Page 1 of 1

PARD NV008 Ondervinding?

Posted: Fri Aug 23, 2019 12:31 pm
by PaulM
Middagsê mense,

Ek sien Rudolph adverteer die PARD NV008 "Night Vision" Scope. Ek kyk al 'n geruime tyd na so iets,
en het gewonder of iemand dalk ondervinding met die PARD NV reeks het?

Volgens internet 'reviews' lyk dit na 'n aanvaarbare opsie.

Ek luister graag.

Wederom,

Re: PARD NV008 Ondervinding?

Posted: Wed Aug 28, 2019 1:46 pm
by KarooOutdoor Co.
Hi,

Die PARD NV007 werk baie goed volgens terugvoer en resensies wat ons al gekry het!

Jy kan hom wissel tussen gewere waar van toepassing.

Gaan kyk op die skakel 'n videogreep wat iemand van Tarkastad-omgewing geneem het:
https://karoooutdoor.com/products/pard- ... ion-add-on

Ook op KarooOutdoor se Facebook blad is daar videogrepe:
https://www.facebook.com/karoooutdoorcompany/

Laat weet indien jy meer inligting nodig het.

Groete,

KarooOutdoor Co.

Re: PARD NV008 Ondervinding?

Posted: Thu Aug 29, 2019 6:08 am
by EtienneA
Dagsê Paul

Ek het die Pard NV007 gekoop. Vir die prys wat jy vir hom betaal doen die "Chinaman" nie te sleg nie.

Groetnis

Etienne

Re: PARD NV008 Ondervinding?

Posted: Thu Aug 29, 2019 8:09 am
by PaulM
Dankie vir die terugvoer. Ek waardeer.

Re: PARD NV008 Ondervinding?

Posted: Thu Aug 29, 2019 8:21 am
by PWV
PaulM, het jy seker gemaak daai vlag wat so wapper is nie dalk haatspraak nie? :confused: :confused: >:+

Re: PARD NV008 Ondervinding?

Posted: Thu Aug 29, 2019 8:27 am
by PaulM
Oom PW,

Ek het darem nog geen prokureursbriewe of ander dreigemente van die menseregtekommissie of enige
ander liberale idioot gekry nie, so tot dan moet daai vlaggie maar wapper. ;D ;D