Page 1 of 1
Loop vervang
Posted: Wed Aug 28, 2019 10:51 am
by ShaunG
Goeie More Almal
Ek wil solank begin huiswerk doen op 'n loop wat ek na kyk om te koop in die toekoms sodra my standaar loop uitgeskiet is.
Nou wil ek net weet omrede ek nie seker is nie.
'n Nuwe loop se kamer word gesny (reamer) korek?
Dan die skroefdraad aan die kamer se kant van de nuwe loop word ook gedoen afhangende van die aksie wat jy het?
Groete
S
Re: Loop vervang
Posted: Wed Aug 28, 2019 11:10 am
by Capt. Yoda
Ja die loop word agter gethread sodat hy in jou aksie kan pas, kamer word gesny met n reamer en dan word kroon voor gesny.
Daar is ook pre fit lope vir gewere soos Savage met n barrel nut beskikbaar maar dit is skaars hier by ons, die tiepe lope kan jy bestel klaar gekamer en net reg om in te skroef
Re: Loop vervang
Posted: Wed Aug 28, 2019 11:13 am
by ShaunG
Capt. Oblivious wrote:Ja die loop word agter gethread sodat hy in jou aksie kan pas, kamer word gesny met n reamer en dan word kroon voor gesny.
Daar is ook pre fit lope vir gewere soos Savage met n barrel nut beskikbaar maar dit is skaars hier by ons, die tiepe lope kan jy bestel klaar gekamer en net reg om in te skroef
Dankie ek wou maar net seker maak, is die nuwe loop reeds ge serie nommer? Ek neem maar aan die smith sal 'n report gee ens
Re: Loop vervang
Posted: Wed Aug 28, 2019 11:22 am
by Capt. Yoda
Die GS sort al die nommers uit, jy koop hom en laat hom transfer na die GS toe hulle update die registers en al daai goed
Re: Loop vervang
Posted: Wed Aug 28, 2019 12:23 pm
by ShaunG
Dankie meester
Re: Loop vervang
Posted: Wed Aug 28, 2019 9:12 pm
by JPS
Shaun,
Ongelukkig klink dit baie eenvoudiger as wat dit is in terme van die papierwerk.
Die fiesiese werk van die geweersmit is maklik teen die beslommernis van die papierwerk.
Re: Loop vervang
Posted: Thu Aug 29, 2019 7:49 am
by ShaunG
JPS wrote:Shaun,
Ongelukkig klink dit baie eenvoudiger as wat dit is in terme van die papierwerk.
Die fiesiese werk van die geweersmit is maklik teen die beslommernis van die papierwerk.
Nee ek verstaan goed dat dit huidig 'n storie is, daai brug gaan ons oor as ons daar kom.
Re: Loop vervang
Posted: Thu Aug 29, 2019 8:57 pm
by Arnold
ShaunG wrote:JPS wrote:Shaun,
Ongelukkig klink dit baie eenvoudiger as wat dit is in terme van die papierwerk.
Die fiesiese werk van die geweersmit is maklik teen die beslommernis van die papierwerk.
Nee ek verstaan goed dat dit huidig 'n storie is, daai brug gaan ons oor as ons daar kom.
Begin solank met die proses
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: Loop vervang
Posted: Fri Aug 30, 2019 4:02 am
by Sekelbos
More almal, ek stel ook belang om die weet wat alles behels bv, moet n loop beskadig wees voor ek kan verander, hoe lank vat die papierwerk en watse papierwerk is nodig, dan kom lope, reamers, smede ens ens?
Ons luister graag.
Re: Loop vervang
Posted: Fri Aug 30, 2019 7:47 am
by Pinkes
Bou proses( Soos ek dit het,Ek is op stap 5).
