenshot_20241007_154512_Chrome.jpg