Page 1 of 1

MTC Viper 4-16x50 iR- toets voorstelle?

Posted: Thu Nov 17, 2011 9:34 am
by James Wilson
ek kombineer sommer nou 2 topics hier.  ek het n Viper gekoop en wil hom toets, en dan wil ek sommer  ook weet wat sal julle wil sien wat moet alles getoets word as n mens enige scope toets en daaroor verslag doen?

1-Helderheid
2-betroubaarheid
3-prys
4-diens
5-waarborg
6-voorkoms
7-grote/gewig
8-verstelbaarheid
9-nagvermoe
10-gemak van teiken sig (target acquisition)

wat sal julle nog voorstel moet n scope toets nog uit bestaan?

Re: MTC Viper 4-16x50 iR- toets voorstelle?

Posted: Thu Nov 17, 2011 10:48 am
by James Wilson
dankie, gaan gou oplees

Re: MTC Viper 4-16x50 iR- toets voorstelle?

Posted: Thu Nov 17, 2011 6:25 pm
by Neels
Jagbehep.

Ek lees baie keer die stelling hier op die forum dat 'n goeie teleskoop sy Zero moet hou.Nou my baie dom vraag. Hoe word dit bepaal ?

Groete
Neels

Re: MTC Viper 4-16x50 iR- toets voorstelle?

Posted: Fri Nov 18, 2011 9:24 am
by James Wilson
wat ek reeds kan se van die scope is dat dit wat die scope beweer om te wees menende 4-16x50 blyk korrek te wees. ek het na n voel in n boom gekyk op 324m(volgens rangefinder).  ek kon die voel posetief en maklik identifiseer as n geelbors houtkapper.  ek het gistermiddag die scope gaan toets vir wat ek dink die eerste/belanrikste beginsel is nl groepering.  dit was n eenvooudige toets en wou ek bloot sien dat ek dieselfde groep of beter skiet as met my vorige scope. dit was dan ook so.

dit is my eerste scope wat  nie net bloot n kruis het nie maar soos in die geval van die Viper n christmas tree kruis. ek sien sommer dat ek die "besige" kruis sal moet gewoond word. ek sien egter uit daarna om die potensiaal van die kruis te kan benut. teen die tyd wat ons opgepak het was dit donker en het ek so bietjie deur die scope na n paar voorwerpe  gekyk. lekker helder. die verligte kruishaar is ook iets nuut vir my en moet ek se die scope het 11 verstellings van helderheid.  nou ja miskien is ek die verligte kruishaar nog netnie gewoont nie, maar dit het my baie gepla, al sit ek die helderheid verstelling op sy laagste.  nou ek weetnie wat om van dit te dink nie, maar die scope was in elke geval so helder dat ek die kruis sonder dat hy aan was baie duidelik kon sien.

die eersteding wat n mens opval van die scope is sy indrukwekkende voorkoms. dit lyk sommer soos n ding wat sal werk.  die scope het n 30mm tube, het groot en growwe stelknoppe en die scope self is groot. ek skiet tans met die skadu pyp op, maar ek glo  ek gaan dit later afhaal.




ek skryf maar soos ek elke ding ondervind. nou nie n profesionele toetser nie. ek sal nadat ek voel ek die scope nou aan genoeg blootgestel het n opsomming van my ondervinding gee.  intussen moet julle maar voorstelle maak.

Re: MTC Viper 4-16x50 iR- toets voorstelle?

Posted: Fri Nov 18, 2011 9:32 am
by Rooies
James

Hoor n bq by Jason, ek weet hy skiet ook met so n scope en praat net goed van hom.

Re: MTC Viper 4-16x50 iR- toets voorstelle?

Posted: Fri Nov 18, 2011 9:35 am
by James Wilson
Rooies, ek sal dit doen.  of kom ek se ek wou dit al doen. maar ek sien hy is omtrent nooit op die forum nie. ek was saam met hom op my eerste jakalskursus.  ek sal hom probeer in die hande kry.

Re: MTC Viper 4-16x50 iR- toets voorstelle?

