Page 1 of 1
U.S. Dept of Justice is bekommerd oor jou ATN
Posted: Mon Sep 09, 2019 10:39 pm
by Dumbluck
Re: U.S. Dept of Justice is bekommerd oor jou ATN
Posted: Tue Sep 10, 2019 7:05 am
by Toxxyc
Ek dink hulle is meer bekommerd omdat deesdae se scopes en apps enige Jan Rap en sy maat toelaat om klein teikens op ontsettende afstande te tref met die minimum oefening en opleiding.
Re: U.S. Dept of Justice is bekommerd oor jou ATN
Posted: Tue Sep 10, 2019 7:09 am
by Geno
Dis mos lekker goedkoop om n thermal scope saam n pel in te vlieg. Wie is ITAR in elkgeval....
Re: U.S. Dept of Justice is bekommerd oor jou ATN
Posted: Tue Sep 10, 2019 4:56 pm
by Frikkie Coetzee
Ja Geno. Jy ken mos die storie. Fk vir winkel X want hulle rook my. My pel koop daai scope vir minder as die helfte en die jagter bring hom in.
En as winkel X jou nie na die tyd wil help met n waarborg eis op jou grys produk nie hardloop jy reguit Hellopeter toe of spoel jou mond op Al wat n forum is.
So gaan dit mos
Re: U.S. Dept of Justice is bekommerd oor jou ATN
Posted: Wed Sep 11, 2019 8:59 am
by Eugene
Frikkie Coetzee wrote:Ja Geno. Jy ken mos die storie. Fk vir winkel X want hulle rook my. My pel koop daai scope vir minder as die helfte en die jagter bring hom in.
En as winkel X jou nie na die tyd wil help met n waarborg eis op jou grys produk nie hardloop jy reguit Hellopeter toe of spoel jou mond op Al wat n forum is.
So gaan dit mos
Ek het self al 'n teleskoop of 2 direk van oorsee bestel. Dit was wel heelwat goedkoper. Ek was gelukkig en het geen probleme gehad met my teleskope nie. 'n Medejagter het navraag gedoen en dieselfde gedoen by dieselfde plek. Sy teleskoop het 'n probleem gehad en die Verkoper was meer as bereid om dit om te ruil, solank hy dit terugstuur op sy koste. Die koste was aansienlik en die tydsverloop nog meer.... Dit het my kop geswaai en ek koop eerder plaaslik by die regte mense vir meer en ek weet ingesluit by die prys, is die gemoedsrus dat as iets erens skeefloop, het ek iemand hier wat my gaan back met naverkope diens.
Re: U.S. Dept of Justice is bekommerd oor jou ATN
Posted: Wed Sep 11, 2019 9:17 am
by BeesBreet
Geno en ander... wat beteken dit vir die ouens wat wel die regte kanale gevolg het... “asking for a friend”?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: U.S. Dept of Justice is bekommerd oor jou ATN
Posted: Wed Sep 11, 2019 9:30 am
by Geno
Die groot issue is ATN scopes uit Amerika uit. ITAR gaan oor hulle.
Die scopes wat ons versprei kom uit Europa uit, so dis legit.
Re: U.S. Dept of Justice is bekommerd oor jou ATN
Posted: Wed Sep 11, 2019 9:37 am
by jankraay
Support local. Hier is meer as een ou wat uit hul pad uit sal gaan om mens te help. Jy gaan op bloed druk pille spaar.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: U.S. Dept of Justice is bekommerd oor jou ATN
Posted: Wed Sep 11, 2019 9:42 am
by BeesBreet
Geno wrote:Die groot issue is ATN scopes uit Amerika uit. ITAR gaan oor hulle.
Die scopes wat ons versprei kom uit Europa uit, so dis legit.
Dankie
Sent from my iPhone using Tapatalk