Page 1 of 1

Wapen winkels in Midrand/Johannesburg

Posted: Thu Nov 17, 2011 9:52 am
by pietjacobs
More almal,

Ek koop altyd maar in Pretoria by die wapen winkels, maar werk in Midrand. Waar in Midrand/JHB is daar 'n lekker winkel waar 'n mens sommer gou in jou lunch tyd kan besoek om punte, doppe, ens te gaan koop?

Dankie,
Piet

Re: Wapen winkels in Midrand/Johannesburg

Posted: Thu Nov 17, 2011 10:05 am
by immelmanw
Daar is n hele paar,JHB,
Kruitvat
Kalahari arms
The store - sniper
Henry by twin bore
Jy kan ook op google intik, gunshops, south africa, jy kry dan n elle lang lys. Ek sal kyk as ek terug is by die kantoor of ek dit kan post.

Groete

Re: Wapen winkels in Midrand/Johannesburg

Posted: Thu Nov 17, 2011 10:09 am
by pietjacobs
Dankie Immelmanw,

Waardeer jou terugvoer. Ek sal daai name gaan google.

Groete,
Piet

Re: Wapen winkels in Midrand/Johannesburg

Posted: Thu Nov 17, 2011 1:21 pm
by Monrique (SJ)
Piet

S&O is sommer naby indien jy n Saterdag uitstappie wil maak. Daar kan jy als kry, glo ek!


Groetnis

Re: Wapen winkels in Midrand/Johannesburg

Posted: Thu Nov 17, 2011 2:06 pm
by SV MAD (Henk)
Werk en bly ook in Midrand, voel of daar niks daar en in noorde van JHB is nie...

Re: Wapen winkels in Midrand/Johannesburg

Posted: Thu Nov 17, 2011 2:09 pm
by VdWalt
Noorde is maar skraal - Kolskoot is daar maar die res is meer Wesrand en Alberton se kant toe.

Re: Wapen winkels in Midrand/Johannesburg

Posted: Thu Nov 17, 2011 2:10 pm
by pietjacobs
SV MAD wrote: Werk en bly ook in Midrand, voel of daar niks daar en in noorde van JHB is nie...
Daai is so waar SV. Ek het nou gekyk, daar is nie een winkel hier naby waar jy net gou kan ry en 'n pakkie punte of iets gaan koop nie. Sal maar my shopping moet doen op Saterdae, aih....

Re: Wapen winkels in Midrand/Johannesburg

Posted: Thu Nov 17, 2011 2:19 pm
by SV MAD (Henk)
Guthries is daar, maar ek koop nie eintlik daar nie, bietjie duur. Hulle het lekker skietbaan vir handwapens en die paar skote met jou roer/haelgeweer.

Dink dit was R75 vir 'n skiet sessie