Page 1 of 1

Vortex Viper PST GenII 5-25x50 SFP deur sy passies gesit

Posted: Tue Aug 20, 2019 9:45 am
by Toffie@2
Goeiedag Almal

Laasweek nooi my vriend Thabo(Felix) my om Saterdag die 17de Augustus bietjie te gaan skiet op die lieflike 1000m skietbaan by sy plaas. Natuurlik stem ek in; wie kan nee se om te gaan teiken skiet daar waar die karoo vlaktes van Pearston die Coetzeebergreeks ontmoet wat 'n onmiddelike verandering in die biome bewerkstellig. Binne 'n kwessie van 'n paar kilometer beweeg jy van gelyke ooptes na steil hange en kranse met Pruim, Boerboon en Nieshoud bome.

Ek is besig om doppe te vorm vir my .243 Winchester wat ek onlangs by Gerrie Coetzee laat sny het na Ackley Improved, so ek soek rede om te skiet. Om die heletyd net doppe te maak is net so lekker en dit laat my toe wonder wat ek kan doen om sinvol doppe te vorm. Ek het so stelselmatig my skyfskiet roere begin toerus met die nuwe Vortex PST Gen II 5-25x50 SFP teleskope, deels omdat hulle reg geprys is, en alles bied wat ek verwag van 'n teleskoop vir die skietwerk wat ek doen. Die vorige teleskope wat ek opgehad het, het my telkemal teleurgestel deur nie die punt van impak te skuif soos ek die verstellings vir elevasie/wind, gemaak het nie. Dit het veroorsaak dat ek nie skiet waar ek korrel tydens kompetisies nie. Ek het die fout gemaak om geld te probeer spaar en op die einde baie meer geld uitgeskiet omdat ek dink daar is fout met my roer/lading en dies meer, terwyl die teleskoop nie sy werk doen nie.

Saterdag vertrek ons lekker vroeg uit Somerset-Oos na Thabo se plaas en word gegroet met 'n pragtige Groot Karoo sonopkoms.

https://lh3.googleusercontent.com/5usGCRMM0Ziv9uo45KzCijfqL9IsSGDnaZydxEnCU1X7Lr3TkAAMPjNLqpH61wip1hOb9ZekoXyS9SFryENNN98eaDKAUwXWhb518lf-tk7hSnyOnt2Ps6-Rgd6FEGHFAAtfaVXQwg=w2400


Ek het 'n teiken opgestel om die volgende van my Vortex te toets:

Vertikale verstelling (Elevation)
Horisontale verstelling (Windage)
Kruishaar kalibrasie (hoogte en wind)
"Zero repeatability"

By die baan aangekom het ons teikens op 100m gaan opsit en reggemaak vir 'n voormiddag van baie skiet, koffie drink en lag.

https://lh3.googleusercontent.com/-88uz9t7GfaIC-HFTHk8YTvSzRl5ZEzUTjxqMCiWRh8OFN36iB1APgaSuiQwKc691f01jxuWMXi02OZy8a0V-H1fG6LT3L1VqI05_Zl-LKMUQUZ_m1Kpr42xv5nY5gQh3hmKXgZPHA=w2400


Die lading wat ek skiet is uit en uit net om doppe te kan vorm, so ek het komponente gelaai wat ek nie weer gaan nodig kry of te duur is nie.
Doppe: Lapua
Primer: CCI 250
Kruit: 45gr S361
Punt: Hornady 75g HP Varmint (0.003"in lande gelaai)
Doel met die lading was veiligheid, ek wou nie druk opbou met die punte in die lande nie. Ek het nie veel hoop gehad interme van groepering vir die lading nie aangesien dit net so uit die lug getas was. Om die eksperiment sinvol te maak moes ek 'n kontrole groep skiet wat dan die maatstaf sal wees vir die toets van die Vortex.

Kontrole

https://lh3.googleusercontent.com/_b8hfKKlwegXONKR4IuZLYG34-3kZLsMX4KWgtC-udQ_gbxefi1vmwBwPFKzHoN_HRBT68aN3V_m-9fIVR8fzOAuRgJLmofj2e-1CvLKWT7Td7wK2V30OCiUQ_tAGnOhPYJzsbpkcA=w2400

Die eerste kol heel links is die kontrole, ander skote was slegs om die loop weer op te warm na lang rus periodes. Die kol is 19mm. Groot was my verbasing dat die lading so mooi groep, maar ek het geweet dat dit 'n hoe maatstaf stel want enigiets groter as dit gaan my laat twyfel in die teleskoop se vermoeens.

