Page 1 of 1

'VISSERVROUE'

Posted: Thu Nov 17, 2011 8:06 am
by Vriendin
Ek hoor nou die dag op RSG dat die radio-omroeper s? hy het nie besef dames hengel ook nie?  Kan dit waar wees?  Ek sal graag wil hoor hoeveel van ons spesie geniet hengel, hetsy klub of sosiaal, of net vir pure ontspanning (soos ek).  My pa het my van kleintyd af saamgevat viswaters toe ..... my broers het nie belanggestel nie - meisies was hulle prioriteit op daai stadium.  My ma het altyd saamgegaan ..... as die kok  ;D 

Re: 'VISSERVROUE'

Posted: Thu Nov 17, 2011 10:24 am
by pietjacobs
Hi Mona,

My vrou hengel altyd saam met my en ek sal jou se ek moet partykeer regtig baie effort insit of sy sit my ore aan en dit gebeur nou maar so nou en dan  ;D Sy jag ook saam met my.

Dis lekker as 'n mens se beter helfte die dinge saam met jou doen

Groete,
Piet

HENGELDOEDIES

Posted: Fri Nov 18, 2011 8:27 am
by Vriendin
pietjacobs wrote: Hi Mona,

My vrou hengel altyd saam met my en ek sal jou se ek moet partykeer regtig baie effort insit of sy sit my ore aan en dit gebeur nou maar so nou en dan  ;D Sy jag ook saam met my.

Dis lekker as 'n mens se beter helfte die dinge saam met jou doen

Groete,
Piet
Dis waar Piet - en die kwaliteit tyd wat mens saam spandeer by die viswaters ...... daar is niks wat daarby kom nie.  Ons doen dit gereeld en die volwasse kinders en hulle gades geniet dit om saam te kom .... al is dit net vir die dag.  Die lekkerste lekker!

VISSER-VROUE

Posted: Fri Nov 18, 2011 8:29 am
by Vriendin
Ek moes eintlik die 'subject' hengeldoedies gemaak het ....visservroue klink bietjie .......

Re: 'VISSERVROUE'

Posted: Fri Nov 18, 2011 8:43 am
by henried
Gou 'n storie....

Ons was een jaar by Sanlameer, elke oggend so 5:00 is ek uit na "Center Rock" om shad te vang en dan een te slide.

Een oggend terwyl ek af pak sien ek, wat toe lyk soos 'n ou oom" verby stap. By die hek, voor jy op die strand gaan, het 'n ou tannie gestaan. Sy vra in haar hoog engels of ek shad gaan vang en of sy saam kan stap.

Sy was 65, een of ander skrywer, haar boekke is voorgeskrewe werk in die skole. Ons het vir 'n week saam visgevang. As sy klaar haar 5 shad gevang het, het sy haar tee en broodjies ge-eet, bietjie gesels en dan geloop.

Een oggend, soos die son opkom, s? sy vir my.

"My man verstaan nie dat ek 5:00 opstaan om te kom visvang nie"

Ek het net gelag, wat my vrou vra ook altyd dieselfde vraag.