Page 1 of 1

Re: 243 vs 270 win wind-sensitiewiteiet

Posted: Thu Nov 17, 2011 10:44 am
by pietjacobs
Ludwig, Piet se mos hy wil die 7mm kry (.277 = 7mm  ;D)

Byt jou maar net so bietjie

Re: 243 vs 270 win wind-sensitiewiteiet

Posted: Thu Nov 17, 2011 10:53 am
by Naas
Dan sou ek eeder vir die 7mm rem gaan.

Ek skiet .270 met 130 grain punte.Is 1.5 duim hoog op 100 en 8 duim laag op 300.
Ek dink net die 7mm gaan n beeter trajek he,en die wind gaan nog minder pla
as met die 270.

Net my meening
Naas

Re: 243 vs 270 win wind-sensitiewiteiet

Posted: Thu Nov 17, 2011 11:00 am
by Hein M.
Piet-Skiet wrote: 400m is volgens my max.
Op hierdie afstand sal jy wragtag jou skoot moet ken - veral op kleinwild... 8)

Die 7x64Bren is seker die beter opsie as jy moet kies.

Mooiloop!

Hein

Re: 243 vs 270 win wind-sensitiewiteiet

Posted: Thu Nov 17, 2011 12:28 pm
by Biltong
Pietskiet,

Net 'n opmerking omtrent die "herlaai probleme" met die .243. Ek het 'n batch van 50 .243 doppe wat ek al 9 keer herlaai het en 'n ander batch van 100 Winchester doppe wat ek al 5 keer herlaai het. Ek is seker gelukkig maar het nog geen herlaai probleme  met die .243 gehad nie. Ek dink die probleme wat mense algemeen na verwys is  die "doughnut", wat 'n verdikking by die basis van die nek is (Hoop ek verstaan dit reg.) Ek gebruik die Lee Collet neck sizing die en doen net necksizing vir so vier of vyf keer en dan anneal en fullsize, saam met lengte trim. Geen herlaai probleme vir my nie en 1/2 MOA groepe konstant.

As gevolg van die manier hoe die collet neck sizing die werk glo ek dit help om doughnuts te verhoed. Die slim manne kan laat weet as ek hier 'n fout maak.

Groete

Biltong

Re: 243 vs 270 win wind-sensitiewiteiet

Posted: Tue Nov 22, 2011 6:52 pm
by Coenie (Swift)
Hi Piet-Skiet

400m gereelde jag skote is baie wyd.... Jy meld nie vir watter wild tipe jy dit wil gebruik nie aangesien ek glo dit sal ook die keuse verander. Vir klein wild sal 243 werk en iets groter as blesbokke sal jy na die 7mm's moet kyk.
Een van my maats het 'n springbok op +- 480m geskiet windstil, maar moes 2 bok hoogtes vat. Hy erken hy was gelukkig en hy was nog jonk en voel dat hy nie dit sal doen sommer weer oor die etiese kant van so 'n lang skoot en alles wat kan en sal verkeerd gaan. Soos hy se as dit so ver staan, dan klim ek van die bakkie af en bekruip nader (399m ;) )

Groete

Re: 243 vs 270 win wind-sensitiewiteiet

Posted: Tue Nov 22, 2011 8:34 pm
by 243Songdaug
Piet, ons is 4 vrinne wat redelik lekker skiet en ons skiet ook redelike afstande - in die groep is 'n 243AI met 107greiners, 'n 25-06 met 85greiners, 'n 270 met 115&135greiners en 'n 7mm Rem wat 168gr Bergers gooi.  Ons almal gaan vir max spoed en ek kan jou dit se; behalwe vir die 25-06 loop aldrie die ander kalibers baie dieselfde tot anderkant 400m.

Die wind se invloed op die 3 kalibers verskil ignoreerbaar min.

Die 25 skop ons almal se gatte - maar hy skiet ook die ligste projektiel teen die hoogste spoed.  Ek doen ons almal se ballistiese kaarte en dis waar ek dit opgetel het - Hendrik van Rensburg se altyd "Spoed klop wind" hy praat nogal sence - hoe korter die tyd is wat jou projektiel aan die wind bloodgestel is hoe minder is die wind se invloed.

Praat bietkie met Piet Breedt en Geno oor die 25 - tot op 400m en selfs so bietjie verder is die 25 genoeg geweer vir tot medium klas wild.

Re: 243 vs 270 win wind-sensitiewiteiet

Posted: Mon Nov 28, 2011 4:32 pm
by fanie17
Ek sien jy se klein wild,maar nou wat as daar n mooi Gemmie staan of Swatwildebees op daai jag.Ek sou se 270,7x64of 7mm rem.van die drie is 7x64 die een wat nogal uit staan.

Re: 243 vs 270 win wind-sensitiewiteiet

Posted: Mon Nov 28, 2011 6:27 pm
by Geno
fanie17 wrote: wat as daar n mooi Gemmie staan of Swatwildebees op daai jag.
My .25-06 skiet hulle al te lekker......

Re: 243 vs 270 win wind-sensitiewiteiet

Posted: Tue Nov 29, 2011 10:25 am
by Stefan764
Hein M. wrote:
Piet-Skiet wrote: 400m is volgens my max.
Op hierdie afstand sal jy wragtag jou skoot moet ken - veral op kleinwild... 8)

Die 7x64Bren is seker die beter opsie as jy moet kies.

Mooiloop!

