Page 1 of 1
GPS VIR JAKKALS JAG
Posted: Wed Nov 16, 2011 5:37 pm
by cassie_calvinia
naandse manne
watse gps'se gebruik jul? of, laat ek so vra, wat het 'n mens nodig vir jak jag, en watse modelle is reg vir dit. wat kos die goed? hy moet seker kon plot, backtrack, bearinglyn, wat nog? hhoe bepaal jul hoe ver 'n jak skree met 'n gps?
Re: GPS VIR JAKKALS JAG
Posted: Thu Nov 17, 2011 8:15 am
by Geno
Ekself is in die mark vir 'n GPS, ek wil myne gebruik vir jakkalsjag sowel as op my boot, so hy moet Bluechart ook kan vat.
Wat se die kenners? Oom Piet Breedt?
Re: GPS VIR JAKKALS JAG
Posted: Thu Nov 17, 2011 8:26 am
by Gerhard
Dit hang maar baie af van wat jy wil spandeer.
As ek nou moes koop sou ek na die Garmin Etrex reeks gekyk het
http://www.garmin.co.za/prod_detail.php ... tegoryid=8
My Garmin is nou "ou" generasie maar werk baie goed en doen presies wat ek wil he hy moet doen...
Re: GPS VIR JAKKALS JAG
Posted: Thu Nov 17, 2011 8:27 am
by tripodmvr
Weet nie van algemene GPS wat beide vir land en water ontwerp is nie. Dit is egter moontlik as dit so opgestel is en die nodige SD kaarte met die inligting op gelaai word. Ek persoonlik het 'n ou Magellan wat goed werk vir jag. Garmin is eintlik die maatstaf deesdae. Hulle spesialiseer met sekere modelle. Gaan loer by Garmin.com
Re: GPS VIR JAKKALS JAG
Posted: Thu Nov 17, 2011 8:45 am
by Arno Pienaar
Ek gebruik n garmin en hy werk baie goed vir my ek kan plot en ek kan die bering lyn bepaal en hy is baie goedkoop R900
Re: GPS VIR JAKKALS JAG
Posted: Thu Nov 17, 2011 8:53 am
by Mac
Ek het 'n e-Trex summit wat net rond le sonder werk, asook 'n GPS V met oos kaap kaarte, maak maar 'n offer as jy wil. Ek self gebruik GPSmap 70, en 'n 60CSX
Re: GPS VIR JAKKALS JAG
Posted: Thu Nov 17, 2011 9:20 am
by Dawie D
Mac
Ek het vir jou n pm gesteur
Groete Dawie