Kom ons glimlag bietjie
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Kom ons glimlag bietjie
Gawie sit in die klas. Juffrou vra die klas "daar is 3 voels op die draad een word doodgeskiet hoeveel is oor" ?
Gawie antwoord 'niks jufrou'. Juffrou se nee Gawie - 2 is oor !!! Gawie se ja ma die ander 2 het weggevlieg toe die een doodgeskiet word'. Juffrou se 'ek hou van die manier wat jy dink Gawie !!!
Gawie vra vir Juffrou kan ek 'n vraag vrae ?Juffrou se ja Gawie !!! Juffrou daar is 3 vroue elkeen het a icecream die een hap haar icecream die ander een suig dit die ander een lek dit - wie van hulle 3 is getroud ?
"Die een wat haar icecream suig" se juffrou. Gawie se nee juffrou die een wat 'n trouring aan haar vinger het is getroud - maar ek hou van die manier hoe jy dink juffrou...'
Egpaar sit met ‘n groot probleem. Die enigste manier om op ‘n Sondagmiddag hul huwelik in sy volheid te geniet, is deur hul seuntjie met ‘n groot suigstokkie op die balkon van hul woonstel uit te stuur, met die versoek dat hy oor die omgewing, bure en straataktiwiteite moet rapporteer. Die knaap begin sy kommentaar terwyl Pa en Ma hul plan van aksie in werking stel. “Daar word ‘n kar uit die parkeerterrein uitgesleep. ‘n Ambulans is nou net hier verby. Die Andersons het kuiergaste gekry. Marius het ‘n nuwe fiets. Dit lyk of die Standers besig is om te trek. Jason ry alweer op sy skateboard. “Na ‘n rukkie kondig hy aan: “Die Petoorse is besig met seks. “Geskok vlieg Ma en Pa regop in die bed en die pa vra versigtig: “Hoe weet jy hulle het seks, Boetie?” Die knaap antwoord: “Willie staan op hulle balkon met ‘n suigstokkie.”
Vrou aan haar man: “Liefie jy vang mos Saterdae vis?
Man: “Jip skat jy weet dan…”
Vrou: “Ok een van jou visse by die naam Hannah het gebel, sy is swanger!!”
Daai oomblik wanneer die vleis op die vuur is en jou mond begin water...
Voel julle vegetarians ook so as julle gras sny?
Ek was nou die aand saam met “die girls” uit nadat ek my man belowe het dat ek om middernag tuis sal wees. Maar die ure het vinnig verbygegaan, en die margaritas het net so maklik afgegaan. Om ‘n lang storie kort te maak: Ek is eers skuins voor drie daar weg. Toe ek by die voordeur ingaan, het die koekoekklok in die portaal drie keer gekoekoek en vertel dis drie-uur. Ek het vinnig gedink, besef my man sal waarskynlik nou wakker wees en ek wil tog nie nou ‘n woordewisseling met hom aanknoop nie. Ek het vinnig nog 9 koekoeks gemaak, want 9+3 = 12 en 12 is middernag.
Die volgende oggend sê hy ons sal die koekoekklok moet laat regmaak. “Hoekom?” vra ek. “Want laasnag het hy drie keer gekoekoek, en toe sê hy ‘o ’ en toe koekoek hy nog vier keer, maak keelskoon, koekoek nog vyf keer, giggel, val oor die koffietafel en poep kliphard.”
Wat is die verskil tussen Meisies / Vrouens ouderdom : 8 , 18, 28 , 38, 48, 58, 68 en 78
8 – Jy vat haar bed toe en vertel vir haar ‘n storie
18 – Jy vertel haar ‘n storie en vat haar bed toe
28 – Jy hoef haar nie ‘n storie te vertel om haar bed toe te vat
38 – Sy vertel vir jou ‘n storie en vat jou bed toe
48 – Sy vertel jou ‘n storie om die bed te vermy
58 – Jy bly in die bed om haar storie te vermy
68 – Om haar bed toe te vat is ‘n storie
78 – Watse storie? Watse bed? Wie is jy?
Blond vra vir baas:” is my toppie se cleavage te laag?”
Baas:” het jy borshare”?
Blond: “nee”
Baas:” dan is dit dalk bietjie laag…”
Een jaar koop ek vir my skoonma ‘n plot in die begraafplaas vir haar verjaarsdag…
Die volgende jaar koop ek niks.
Toe sy wil weet waar’s haar geskenk sê ek: “Maar ma het dan nog nie eens laasjaar s’n gebruik nie.
En toe baklei ons.
My vrou en ek kyk “Who Wants To Be A Millionaire” in die bed.
Ek draai na haar en vra: Wil jy liefde maak?’
Sy sê nee.
‘Is daai jou “final answer?”‘
Sy sê ja.
“Then I’d like to phone a friend!”, sê ek toe…
En toe baklei ons.
Ek vat my vrou Spur toe.
Die waiter vra wat ek wil hê.
“Ek sal rump steak neem, rare, asseblief.”
Hy vra of ek nie vir mal-koei bang is nie.
“Nee, sy kan self vir haar bestel wat sy wil hê.”
En toe baklei ons.
By on hoërskoolreunie kyk my vrou kort kort vir ‘n dronk ou wat alleen by ‘n tafel sit en drink.
Ken jy hom? vra ek
“Ja”, sug sy “Hy’s my ou kêrel. Hy het blykbaar begin drink net nadat ons destyds uitmekaar is, en sedertdien nog nie opgehou nie.”
“Magtag” sê ek, “Wie sou nou kon dink dat hy dit so lank sou vier?”
En toe baklei ons.
My vrou sit langs my terwyl ek kanale wissel op die tellie.
Sy vra: “Wat is op die TV?”
Ek sê: “Stof”
En toe baklei ons.
Saterdagoggend vroeg op. Wil gaan visvang maar toe ek uit die garage ry sous dit behoorlik. Ek sit die motorradio aan en hoor op die weervoorspelling dat dit heel naweek gaan storm.
Ek sluip toe maar terug in die huis in. Kruip styf agter mammie se blad in en fluister: “Die weer is bitter sleg daarbuite.”
“Ja,” antwoord sy, “en om te dink my simpel man het in die weer gaan visvang.”
En toe baklei ons.
Haar skimp dat sy iets blink, wat 0 tot 200 in 3 sekondes haal, vir ons huweliksherdenking wil hê…
Toe koop ek vir haar ‘n badkamerskaal.
En toe baklei ons.
Na aftrede wil ek gaan aansoek doen vir ouderdomspensioen. Ek vergeet my ID dokument by die huis. Die dametjie agter die toonbank is egter vriendelik en sê ek moet my hemp oopknoop. Toe sy my grys borshare sien sê sy dis genoeg bewys van my ouderdom en sy verwerk my aansoek.
Ek vertel my vrou van die insident.
Sy sê: “Plaas jy jou broek ook losgeknoop het dan kon jy ongeskikheidstoelae ook gekry het.”
En toe baklei ons.
My vrou staan kaal voor die spieël. Sy hou nie van wat sy sien nie, “Ek is oud en vet en vol selluliet en plooie. Ek het ‘n kompliment nodig.” Smeek sy. “Toe antwoord ek: “Daar’s niks met jou oë verkeerd nie skat!”

