Page 1 of 1

Kort demper met tromprem - Opsies

Posted: Tue Aug 20, 2019 12:31 am
by Rem
More manne.

Ek is opsoek na n Kort, ligte demper met tromprem (silencer met muzzle break, kry nie altyd die afrikaans name reg nie maar ek probeer)

Ek wil hom op my 6.5CM sit. Die kaliber het nie baie skop nie maar die roer is baie lig en wil hom gebruik vir PRS tiepe skiet en jag, so wil "impacts" kan volg.

Ek kyk na:

Sus Tac Compact with Muzzle break (iemand dalk sy prys?)
Gun warrior shorty with muzzle break (iemand dalk sy prys?)

Enige ervaring met hulle? Alternatiewe opsies?

Dankie!

Re: Kort demper met tromprem - Opsies

Posted: Tue Aug 20, 2019 2:05 am
by Nico Harris
Gun Warrior shorty- R2200.
Eks mal oor myne- kort, lig en werk baie goed, het n ingeboude demper.
Ek het paar sustacs ook- hulle val glad nie in die kort en lig katergorie nie!

Re: Kort demper met tromprem - Opsies

Posted: Tue Aug 20, 2019 2:45 am
by Rem
Dankie Nico.

Op die website gee hul n "internal Muzzle break" en "front break kit". het jy die "front break kit" ook by?

Op watter geweer het jy die demper op?

Re: Kort demper met tromprem - Opsies

Posted: Tue Aug 20, 2019 5:20 am
by Nico Harris
Hi.
Ek het net die internal brake op. Dis op n 223.

Re: Kort demper met tromprem - Opsies

Posted: Tue Aug 20, 2019 5:51 am
by Rem
Nico Harris wrote:Hi.
Ek het net die internal brake op. Dis op n 223.
Great dankie!

Re: Kort demper met tromprem - Opsies

Posted: Tue Aug 20, 2019 6:46 am
by Gian_dP
Vriend van my het ook n Warrior Shorty met "sound diffuser " voor op sy 6.5CM. Werk baie goed itv terugskop wegneem. Seker daarvan met mb voor sal dit nog beter wees.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Kort demper met tromprem - Opsies

Posted: Tue Aug 20, 2019 9:14 am
by LUAN
As jy die shorty vat met internal en external brake kyk jy na oor die R3000.

Re: Kort demper met tromprem - Opsies

Posted: Tue Aug 20, 2019 12:31 pm
by Rem
LUAN wrote:As jy die shorty vat met internal en external brake kyk jy na oor die R3000.
Kom ons se 3200? Ek dink dis steeds redelik.

Weet iemand wat die sus tac compact kos? Ek glo dit sal redelik meer wees?

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

Re: Kort demper met tromprem - Opsies

Posted: Tue Aug 20, 2019 12:32 pm
by Rem
Gian_dP wrote:Vriend van my het ook n Warrior Shorty met "sound diffuser " voor op sy 6.5CM. Werk baie goed itv terugskop wegneem. Seker daarvan met mb voor sal dit nog beter wees.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Klink goed. Dankie!

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

Re: Kort demper met tromprem - Opsies

Posted: Tue Aug 20, 2019 2:24 pm
by ruaanb
Ek het nou die Warrior Ultimate Large opgesit op my 300WSM met brake binne asook die front brake kit. R3200 en dit is net 'n plesier.

Die Achmed het sy alie gesien na 14 maande.......

Ek kyk ook na die Shorty met die Sound Diffuser vir my 222.

Re: Kort demper met tromprem - Opsies

Posted: Tue Aug 20, 2019 2:50 pm
by jankraay
ruaanb wrote:Ek het nou die Warrior Ultimate Large opgesit op my 300WSM met brake binne asook die front brake kit. R3200 en dit is net 'n plesier.

Die Achmed het sy alie gesien na 14 maande.......

Ek kyk ook na die Shorty met die Sound Diffuser vir my 222.
Ek het dieselfde een as Ruaan op my .338 AI en hy is net n plesier soos hier genoem. Gaan dan op die 6.5-284 ook so een opsit en dan die shorty op die SLR.

Warren se KD’s is goeie kwaliteit asook waarde vir geld.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Kort demper met tromprem - Opsies

Posted: Tue Aug 20, 2019 3:07 pm
by Malan123
Ruaan in jou opinie, hoe vergelyk die achmed met die warrior?

Re: Kort demper met tromprem - Opsies

Posted: Tue Aug 20, 2019 3:27 pm
by ruaanb
Warrior is beter tov recoil, duursaamheid, kwaliteit. Met die voorste brake op klink die Warrior vir my effe harder maar nie baie nie.

Ek sal jou video stuur dat jy kan sien hoe effektief dit is. Ek het basies 'n Achmed klaar geskiet in 500 na 600 skote.
Hoe ek dit agter gekom het is dat dit van cold bore af so 3 skote gevat het vir geweer om te begin groepeer.
Teen net 'n R1000 meer is die Warrior baie beter waarde vir geld.

Re: Kort demper met tromprem - Opsies

Posted: Tue Aug 20, 2019 6:30 pm
by Heinds
Die is nie rerig die kort weergawe nie maar hy werk bitter mooi..

viewtopic.php?f=19&t=73517

Re: Kort demper met tromprem - Opsies

Posted: Tue Aug 20, 2019 7:36 pm
by JPS
Gun warrior

Ek het shorty met sound diffuser vooraan op my 284win, gong en LA jaggeweer.

Werk baie goed.