Page 1 of 2
African Wildcat/ groukat/wildekat
Posted: Thu Jan 08, 2009 6:29 am
by jaracal
Notuleer ook as julle die kat sou raakloop. Sal goed wees as ons sien of die getalle toe of afneem.
Groete
Heinrich
Re: African Wildcat/ groukat/wildekat
Posted: Thu Apr 09, 2009 12:07 pm
by Albe
Hein. Het die 6-4-09 een gekry tusen Smithfield en Wepener, asook n draai. Smaak my die grou katte raak skaars. Groete Jakata
Re: African Wildcat/ groukat/wildekat
Posted: Mon Apr 13, 2009 9:31 pm
by Christo
Hein
Dit is nou een kat wat vollop is hier by ons.
Christo
Ek sal van nou af rekord hou van hulle en laat weet.
Re: African Wildcat/ groukat/wildekat
Posted: Mon Apr 13, 2009 9:55 pm
by Gerhard
Wilde kat is baie vol op in Dwaalboom en Ellisras area's waar ek geroep het.
Sal bietjie in Mei maand tel as ek daai wereld gaan roep.
Oos Transvaal (Steenkamps berge) het ek nie gesien nie maar wel Tierbos kat in geroep.
Re: African Wildcat/ groukat/wildekat
Posted: Sun Jul 19, 2009 7:38 pm
by Hunter xxx

Ek was die naweek op die plaas en die boer by wie ons gaan jag het, het n kruising tussen die twee en op die marnier gaan hulle uitsterf dit is my siening. Boer moet passop om huis katte aan te hou.
Hunter
Re: African Wildcat/ groukat/wildekat
Posted: Sun Aug 23, 2009 8:41 pm
by Rieme

Het die week al drie hier by my gesien. Hulle bly maar volop om die lande. hier is baie muise vir hulle
Re: African Wildcat/ groukat/wildekat
Posted: Sat Oct 24, 2009 5:09 pm
by Ambessa
Hallo Louis102 / almal
Jaracal wrote:...Notuleer ook as julle die kat sou raakloop. Sal goed wees as ons sien of die getalle toe of afneem.
Dit voel amper soos jare gelede wat Jaracal hierdie vraag op die forum geplaas het. Heelwat (>500) persone het dit gelees maar weinig het geantwoord.
Nietemin, hier is die mees gesaghebbende adres op internet waar verder opgelees kan word (ook in bietjie makliker taal).
www.catsg.org/catsgportal/cat-website/c ... byca01.htm
Jammer, sal weer verder op die forum lees en maar hier daarop antwoord. Jammer oor die wetenskaplikes wat jou so erg omkrap.
Ambessa
Re: African Wildcat/ groukat/wildekat
Posted: Sun Oct 25, 2009 11:45 am
by Chris101
Suide van Nam.
Op die nam.grens aan Rep.kant sommer baie.
7 Nagte daar gejag te minste 20 gesien
Re: African Wildcat/ groukat/wildekat
Posted: Sun Oct 25, 2009 12:25 pm
by Louis102
Chris101 wrote:
Suide van Nam.
Op die nam.grens aan Rep.kant sommer baie.
7 Nagte daar gejag te minste 20 gesien
Chris
Hoeveel van hulle was rooi, geel, bruin of enige ander kleur as grys? Sal graag wil weet.
Louis
Re: African Wildcat/ groukat/wildekat
Posted: Sun Oct 25, 2009 7:12 pm
by Chris101
Grys redelik eg rooi ore
Re: African Wildcat/ groukat/wildekat
Posted: Sun Oct 25, 2009 10:38 pm
by Ambessa
Hallo almal
Mooie katjie.
Ambessa
Re: African Wildcat/ groukat/wildekat
Posted: Sun Oct 25, 2009 11:44 pm
by Louis102
Mmmm, sien wat die Oom bedoel. Hou die spasie dop.
Re: African Wildcat/ groukat/wildekat
Posted: Mon Oct 26, 2009 5:44 am
by Ambessa
Hallo Louis102
Louis102 wrote:...sien wat die Oom bedoel. Hou die spasie dop.
Lyk soos die regtes wat jy ken?
Ambessa
Re: African Wildcat/ groukat/wildekat
Posted: Mon Oct 26, 2009 7:02 am
by Freddie101
Oom Am
Sien gereeld van die wildekatte wat net soos die foto lyk in my omgewing.(tarkastad). Party met bietjie meer strepe en party bietjie minder en ligter van kleur.
Freddie
Re: African Wildcat/ groukat/wildekat
Posted: Mon Oct 26, 2009 7:42 am
by Freek
Mooi foto ambessa, lyk bekend...