Last edited by FHM on Wed Aug 28, 2019 10:51 am, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2148
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Kom ons glimlag bietjie
Jan gaan dokter toe en kla oor sy drome. Hy is moeg as hy smorrens op moet staan. Hy droom oor rotte wat sokker speel. Die dokter skryf pille voor en sê hy moet dit sommer van vanaand af drink. Hy vra of hy nie maar môre kan begin nie, dis vanaand die eindstryd.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13571
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Kom ons glimlag bietjie
FHM wrote:
Egpaar sit met ‘n groot probleem. Die enigste manier om op ‘n Sondagmiddag hul huwelik in sy volheid te geniet, is deur hul seuntjie met ‘n groot suigstokkie op die balkon van hul woonstel uit te stuur, met die versoek dat hy oor die omgewing, bure en straataktiwiteite moet rapporteer. Die knaap begin sy kommentaar terwyl Pa en Ma hul plan van aksie in werking stel. “Daar word ‘n kar uit die parkeerterrein uitgesleep. ‘n Ambulans is nou net hier verby. Die Andersons het kuiergaste gekry. Marius het ‘n nuwe fiets. Dit lyk of die Standers besig is om te trek. Jason ry alweer op sy skateboard. “Na ‘n rukkie kondig hy aan: “Die Petoorse is besig met seks. “Geskok vlieg Ma en Pa regop in die bed en die pa vra versigtig: “Hoe weet jy hulle het seks, Boetie?” Die knaap antwoord: “Willie staan op hulle balkon met ‘n suigstokkie.”
hahahaha
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Kom ons glimlag bietjie
Komaan manne - las biejie julle bestes aan hierso 
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- PaulM
- Hero Member

