Page 1 of 2

rooikat mannetjie. 14kg

Posted: Wed Nov 16, 2011 11:18 pm
by fiela
Ek het nie in die dag geroep nie, maar raakgeloop toe ek skape bymekaar maak.
Ek probeer ook nou maar net om n foto op te laai.

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Posted: Wed Nov 16, 2011 11:54 pm
by Theo E
Lucky one
Mooi fiela

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Posted: Thu Nov 17, 2011 1:40 am
by Dawid
Mooiso Fiela dis amper n opstop size daai, mooi grote

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Posted: Thu Nov 17, 2011 6:54 am
by Dirkie
Fiela,

netjiese kat daai. Mannetjie of n wyfie?

Groetnis

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Posted: Fri Nov 18, 2011 7:34 am
by fiela
Dankie manne

Dis n mannetjie. Ek het hom by ou gate gekry so uur voor sononder. Weet nie of hy daar wegkruip bedags en of hy op soek was na n stukkie kos nie.

Geniet julle Vrydag. Hoop die reen kom!!!

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Posted: Fri Nov 18, 2011 4:29 pm
by Andr? Gous
Ek het vandag gehoor van n rooikat van 49 kg.Foto is glo op die ou se selfoon.
Ek het nog nooit gehoor van so n groot rooikat nie.Ek gaan die foto probeer kry en opsit.
Dit is seker maar weer een van daai gekookte foto.s
As dit waar is hou ek vanaand ophou jag.Hy sal jou opvreet.
Dit kan seker ook n luiperd wees wat een of ander jafel bruin geverf het.

Ek gaan vanaad weer n sal uit om iets te probeer kry.Is maar redelik moedeloos want laaste 2 keer niks gekry nie.
Hoop maar vir die beste.Lyk my ek kan nie meer jakkies skiet nie.
As ek vanaand nie iets kry nie gaan ek more aand n jakkie teiken op sit en maak of ek hom ingeroep het.
SPOT SOMMER.          Groete Gous                                         

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Posted: Fri Nov 18, 2011 4:58 pm
by Gerhard
Andr? Gous wrote: Ek het vandag gehoor van n rooikat van 49 kg.Foto is glo op die ou se selfoon.
Ek het nog nooit gehoor van so n groot rooikat nie.Ek gaan die foto probeer kry en opsit.
Dit is seker maar weer een van daai gekookte foto.s
As dit waar is hou ek vanaand ophou jag.Hy sal jou opvreet.
Dit kan seker ook n luiperd wees wat een of ander jafel bruin geverf het.

Ek gaan vanaad weer n sal uit om iets te probeer kry.Is maar redelik moedeloos want laaste 2 keer niks gekry nie.
Hoop maar vir die beste.Lyk my ek kan nie meer jakkies skiet nie.
As ek vanaand nie iets kry nie gaan ek more aand n jakkie teiken op sit en maak of ek hom ingeroep het.
SPOT SOMMER.          Groete Gous                                           
Kyk,

Daai rooikat sal n luiperd n goeie fight gee...  :o  :o

Lekke skiet vanaand

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Posted: Fri Nov 18, 2011 9:36 pm
by fiela
Ja nee! Dit is soos die een ou wat my vertel het hoe goet hy kan jakkals roep!
Hy reken dat hy altyd binne 10min sommer so 8 jakkalse roep wat oral om die bakkie staan.
Dan is hy so goet dat hy eers die wyfies uitsoek en skiet en dan die mannetjies.
Sy laaste jakkals was 32kg!

Dis nou sulke mense wat ek jammer kry!!!

Gous- ek hoop jy kry iets. Ek sukkel nou al n week met n rooikat wat nie by die hok wil in nie. Ek kry elke more sy spore so 150m van die hok af en dis dit!
Jy of iemand dalk n plan vir my?

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Posted: Sat Nov 19, 2011 7:55 pm
by Andr? Gous
Fiela ek het nie vir jou raad nie.Ek wil graag  ook  n stelling maak.
Hier by ons kla al hoe meer manne hulle kry nie meer katte gevang in hokke nie.
Wat het verander of wat is die rede.Ons het hulle dan in die verlede redelik maklik in die hokke gekry.
Slagysters het nog sukses maar die hokke sukkel.
Voel my iets het verander of ons doen iets verkeerd.
HELP MET BIETJIE RAAD.

Groete Gous

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Posted: Sat Nov 19, 2011 11:53 pm
by visstok
Goeie naand manne, ek het n foto van n 30kg rooikat mannetjie en n 24kg wyfie op my foon, weet nie hoe om hulle te plaas nie maar kan hulle vir iemand email om te plaas. Ek het die katte self afgeneem en die gewigte is korek, maar moet se, dis mense se troeteldiere en is vrek vet! Glad nie groot nie. Lekker aand!

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Posted: Sun Nov 20, 2011 7:10 am
by fiela
Gous,
Ek weet ook nie wat verander het nie. Hulle het seker ook maar slim geword.
Ons moet maar net probeer om heeltyd een voor te bly! Sal later n foto opsit om te wys
hoe ek nou gestel het.