1.Koop Loop en aksie
2. Stuur na GS
3. GS ontvang dit om sy register
4. Doen aansoek vir Permission to build
5. As goedgekeur, Dan word hy by SAPS 521(g) opgeteken as wapen
6.Doen aansoek
7.Gaan haal jou geweer
8. Betaal te veel vir scope!

Re: Loop vervang
Posted: Fri Aug 30, 2019 9:05 am
by LoopSoosStroop
Dankie Pinkes
Hoe verskil die proses as jy reeds 'n geweer besit wat jy wil verander? Kan hy ook op dealer stock gesit word en dan soos 'n aksie behandel word?
Re: Loop vervang
Posted: Fri Aug 30, 2019 9:08 am
by RugerBoy
Pinkies - jy vergeet die gedeelte van jy moet moerse baie geduld he, nie n kort humeur nie. En na als moet jy regtig seker maak jy kies die regte GS en het diep sakke. Baie geduld en tyd moet amper heel bo aan jou lys le. !!!

Re: Loop vervang
Posted: Fri Aug 30, 2019 9:41 am
by Gian_dP
LoopSoosStroop wrote:Dankie Pinkes
Hoe verskil die proses as jy reeds 'n geweer besit wat jy wil verander? Kan hy ook op dealer stock gesit word en dan soos 'n aksie behandel word?
Jy doen aansoek om wapen te verander, met verslag van geweersmit.
Dan kry jy toestemming om wapen te verander(nuwe loop en/of nuwe "dopvorm" bv 243 na 6XC).
Geweersmit doen werk, gee verslag deur. Jy doen aansoek om gegewens van lisensie te verander, nuwe loopnr etc word op CAR stelsel gelaai en jou kaartjie met nuwe besonderhede word uitgereik. Dan kan jy jou geweer gaan haal.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Loop vervang
Posted: Fri Aug 30, 2019 9:51 am
by Forester
Gian_dP wrote:Jy doen aansoek om gegewens van lisensie te verander
Hier is waar dit fout gaan en lank vat...
Re: Loop vervang
Posted: Fri Aug 30, 2019 9:53 am
by LoopSoosStroop
Gian_dP wrote:LoopSoosStroop wrote:Dankie Pinkes
Hoe verskil die proses as jy reeds 'n geweer besit wat jy wil verander? Kan hy ook op dealer stock gesit word en dan soos 'n aksie behandel word?
Jy doen aansoek om wapen te verander, met verslag van geweersmit.
Dan kry jy toestemming om wapen te verander(nuwe loop en/of nuwe "dopvorm" bv 243 na 6XC).
Geweersmit doen werk, gee verslag deur. Jy doen aansoek om gegewens van lisensie te verander, nuwe loopnr etc word op CAR stelsel gelaai en jou kaartjie met nuwe besonderhede word uitgereik. Dan kan jy jou geweer gaan haal.
Dankie Gian, maar daardie is mos nou die proses wat moeilikheid gee huidiglik, en soos ek verstaan is die proses wat Pinkes hier bo noem bietjie makliker. Wil sien of dit moontlik is met 'n bestaande gelisensieerde aksie/geweer.
Re: Loop vervang
Posted: Fri Aug 30, 2019 10:04 am
by Gian_dP
LoopSoosStroop wrote:Gian_dP wrote:LoopSoosStroop wrote:Dankie Pinkes
Hoe verskil die proses as jy reeds 'n geweer besit wat jy wil verander? Kan hy ook op dealer stock gesit word en dan soos 'n aksie behandel word?
Jy doen aansoek om wapen te verander, met verslag van geweersmit.
Dan kry jy toestemming om wapen te verander(nuwe loop en/of nuwe "dopvorm" bv 243 na 6XC).
Geweersmit doen werk, gee verslag deur. Jy doen aansoek om gegewens van lisensie te verander, nuwe loopnr etc word op CAR stelsel gelaai en jou kaartjie met nuwe besonderhede word uitgereik. Dan kan jy jou geweer gaan haal.
Dankie Gian, maar daardie is mos nou die proses wat moeilikheid gee huidiglik, en soos ek verstaan is die proses wat Pinkes hier bo noem bietjie makliker. Wil sien of dit moontlik is met 'n bestaande gelisensieerde aksie/geweer.