- Posts: 881
- Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm
Re: Kom ons glimlag bietjie
Verskoon die Ingils......
'A Mexican was on television with British TV host Anne Diamond when he used the word "mañana" (pronounced “manyana”).
Diamond asked him to explain what it meant. He said that the term means: "Maybe the job will be done tomorrow, maybe the next day, maybe the day after that. Or perhaps next week, next month, next year. Who really cares?"
The host turned to a South African who was also on the show, and asked him if there was an equivalent term in his home language.
He replied: "In Africa, we do not have a word to describe that degree of urgency."'

PaulM
Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Kom ons glimlag bietjie
Driving on a rural road, I picked up an old hicht-hiker. It was obviously his first trip in a modern vehicle. He inquired about all the gadgets and their function.
He noticed a bottle of wine in the car. I told him I got the wine for my wife. He slowly nodded his head and said "good trade,good trade".

- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1486
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Kom ons glimlag bietjie
Piet leen elke dag ou Mike se lip ice by die werk. Eendag vererg Mike homself en vra hoekom Piet dan elke dag sy lip ice moet leen. Piet sê "ek het aambeie en ek bly myne by die huis vergeet"
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Kom ons glimlag bietjie
AAG NEE f@kt!Eduard Venter wrote:Piet leen elke dag ou Mike se lip ice by die werk. Eendag vererg Mike homself en vra hoekom Piet dan elke dag sy lip ice moet leen. Piet sê "ek het aambeie en ek bly myne by die huis vergeet"
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Chris Roux
- Newbie

- Posts: 47
- Joined: Tue Apr 12, 2016 4:20 pm
Re: Kom ons glimlag bietjie
Toe ons grassnyer breek hou my vrou aan kerm en kla dat ek die ding moet laat regmaak. Maar ek is 'n besige man en daar is net altyd belangriker goed om te doen. Soos rugby en krieket op die tellie. My boot wat moet reggemaak word. Visvang ens... Tot sy eendag slim word en probeer om haar punt te maak. Toe ek by die huis kom is sy besig om die gras met haar kombuissker te knip.
Ek het lank na die poging staan en kyk. Toe gaan haal ek maar 'n tandeborsel en sê vir haar: "As jy klaar is kan jy sommer die oprit ook vee."
Die dokter sê ek sal weer kan loop, maar gaan 'n permanente waggel in my stappie hê.