Visstok,
Dit maak n groot verskil as iets vet gevoer is. Net dieselfde soos beeste in die veld en n 1000kg vetgevoerde os! Kan nie vergelyk word nie.
Die swaarste kat wat ek al aan die skaal gehang het was 19kg. (wyfie met vier kleintjies nog binne) Andersins is die gemiddeld hier in die vlaktes so
13kg.    Moet se katte is groter en swaarder in plekke waar rante en berge is.
Stuur die fotos vir my, ek sal hulle vir jou opsit.  otto@eleo.co.za

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Posted: Sun Nov 20, 2011 11:30 am
by Chris101
HOU BIETJIE DIE SPASIE DOP 8) 8) 8) 8) 8)

Hoe sal julle se hoe swaar kan n rooikat word??????????

101

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Posted: Sun Nov 20, 2011 7:56 pm
by visstok
Goeie naand, het die foto`s vir jou gemail. Soos gese stem ek heeltemal saam dat daar n groot verskil is, die katte le heeldag rond, jag glad nie en eet elke dag hoender. Toe hulle my vertel van die 30kg mannetjie moes ek die ?reuse? kat sien, maar was erg teleurgesteld, die kat is glad nie groot nie, maar vrek vet en dis eintlik hartseur om so pragtige dier so te sien, die twee katte is soos die tanie se kinders. Groete visstok

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Posted: Mon Nov 21, 2011 5:34 pm
by Dirkie Burger
Goeie middag manne

Wil net bevestig ek het die rooikat van 48kg self gesien, is die heilige waarheid

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Posted: Mon Nov 21, 2011 5:42 pm
by Dirkie
Middag manne,

nou dat julle op die rooikat topic is..ek het verlede week n rooikat geskiet in n kamp,kan dit wees dat sy ma,pa of broer sus nog daar naby is,of loop hulle ma alleen? Dit was n redelike jong kat.

Groete

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Posted: Mon Nov 21, 2011 5:51 pm
by Dirkie Burger
Dirkie, ek glo nie hulle is so in 'n trop soos jakkalse nie (persoonlike opinie)
Hulle is maar diere wat alleen loop. Het al gehoor as jy hom in 'n yster of hok vang dat jy die hok/yster op dieselfde plek moet stel en jy sal weer sukses behaal.

Maar om 'n kat in te roep is 'n heel ander storie. Party aande baie vinnig, ander aande glad nie

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Posted: Mon Nov 21, 2011 5:54 pm
by Dirkie
Dankie,dalk moet ek maar n hok gaan stel naby waar ek die kat geskiet het en kyk of ek nie dalk op die manier sukses kan kry nie. Groete Dirkie

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Posted: Mon Nov 21, 2011 8:20 pm
by fiela
Visstk, ek het nognie die fotos gekry nie.

Dirkie, jy kan maar stel. Wil jou net se dat jy nie die hok te vinnig moet skuif of moed opgee nie.
        Ek het al een plek tot meer as drie weke gewag voor ek die kat gevang het.
Watse planne het jy om in die hok vir aas te gebruik?

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Posted: Mon Nov 21, 2011 11:26 pm
by Dirkie
Fiela,ek beplan om n springbok te skiet en sy pens so bietjie rond te sleep da by die hok en dan die pens agter die hok wat teen die bos staan te gooi. Het al gehoor dit werk lekker. Enige ander voorstele?

Groete Dirkie

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Posted: Tue Nov 22, 2011 6:57 am
by Chris101
Dirkie

Dan gaan jy so 90% n ystervark vang.
Rooikat is n prooidier nie aasdier.
Stukkie lang skaapwol hang in hok maak gereed nat met vars prooikat piee.
101

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Posted: Tue Nov 22, 2011 7:33 am
by Dirkie
Dankie oom Chris101 ek sal dit probeer.

Groete Dirkie

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Posted: Tue Nov 22, 2011 9:25 am
by Jassie
Chris101

Sal 'n huiskat se piee ook werk?

Groete
JAS

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Posted: Tue Nov 22, 2011 10:20 am
by Dirkie
Oom 101 waar kan ek van daai pee kry?


Groete Dirkie

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Posted: Tue Nov 22, 2011 10:06 pm
by fiela
Ek het ook aan die begin vleis gebruik Dirkie, maar soos die manne se: mens vang dan net ystervark. Het selfs al aardvark met skaaplewer gevang.
Daai rooikat pee op die wol klink na n wenner!

Ek het laaste rooikat in gelok met n jong rooikatjie in n tweede hok wat teenaan die vanghok staan. Al nadeel van dit is dat jy die katjie
moet kos gee. Glo my, dit raak n werk op sy eie!

Wil ook graag weet of huiskat se pee sal werk?

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Posted: Tue Nov 22, 2011 10:11 pm
by Dawid
Manne ekt gehoor jy van n rooikat onner n wip met n Bokkom........Ja dis reg , lag maar vir my, ons praat weer
Voer bietjie van die goed in daar van die Weskus af....Alle katte likes vis