Die proses is basies dieslefde-aansoek om geweer te bou of aansoek om bestaande geweer te verander. Bestaande geweer is reeds op CFR stelsel gelaai as 'n volledige geweer-aksie plus loop. Nuwe bouprojek is beide aksie en loop op CFR stelsel as aparte komponente geregistreer. Jou aansoek om te bou " link" aksie en loop nou as 'n nuwe volledige geweer.
Met die hofbevel dink ek die probleme tov loopvervanging behoort beter te wees.
Re: Loop vervang
Posted: Fri Aug 30, 2019 10:31 am
by LoopSoosStroop
Probleem is dat ek dink die slimkoppe by CRF dit nie as "basies dieselfde" sien nie. As jy 'n geweer van scratch af bou is dit mos meer logies vir hulle as wanneer jy nou 'n bestaande een wil verander?
So wat ek eintlik wil weet is of 'n geweersmid 'n bestaande geweer kan "split", en dan die aksie alleen op sy boeke kan registreer? Dan as mens begin bou en aansoek doen is dit asof jy met 'n "nuwe" geweer begin, en jy volg Pinkes se proses hier bo genoem.
Re: Loop vervang
Posted: Fri Aug 30, 2019 10:55 am
by RugerBoy
Ons sal so hoop dat die proses nou makliker sal gaan. Die probleem is daar word nie SAP 350 gedoen nie, of nie gereeld nie nie. Soos ek verstaan moet die wapen eers op die GS se boek le voor hy mag aansoek doen vir Loop verandering. Dis waar dit tyd vat. Daar is laasmaand n brief uit wat GS toegang gee to Law Trust en dit kan nou elektronies gedoen word. Dis hoe ek dit verstaan. Ek weet ook nie meer wat om te glo nie.
Re: Loop vervang
Posted: Fri Aug 30, 2019 11:21 am
by Capt. Yoda
LoopSoosStroop wrote:Probleem is dat ek dink die slimkoppe by CRF dit nie as "basies dieselfde" sien nie. As jy 'n geweer van scratch af bou is dit mos meer logies vir hulle as wanneer jy nou 'n bestaande een wil verander?
So wat ek eintlik wil weet is of 'n geweersmid 'n bestaande geweer kan "split", en dan die aksie alleen op sy boeke kan registreer? Dan as mens begin bou en aansoek doen is dit asof jy met 'n "nuwe" geweer begin, en jy volg Pinkes se proses hier bo genoem.
Nee daai kite gaan nie vlieg nie, maak dam maar n switch barrel
Re: Loop vervang
Posted: Fri Aug 30, 2019 3:55 pm
by Andre308
Capt. Oblivious wrote:LoopSoosStroop wrote:Probleem is dat ek dink die slimkoppe by CRF dit nie as "basies dieselfde" sien nie. As jy 'n geweer van scratch af bou is dit mos meer logies vir hulle as wanneer jy nou 'n bestaande een wil verander?
So wat ek eintlik wil weet is of 'n geweersmid 'n bestaande geweer kan "split", en dan die aksie alleen op sy boeke kan registreer? Dan as mens begin bou en aansoek doen is dit asof jy met 'n "nuwe" geweer begin, en jy volg Pinkes se proses hier bo genoem.
Nee daai kite gaan nie vlieg nie, maak dam maar n switch barrel
Ook nie so maklik nie.
n Loop kan beskryf word as bv n 7mm Barrel blank of as n 7mm Rifle barrel of n Barrel rifle (7mm rem mag).
Xmm Barrel blank en Xmm Rifle Barrel moet jy toestemming vra om om te mag bou. Dit is n loop sonder n kamer in gesny.
Barrel rifle met n kaliber naam is n loop wat vervaardig is met n kamer en aksie draad. Hom kan jy met min moeite net koop, op jou naam sit en daar gaan jou switch barrel.
Groete
Re: Loop vervang
Posted: Wed Sep 18, 2019 9:56 am
by Rooies Scheepers
More,
sou n mens deur dieselfde probleme gaan sou ek net die aksie wou verander? Hou die loop.?