Posted: Mon Dec 05, 2011 9:57 am
by James Wilson
nadat my scope net n paar dae op die geweer was het hy n baie harde stamp gekry(http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... 104379#new).
soveel so dat die scope skeef gesit het in die ringe. ek het die scope van vooraf gemonteer, en toe weer gaan instel. die scope het maklik weer gestel tot waar ek hom wil zero.  ek het toe heen en weer gestel om te kyk of die scope stel soos wat die clicks impliseer. geen probleem.  ek het 2 groeperings geskiet en albei was soos voor die scope gestamp het en ook soos met my vorige scope. dit wil dus voorkom of die geweldige stamp wat die scope gekry het, geen invloed gehad het nie.

ek beplan om hier oor Des so 5 uur in die oggende op n plaas of 2 te gaan stap met die geweer(308). dan sal ek met 180gr(vlakvarke) skiet sonder die kd, want dis bebos en behoort ek  nie skote verder as 80 tree te kry nie. ek wil ook baie jakkalse skiet in die nag en daarvoor gebruik ek 110grn met die kd. nou verskil die impak punt van die 180grn  en die 110grn met die kd op, so duim en n half op 100yards. maar sonder die kd skiet die 180grn so laag dit mis die teiken.  ek maak toe die som en sien ek moet die scope 34clicks opstel as ek wil he die 180grn moet zero op 100yards. die eerste skoot wat ek skiet sit die skoot ook toe baie mooi in die senter.  ek sit toe die kd terug en bring weer die scope 34 clicks af na zero toe. ek skiet toe weer met die 110grn en daar is die impak weer net waar dit was voordat ek die verstellings begin maak het. ek doen toe hierdie verstelling met die 180grn sonder kd en dan weer die 110grn met die kd n paar keer en sonder uitsondering skiet die geweer elke keer waar dit veronderstel is om te skiet.

die scope se verstellings kan elke keer gezero word soos wat jy dit nodig vind. ek weet dus in die more moet die 180grn sonder kd moet my scope op 34 clicks "up" wys, en in die aand moet hy op 0 staan. op die oomblik het dit in teorie en op die skietbaan so gewerk maar ek sal as deel van die toets kyk of ek dit in praktyk so reg kry.

op die oomblik sal ek graag wou sien dat die scope se stofklappe wat as semi-permanent op die scope gemount is, op n manier kon lock as hulle in die oop posissie is. dit sal voorkom dat die klappe beskadig of dat dit per ongeluk toeval as jy beweeg en dan as jy skielik moet skiet is jou scope toe.  ek het dit nognie ondervind nie, maar lyk dit vir my moontlik dat so iets kan gebeur. ek sal dit maklik oorkom deur bloot 2 bankrekkies permanent op die scope se  2 punte te los en as ek die klap oop maak dan hak ek bloot die rekkie oor.

Re: MTC Viper 4-16x50 iR- toets voorstelle?

Posted: Fri Dec 09, 2011 10:22 am
by James Wilson
ek het nou met die nuwe scope 3 varke en 1 jakkals geskiet.  het gisteraand gaan roep maar geen sukses.  ek kon wel op n steenbok posetief id wat in die gras gele het. ek skat die bok was so 250 tree ver. ek het n paar keer deur die scope gekyk met die verligte kruishaar aan.  ek moet se ek weet nie of dit n opsie is wat ek sal gebruik nie, dit is asofmy oog fokus op die kruis en nie op die teiken nie, en al is die verligting op sy minste gestel is dit nog steeds baie helder.
[img width=560 height=420]http://i775.photobucket.com/albums/yy34 ... C00479.jpg[/img]

Re: MTC Viper 4-16x50 iR- toets voorstelle?

Posted: Mon Mar 19, 2012 6:47 am
by johan1
Eks nogal bly oor die goeie terugvoer van die viper, het hom vrydag daar in n winkel staan en beloer en dit het vir my gevoel of hy lekker kan werk

Re: MTC Viper 4-16x50 iR- toets voorstelle?

Posted: Mon Mar 19, 2012 7:29 am
by Roger
Ek het ook die MTC Viper 4-16x50 iR op my .308 en ek moet se, die ranging is goed. Overall n goeie scope, net nie vir my nie. Verkies fixed parallax.

Gaan terug Lynx toe.

Maar great op my PCPs.

Roger!

Re: MTC Viper 4-16x50 iR- toets voorstelle?

Posted: Mon Mar 19, 2012 8:01 am
by James Wilson
johan daar is n opsie om direk by die verspreiders te koop.