Boks toets

Ek het 'n boks gemaak met 16 MOA in hoogte en 10 MOA in breedte. My mikpunt bly links onder. Eerste rondte skiet ek anti-kloksgewys en dan weer kloksgewys. Dit herhaal ek tot ek drie skote op elke punt het.
Die verstellings was foutloos om die minste te se, dit is duidelik dat ek konsentrasie verloor wanneer ek weer op my "zero"skiet aangesien hy die slegste groep van almal was! :o

https://lh3.googleusercontent.com/rxjRv_oR74fnjgTOuNXpqAdXOLtVzUlleOyydQPQNx4DIjD08zvM1x3SVI_ia2vbaR0TNrRIgp-OQOE9XTPCKUu-9iIqe4CMmZMDKjlnizFJBuLRklD-wCo_t9qk5g8ZBKazzNnYlg=w2400

Kruishaar kalibrasie

Die Vortex se kruishaar is op 25x gekalibreer met afmik merkies wat die hoeveelheid MOA aandui. Ek hou daarvan om tydens kompetisies te stel vir elevasie en af te mik vir wind. Met die toets wou ek kyk of die kalibrasie van die kruishaar reg is.

https://lh3.googleusercontent.com/KONtFH_V7YSMSdAl9yNQTELSzidz7Cs36GxAR29-8N2Pa67sPq5hLniOspnm2nrQPx9UA18tu8zqG7VKStlLQGASCaAQu1Mk9vofYWGYqSpfB2TELVoCaIry8CtgkkB2p7sEnXug0g=w2400

Op die heel regterkanste kol van die horisontale lyn het ek die skoot swak afgetrek en twee opvolg skote geskiet om te bevestig of dit wel ek of die teleskoop was. Die resultaat was weereens foutloos, maar hoe meer jy afmik hoe belangriker raak dit om die geweer "level" te hou aangesien skote maklik skuif as jy skeef aanle.

"Zero repeatability" toets

Laastens het ek gegaan en my elevasie verstelling uitgedraai so ver as wat hy kon, ek het seker gemaak om vinnig te draai en dat hy goed vas steek. Ek het dan weer terug gedraai, weereens vinnig en hard, totdat die "zero stop"my gekeer het. Dan het ek aangele en die skoot geskiet en die hele proses herhaal tot ek 'n drie skoot groep op die teiken het.

https://lh3.googleusercontent.com/pSgAvOq_ebFx0PS2r9TgpjBetxTO7VPBpF13Bfv4vBPNqtjIBdsenJ7bZFTHPUvPMqAjF-QU6j1Y6cKiiTF0W7Ur9oAHAQq77RVjLBkEg0CGzPVESnsSzSePEvYUvG8LWKMpg9jfrA=w2400

Ek was bly om te sien dat die teleskoop elke keer presies stop waar hy moes.

Opsomming

Die teleskoop het my verbaas. Dit is moeilik om objektief te wees as jy jou eie geld uitgegee het om iets te koop en dan foute te moet uitwys, maar om eerlik te wees kry ek nie baie fout met die Vortex nie. Hy stel soos hy moet, so in die toekoms as ek mis skiet kan ek net na die moer agter die roer gaan kyk met volle vertroue in my glas. Die Vortex boks bo sy prysklas en staan nie terug vir teleskope wat meer kos in terme van glas, vertelling, kruishaar uiteensetting en funksies soos zero stop en IR nie. Iets wat ek ook wil noem is dat die kruishaar afmik merke gekalibreer is op die maksimum vergroting van die teleskoop wat vir my 100% sin maak, aangesien ek meeste van my skote, wat ek tyd het, skiet op maksimum vergroting en dan kan afmik soos ek wind veranderinge opmerk. Dit is nie nodig om eers terug te stel op die vergroting soos op baie ander teleskope in SFP na die kalibrasie vergoting op bv. 20x ens. nie. Dit stel jou in staat om die volle vergroting van jou teleskoop te benut.

https://lh3.googleusercontent.com/crZUO7NpiOYYER42mijcYUeeosgzUDdCiAEbjxPZYixuW7TFzOt700BDmkTFvXWf4hM72SPEnUWfxZsK28dUu4odecoa_nw0ecpfa3LfJD_Ci1zBpZgOMmzVnQsFzzhe8QsgJ-bkAg=w2400

Hier is die hele teiken soos ek hom opgestel het
https://lh3.googleusercontent.com/OjIeXBgx9_05LUWsGAGvTbmp5OOqoJgggKElSsGLKnp0RHiFNA5YwGYbYRrcTxWdjYBaBabXMprNS6XeATdihSa8mspyrDdvQ6BkXC2lQFPYkXGQ3fQGfANk2d-TsjiZFM9Jz1ik9w=w2400

Komponente

Remington 700 VLS .243 Win AI
Bell & Carlson kolf met Junglejulian tiepe wangstuk
Aksie blueprint
Bix n Andy sneller
Boesman bottom metal en magesyn
Mojet muzzlebrake

Ek hoop hierdie was lekker leesstof! O0
Vriendelike groete

Toffie van Tonder

Re: Vortex Viper PST GenII 5-25x50 SFP deur sy passies gesit

Posted: Tue Aug 20, 2019 10:32 am
by Philip_R
Baie goeie review. Ek hou van daardie teiken wat jy opgestel het, ek dink ek moet vir my ook so een opstel om my nuwe LRP te toets.