Hein
So bek moet JEM kry!!
fanie17 wrote: Ek sien jy se klein wild,maar nou wat as daar n mooi Gemmie staan of Swatwildebees op daai jag.Ek sou se 270,7x64of 7mm rem.van die drie is 7x64 die een wat nogal uit staan.
En so een ook!!!!!!

Re: 243 vs 270 win wind-sensitiewiteiet

Posted: Thu Dec 08, 2011 4:07 am
by Piet Breedt
Ja, die .25 06 werk baie mooi vir daardie lang skote, maar ek verkies die 100gr Sierra Match King's. Hulle klop die 85greiners v?r in die wind oor 300m.

Re: 243 vs 270 win wind-sensitiewiteiet

Posted: Thu Dec 08, 2011 6:24 am
by 243Songdaug
Piet, ek stem 100% met jou saam maar die eieinaar van die 25 is stout oor spoed en lope koop.  Ek het hom darem op 'n stadium gekry om die 100s te skiet, maar hy wil nou maar eenmaal 85s skiet.

Re: 243 vs 270 win wind-sensitiewiteiet

Posted: Sun Dec 18, 2011 10:41 pm
by BarkVallas
Naandse Piet

Soos meeste manne hier weet is ek nuut tot die forum - maar een ding waarvan ek onlangse eerstehandse kennis het is die .243 vs .270 wind ondervinding. Ek het die jaar eers my .300 gekry en het laas jaar in die karoo gaan springbokke jag saam met my 2 broers - een het 'n Sako .243 en die ander 'n Sauer.270.

Nou in my amateur gut-feel, nie-wetenskaplike opinie maak die wind min verskil tussen die 243 en .270. Ek het tot my spyt op daag 2 van die jag 'n mooi springbok ram lelik gekwes op +/- 175m met 'n STERK dwarswind met die .270. Ek gaan nie eers herhaal waar die skoot geval het nie, maar dit het my 3 ure se loop gekos om daai bok in die hande te kry en die doosd skoot te gee.

My finale, en weereens amateur opinie - As jy windebestand soek, moet jy nie in die .2XX reeks kyk nie. Die dat ek toe maar sommer die .300 gekry het. Sy byt effem maar gelukkiig is dit elke keer ewe veel, so ek weet nou al so min of meet waar die skoot gaan land na die effe meer recoil.

Ek wil self nog 'n .243 koop vir die springbok jag - maar glo my, as die wind so waai wat 'n man se piepie straal nie reguit val nie, dan span ek die .300 in.

Groetnis!
Bark

Re: 243 vs 270 win wind-sensitiewiteiet

Posted: Mon Feb 13, 2012 9:14 am
by kopskoot
Piet & Geno

Watse spoed kry julle uit daai 25-06 uit met die 100gr matchkings, hoe lank is julle lope (gewere s'n)

Kopskoot

Re: 243 vs 270 win wind-sensitiewiteiet

Posted: Mon Feb 13, 2012 9:35 am
by Geno
Kopskoot,
Ek skiet nie SMK's nie.
Ek skiet 75gr V-max teen 3682fps, en 85gr GSCHV teen 3750fps.
My huidige loop is 26" lank, maar ek het 'n 30" Lilja 1:13" loop bestel om nog vinniger te skiet.

Groete,
Eugene

Re: 243 vs 270 win wind-sensitiewiteiet

Posted: Mon Feb 13, 2012 7:48 pm
by KLASIE
ja nee ek stem vir daai .25-06 ek het ook een en skiet 100gn sierra match teen so 3450-3520, 26"loop en hy gooi mooi , en die in die wind doen hy regtig goed

Re: 243 vs 270 win wind-sensitiewiteiet

Posted: Tue Feb 14, 2012 9:28 am
by Ruhan
Ek het so paar weke terug in dieselfde posisie gesit waar ek vir my 'n langskiet geweer wou kry. Ek het gekyk na die .270 of selfs .308 maar omdat ek reeds 'n 30-06 en .375 het, was beide keuses te naby aan die 30-06.

Ek het besluit om te gaan vir .243 en ek weet my verloofde sal ook met hom gemaklik kan skiet sonder om "recoil shy" te raak.

Sterkte met jou keuse...

Re: 243 vs 270 win wind-sensitiewiteiet

Posted: Tue Feb 14, 2012 10:03 am
by Stefan764
Julle manne weet dat n 22-250 met n 70gr Berger klop n 25-06 met n 100gr Matchking op 300m met oor n duim in terme van wind-skuif....

Re: 243 vs 270 win wind-sensitiewiteiet

Posted: Tue Feb 14, 2012 10:29 am
by Zack Benade
Hi Stefan

Nou gaan jy reaksie uitlok.  ;D ;D
Ek sal ook nou van die 25 manne wil hoor wat hulle se.

Groete
Zack

Re: 243 vs 270 win wind-sensitiewiteiet

Posted: Tue Feb 14, 2012 10:44 am
by Gerhard
Zack Benade wrote: Hi Stefan

Nou gaan jy reaksie uitlok.  ;D ;D
Ek sal ook nou van die 25 manne wil hoor wat hulle se.

Groete
Zack
Piet Breed is reeds besig met sy 22 250 kopetisie geweer om dit te bewys.  :o

Re: 243 vs 270 win wind-sensitiewiteiet

Posted: Tue Feb 14, 2012 10:48 am
by Stefan764
Dis juis die einste oom Piet wat my gister hier in die winkel dai d?ng gewys het.....