Re: African Wildcat/ groukat/wildekat
Posted: Mon Oct 26, 2009 9:51 am
by JACQUES BOTHA
HIERDIE KATJIE KAN GROOT WORD , HET AL N KEER OF WAT VAN HULLE GEKRY WAT GROTER AS JAKKAS IS ...
AL HOEWEL HULLE GEMIDDELDE GEWIG HEELWAT LIGTER IS AS JAKKALS SE GEMIDDELD, HET HULLE NOGAL SOMS N OULIKE GEWIG AAN HULLE...(GEHAD)
SIEN HULLE NOG GREELD MAAR WEEG HULLE GLAD NIE MEER NIE, EK HOU NIE VAN KRAPPE EN BYTPLEKKE AAN MY NIE EN DIE SPOED IS NIE MEER WAT DIT WAS NIE, SO EK HARDLOOP HULLE NIE IN NIE...
GROETE
JB
Re: African Wildcat/ groukat/wildekat
Posted: Mon Oct 26, 2009 12:49 pm
by Freddie101
JA JAKES
As hulle my los, los ek hulle.
Re: African Wildcat/ groukat/wildekat
Posted: Mon Oct 26, 2009 1:10 pm
by Ambessa
Hallo Jakes
JACQUES wrote:...HIERDIE KATJIE KAN GROOT WORD , HET AL N KEER OF WAT VAN HULLE GEKRY WAT GROTER AS JAKKAS IS ... ...SIEN HULLE NOG GREELD MAAR WEEG HULLE GLAD NIE MEER NIE, EK HOU NIE VAN KRAPPE EN BYTPLEKKE AAN MY NIE...
eish, weeg jy hulle lewendig? Sou nie as ek weet hulle word groot...
Ambessa
Re: African Wildcat/ groukat/wildekat
Posted: Mon Oct 26, 2009 1:36 pm
by Louis102
Ambessa
In die naam van wetenskap sal ek my donkerbril afhaal as ek weer na die katte kyk. Hou die spasie dop, ek gaan 'n paar foto's ook in die naam van wetenskap, hieronder pos. Hulle moet nog net geneem word, so ek moet plan sien om die katte in die hanne te kry. Jammer Jakes het so bietjie spoed verloor anders kon ek hom genooi het om 'n paar te kom vang.
Maar 'n foto of twee sal die Oom kry, buig of bars.
Louis
Re: African Wildcat/ groukat/wildekat
Posted: Mon Oct 26, 2009 1:42 pm
by Ambessa
Hallo Louis102
Louis102 wrote:...In die naam van wetenskap sal ek my donkerbril afhaal as ek weer na die katte kyk... ...ek gaan 'n paar foto's ook in die naam van wetenskap, hieronder pos. Hulle moet nog net geneem word, so ek moet plan sien om die katte in die hanne te kry... ...Maar 'n foto of twee sal die Oom kry, buig of bars.
Mooi. 'n challenge is 'n challenge.
Ambessa
Re: African Wildcat/ groukat/wildekat
Posted: Tue Oct 27, 2009 4:44 pm
by Foxcreek
Ambessa
Hierdie outjie vanoggend in 'n hok gevang. Het hom nie geweeg nie, hy het net so bietjie te veel na my sin gespoeg en geklap! Skat hom so 4-5 kg.
Re: African Wildcat/ groukat/wildekat
Posted: Tue Oct 27, 2009 4:48 pm
by Foxcreek
Ambessa
HEt nou die verdomde verkeerde knop gedruk. Kom ons try weer. Die grou kat vanoggend gevang skat hom so 4-5 kg. [img]
http://i936.photobucket.com/albums/ad20 ... 009383.jpg[/img]reek009/27102009387.jpg[/img]
Re: African Wildcat/ groukat/wildekat
Posted: Tue Oct 27, 2009 6:44 pm
by britsman
Foxcreek,
Kom ons kyk of die oompie jou kan help.
Wat se jy nou?
groete,
brits
Re: African Wildcat/ groukat/wildekat
Posted: Wed Oct 28, 2009 6:13 am
by Foxcreek
Oom Britsman
Baie dankie vir die hulp. Ek het die foto's van die tierboskat en die ystervark lekker reggekry en toe ek by die groukat kom toe hakkel ek en my vingers wek toe soos 'n man sin wat op Melmac 7 is!
Foxcreek.
Re: African Wildcat/ groukat/wildekat
Posted: Wed Oct 28, 2009 2:25 pm
by Ambessa
Hallo Foxcreek
Foxcreek wrote:Hierdie outjie vanoggend in 'n hok gevang. Het hom nie geweeg nie, hy het net so bietjie te veel na my sin gespoeg en geklap! Skat hom s
Jammer, kan niks oopmaak nie.
Ambessa