Re: Vortex Viper PST GenII 5-25x50 SFP deur sy passies gesit

Posted: Tue Aug 20, 2019 4:25 pm
by Smith223
Dankie vir die goeie "review" , ek verpes dit as 'youtubers' boks toetse doen en nie wys hoe die geweer normaalweg groepeer nie, al het jou roer nie heeltemal geskiet soos hy kan met 'n oordenklike lading nie kry mens darem 'n goeie idee van akkuraatheid op die boks toets. Ek kyk self op die oomblik na die PST GEN2 en ek moet sĂȘ ek kan nie wag vir die scope nie.

Re: Vortex Viper PST GenII 5-25x50 SFP deur sy passies gesit

Posted: Tue Aug 20, 2019 4:47 pm
by alecjohnson
Baie dankie, ek het ook 'n tracking toets probeer doen, maar kry dit nie reg om teleskoop vas te maak sodat dit nie beweeg soos ek rondstel nie, toe gee ek heel op, sal maar wag om my geweer weer klaar te he, en die in 'n bankskroef vasmaak en weer probeer.

Het 'n pragtige teiken van 10mrad x 8Mrad in blokkies opgedeel vir 100m toets.

Re: Vortex Viper PST GenII 5-25x50 SFP deur sy passies gesit

Posted: Tue Aug 20, 2019 7:58 pm
by JPS
Hi Toffie,

great toets en mooi uiteengesit.

Dit lyk of die horisontale verstelling dalk klein korreksie nodig het. Lyk of hy effe kort stel. Ek sou hom meet en net daai verskil in my app insit. Mag dalk help met die lang skote.

Re: Vortex Viper PST GenII 5-25x50 SFP deur sy passies gesit

Posted: Tue Aug 20, 2019 10:42 pm
by Cbird
Uitstekend my ou maat!

kan nie wag vir jou skrywe na jy klaar jou Lovex getoets het nie...

No pressure

Re: Vortex Viper PST GenII 5-25x50 SFP deur sy passies gesit

Posted: Wed Aug 21, 2019 10:38 am
by Grenslyn
Baie goeie review en akkurate uitleg van die toets. Welgedaan!

Re: Vortex Viper PST GenII 5-25x50 SFP deur sy passies gesit

Posted: Wed Aug 21, 2019 11:29 am
by tau
Lekker verslag !!!!

Dit is hoekom van ons eerder oopvisier moet skiet.

Re: Vortex Viper PST GenII 5-25x50 SFP deur sy passies gesit

Posted: Thu Aug 22, 2019 9:57 am
by StephenB
Mooi verslag Toffie !

Re: Vortex Viper PST GenII 5-25x50 SFP deur sy passies gesit

Posted: Thu Aug 22, 2019 10:33 am
by BigBoreFanatic
Ek soek heeltyd na die dressage perd wat deur sy passies gesit word? En dit nogal op hierdie forum?

Re: Vortex Viper PST GenII 5-25x50 SFP deur sy passies gesit

Posted: Thu Aug 22, 2019 5:50 pm
by Toffie@2
Philip_R wrote:Baie goeie review. Ek hou van daardie teiken wat jy opgestel het, ek dink ek moet vir my ook so een opstel om my nuwe LRP te toets.
Baie dankie Philip, ja doen dit asseblief en sit jou resultate hier op.

Re: Vortex Viper PST GenII 5-25x50 SFP deur sy passies gesit

Posted: Thu Aug 22, 2019 6:16 pm
by Dezman
Baie nice uiteen gesit. Dankie vir die moeite wat jy gedoen het om te kom deel hier.

Re: Vortex Viper PST GenII 5-25x50 SFP deur sy passies gesit

Posted: Thu Aug 22, 2019 6:20 pm
by Toffie@2
JPS wrote:Hi Toffie,

great toets en mooi uiteengesit.

Dit lyk of die horisontale verstelling dalk klein korreksie nodig het. Lyk of hy effe kort stel. Ek sou hom meet en net daai verskil in my app insit. Mag dalk help met die lang skote.
Baie dankie Jan! Ek sal dit net weer wil bevestig maar dit lyk of daar n patroon is ja!

Re: Vortex Viper PST GenII 5-25x50 SFP deur sy passies gesit

Posted: Thu Aug 22, 2019 6:21 pm
by Toffie@2
Cbird wrote:Uitstekend my ou maat!

kan nie wag vir jou skrywe na jy klaar jou Lovex getoets het nie...

No pressure
++>: dankie ou Cbird!

Re: Vortex Viper PST GenII 5-25x50 SFP deur sy passies gesit

Posted: Thu Aug 22, 2019 6:22 pm
by Toffie@2
Dezbaby wrote:Baie nice uiteen gesit. Dankie vir die moeite wat jy gedoen het om te kom deel hier.
Net n plesier! Hoop dit help iemand vorentoe!