Ek is jagter, ek het my siel in die bos verloor. - Appel
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Kom ons glimlag bietjie
Koos het 'n afspraak by die haarkapper en stap presies 3-uur by die salon in, want hy is 'n man wat altyd betyds is.
Haarkapper: "Jislaaik, jy is presies op tyd, net soos George"
Koos: "Wie is George?"
H:" George was 'n ou wat altyd alles reg en perfek gedoen het. Soos jy nou presies 3-uur hier ingestap het was George altyd stiptelik en altyd hoflik en altyd netjies"
K:"Ja, maar almal het tog maar iewers 'n tekortkoming of twee"
H:" Nie George nie, nee, hy was 'n uitstekende atleet, rugbyspeler en tennisster met 'n gespierde liggaan om van te droom. Hy kon opera sing wat Frank Sinatra na 'n amateur laat klink het en dan kon hy boonop homself op die klavier begelei. Nee George was fantasties."
K:"Klink my hy was regtig 'n merkwaardige ou."
H:" Baie merkwaardig. Hy het 'n brein soos 'n computer gehad. Hy het almal se verjaarsdae en huweliks herdenkings onthou. Hy was 'n wynkenner en fynproewer van formaat met die mooiste tafelmaniere ooit.
Verder kon hy enige ding op aarde regmaak, nie soos ek wat net probeer om die stoof se fuse te vervang en dan die hele buurt se krag laat trip nie.
Nee ou George kon net niks verkeerd doen nie"
K:"Ja-nee wragtag, jy kry nie baie sulke mense nie
H:" Jy weet, hy het die gawe gehad om nooit in die verkeer vas te sit nie. Hy het altyd die korste en vinnigste roete gery, sonder om ooit in 'n verkeersknoop te beland. Ek, aan die anderkant, land elke bleddie dag in 'n trafic jam. George het net nie foute gemaak nie, en hy kon 'n vrou bederf en laat goed voel! Al is sy verkeerd het hy nooit teegepraat of geargumenteer nie. Kyk, meer perfek as George kan jy nêrens kry nie"
K:" Ongelooflik, hoe het jy hom ontmoet?"
H:" Nee ek het nooit die voorreg gehad om vit George te ontmoet nie. Hy is 'n paar jaar gelede oorlede...
en ek het met sy d****rse weduwee getrou!"

- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Kom ons glimlag bietjie
so 2 aande terug hoor ek my vrou gee my klong gas oor iets. ...5 min later weer ....5min later weer.
ping kom die boodskap op my foon deur van hom af.....sê vir mamma sy moet nie so knorrig wees nie.....
sy vra hoekom ek so lag en ek wys haar ...world war 6 toe.

- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3140
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Kom ons glimlag bietjie
Last edited by Chevvy SS on Wed Aug 28, 2019 4:21 pm, edited 1 time in total.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Kom ons glimlag bietjie
Ruaan, jy het my nou lekker laat lag. Selfs my vrou het geglimlag.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Kom ons glimlag bietjie
Mariustripodmvr wrote:Ruaan, jy het my nou lekker laat lag. Selfs my vrou het geglimlag.
Glimlag sy dan moeilik?
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Kom ons glimlag bietjie
Lekker lag ek nou.
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: Kom ons glimlag bietjie
Amerikaner, Engelsman en Boer sit en drink n dop. Later begin die Amerikaner te spog oor die USA se hoë gebou. Hy sê die geboue is so hoog die Boeings kan nie oor hulle vlieg nie, maar moet tussen hulle deurvlieg. Die Engelsman voel na sy 7de jennefirtjies hy kan ook maar spog oor die brue wat se hoog is in Brittanje. Hy sê as n kar van die brug af ry, neem dit so 12 sekondes voor hy in die rivier val. Die Boer sê niks. Later por hulle hom aan om iets oor RSA te sê. Later stem hy in en hy sê hy het 'n pêl op Alldays wat se peekster so lank is en dit raak raak so aan sy kniekop. Hule drink nog n paar dope..
Later sê die Yank hy voel nou skuldig want hy het regtig baie gelieg. Hy sê die vliegtuie vlieg darem nie regtig tussen die geboue deur nie. Hulle vlieg wel bo-oor maar die geboue is regtig hoog. Dadelik sê die Engelsman hy voel ook nou sleg want die brue is nie regtig so hoog nie. Dit neem net so 2 sekondes vir n kar om die water te slaan onder die brug sou die kar van die brug afry.
Albei kyk vir die Boerseun met sy brannas. Die Boer sê niks. Later smeek hulle hom om te erken dat hy ook so bietjie aangedik en gelieg het oor sy pêl met die groot meneer. Na hy redelik gatvol vir hulle is sê hy: "Ja Ok, my pêl bly nou nie IN Alldays nie"

CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Kom ons glimlag bietjie
Hansieslim wrote:Amerikaner, Engelsman en Boer sit en drink n dop. Later begin die Amerikaner te spog oor die USA se hoë gebou. Hy sê die geboue is so hoog die Boeings kan nie oor hulle vlieg nie, maar moet tussen hulle deurvlieg. Die Engelsman voel na sy 7de jennefirtjies hy kan ook maar spog oor die brue wat se hoog is in Brittanje. Hy sê as n kar van die brug af ry, neem dit so 12 sekondes voor hy in die rivier val. Die Boer sê niks. Later por hulle hom aan om iets oor RSA te sê. Later stem hy in en hy sê hy het 'n pêl op Alldays wat se peekster so lank is en dit raak raak so aan sy kniekop. Hule drink nog n paar dope..
Later sê die Yank hy voel nou skuldig want hy het regtig baie gelieg. Hy sê die vliegtuie vlieg darem nie regtig tussen die geboue deur nie. Hulle vlieg wel bo-oor maar die geboue is regtig hoog. Dadelik sê die Engelsman hy voel ook nou sleg want die brue is nie regtig so hoog nie. Dit neem net so 2 sekondes vir n kar om die water te slaan onder die brug sou die kar van die brug afry.
Albei kyk vir die Boerseun met sy brannas. Die Boer sê niks. Later smeek hulle hom om te erken dat hy ook so bietjie aangedik en gelieg het oor sy pêl met die groot meneer. Na hy redelik gatvol vir hulle is sê hy: "Ja Ok, my pêl bly nou nie IN Alldays nie"
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Kom ons glimlag bietjie
Twee ou tantes, Miemie en Sannie, sit op ’n
bankie buite die stadsaal, waar ’n blommeskou
aan die gang is.
“Die lewe is so vervelig,” sê Miemie. “As jy
my R50 gee, sal ek my klere uittrek en kaal
deur daai blommeskou nael.”
“Ek dare jou!” hits Sannie haar aan en haal ’n
R50-noot uit haar handsak.
Miemie begin stadig uittrek tot sy poedelnakend
staan. Toe nael sy, so vinnig as wat ’n
ou tannie dit kan doen, by die blommeskou in.
Buite hoor Sannie ’n groot lawaai in die saal
losbars, gevolg deur luide applous en ’n skril
gefluit.
Eindelik kom Miemie weer te voorskyn en
sy glimlag van oor tot oor.
“Wat het gebeur?” vra Sannie.
“Ek het R2 000 gewen vir die beste droë
rangskikking.”
bankie buite die stadsaal, waar ’n blommeskou
aan die gang is.
“Die lewe is so vervelig,” sê Miemie. “As jy
my R50 gee, sal ek my klere uittrek en kaal
deur daai blommeskou nael.”
“Ek dare jou!” hits Sannie haar aan en haal ’n
R50-noot uit haar handsak.
Miemie begin stadig uittrek tot sy poedelnakend
staan. Toe nael sy, so vinnig as wat ’n
ou tannie dit kan doen, by die blommeskou in.
Buite hoor Sannie ’n groot lawaai in die saal
losbars, gevolg deur luide applous en ’n skril
gefluit.
Eindelik kom Miemie weer te voorskyn en
sy glimlag van oor tot oor.
“Wat het gebeur?” vra Sannie.
“Ek het R2 000 gewen vir die beste droë
rangskikking.”
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
WILLEBEES
- Sr. Member

- Posts: 370
- Joined: Thu Aug 22, 2013 11:54 am
Re: Kom ons glimlag bietjie
I'm not saying people from Brakpan have bad teeth. But a lady in Tops this morning smiled next to the bar code scanner and it rang up a bottle of Klipdrift...
Taurus .357 Magnum 4"
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A
Sola Gratia ~ Deur genade alleen