Page 1 of 2

Next Level Silencers

Posted: Mon Aug 19, 2019 11:45 am
by hennief
More manne

Ek sien KarooOutdoor, een van die adverteerders op Jaracal, bemark hierdie silencers.

https://nl-silencers.co.za/

"For the first time ever, Next Level Silencers have integrated a system to manipulate the barrel harmonics of your rifle. This will enable the owner of a Next Level silencer to select the sweet spot on the silencer for any good quality factory ammo, and even for serious re-loaders who wish to fire a specific bullet at a specific velocity."


Alhoewel my groepering probleme veel meer te doen het met die ou agter die roer as die lading, bly dit 'n interesante konsep/patent. Ek het sommer gewonder of enige van julle al met die produk te doen gehad het en wat julle gevind het.

Groetnis

Hennie

Re: Next Level Silencers

Posted: Mon Aug 19, 2019 11:54 am
by Matewis28
Ken vir Nicol en dis verseker die silencer wat ek op my .243 gaan sit in Oktober.

Re: Next Level Silencers

Posted: Mon Aug 19, 2019 2:48 pm
by Capt. Yoda
Google barrel tuners, is n oulike idee om dit op n slincer te sit

Re: Next Level Silencers

Posted: Mon Aug 19, 2019 2:59 pm
by Malan123
Weet enige iemand al wat hulle prys?

Re: Next Level Silencers

Posted: Mon Aug 19, 2019 4:05 pm
by Tiny Hunter
My neef het syne gekoop vir R2300


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Next Level Silencers

Posted: Mon Aug 19, 2019 4:16 pm
by Hansieslim
Ek weet Armand Steenkamp is gevra om een te toets. Sal interessant wees om te sien wat hy bevind.

Armand is jy nou al gesond?

Re: Next Level Silencers

Posted: Mon Aug 19, 2019 5:41 pm
by Armand Steenkamp
Dagse manne! Ja ek gaan binnekort een toets. Ek en Nicol is saam in die skool gewees en is goei pelle. Ek wag nog vir die demper. Ek is wel effe skepties maar ek weet van manne wat dit met sukses gebruik. Ek sal julle op hoogte hou

Re: Next Level Silencers

Posted: Mon Aug 19, 2019 6:09 pm
by Malan123
Ek gaan ook maar die plunge vat en een koop. Sal laat weet hoe hy maak na so paar weke

Re: Next Level Silencers

Posted: Mon Aug 19, 2019 6:41 pm
by Armand Steenkamp
Een ding waarvan ek julle kan verseker is dat Nicol se diens van die beste is wat daar is. Hy gaan uit sy pad uit vir sy kliente.

Re: Next Level Silencers

Posted: Mon Aug 19, 2019 6:42 pm
by Capt. Yoda
Armand Steenkamp wrote:Dagse manne! Ja ek gaan binnekort een toets. Ek en Nicol is saam in die skool gewees en is goei pelle. Ek wag nog vir die demper. Ek is wel effe skepties maar ek weet van manne wat dit met sukses gebruik. Ek sal julle op hoogte hou

Jy hoef nie skepties te wees nie, die beste BR en Fklas skuts in die wereld gebruik tuners vir n rede

Re: Next Level Silencers

Posted: Mon Aug 19, 2019 7:05 pm
by Jaco V
Ek het geen twyfel dat die barrel tuner gedeelte mooi sal werk as sy posisie op die silencer en vakmanskap deeglik is nie.

Ek sien uit om te hoor hoe sy vermoe om recoil te demp op een van die "super 7s" sal vergelyk met die ander groot name.
Dis darem lekker om POI te kan sien deur die teleskoop op 300m, en help natuurlik baie vir korregering.

Re: Next Level Silencers

Posted: Mon Aug 19, 2019 7:07 pm
by Knewel
Net 'n vraag, mens sal seker naby 'n node moet wees om hom so fyn te kan tune/stel?

Sent from my SM-A750F using Tapatalk

Re: Next Level Silencers

Posted: Mon Aug 19, 2019 8:07 pm
by Jake1
As dit moontlik is dan moet elke geweer daarmee uitkom

Re: Next Level Silencers

Posted: Mon Aug 19, 2019 8:15 pm
by Apie
Knewel wrote:Net 'n vraag, mens sal seker naby 'n node moet wees om hom so fyn te kan tune/stel?

Sent from my SM-A750F using Tapatalk
Onthou

Die idee met die dempers is om die loop vibrasie/beweging te manipuleer om jou fabriek ammo beter te kan skiet.




Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Next Level Silencers

Posted: Mon Aug 19, 2019 9:24 pm
by JPS
Soos Siebert gesê het gaan lees bietjie oor tuners op gewere.

.22 manne doen dit al baie jare omrede jy nie die lading kan manipuleer soos ons doen met ladings ens. NIe. Die laaste paar jaar of so begin meer en meer F klas skuts om tuners te gebruik. Let wel die tuner gaan nie jou herlaai tegnieke wat power is regmaak nie. Daar is nie so ding soos ‘n magic fix my groups nie.

Jy moet steeds ‘n goeie lading hê en tuner word dan gebruik om die lading te optimiseer en konstantheid van die groep te veroorsaak.

Toetse met die tuners wys duidelik hoe groeppe verander soos tuner gedraai word in baie klein Inkremente.

Re: Next Level Silencers

Posted: Tue Aug 20, 2019 9:16 am
by Armand Steenkamp
Capt. Oblivious wrote:
Armand Steenkamp wrote:Dagse manne! Ja ek gaan binnekort een toets. Ek en Nicol is saam in die skool gewees en is goei pelle. Ek wag nog vir die demper. Ek is wel effe skepties maar ek weet van manne wat dit met sukses gebruik. Ek sal julle op hoogte hou

Jy hoef nie skepties te wees nie, die beste BR en Fklas skuts in die wereld gebruik tuners vir n rede
Op hulle knaldempers?

Groetnis

Re: Next Level Silencers

Posted: Tue Aug 20, 2019 9:27 am
by Wouter Roets
Armand

Dink jy dit sal werk op n Savage?

Groetnis
Wouter

Re: Next Level Silencers

Posted: Tue Aug 20, 2019 9:44 am
by Hein22
Ek het al vir Nicol ontmoet en met hom gesels. Aangename man.

Hy het my vertel en gewys hoe hy sy silencer gebruik om sy lading te tune. Hy het nie een aan my probeer verkoop nie, bloot gewys hoe werk hy. Ek het nie die indruk gekry dat hy net sy produk probeer bemark nie en ek glo hom as hy se dit doen wat dit doen.

Ek kan julle wel verseker my geweer se groepe maak oop wanneer ek my muzzel brake afdraai so dit maak vir my sin dat jy jou lading so kan "tune".

Re: Next Level Silencers

Posted: Tue Aug 20, 2019 11:02 am
by Capt. Yoda
Armand Steenkamp wrote:
Capt. Oblivious wrote:
Armand Steenkamp wrote:Dagse manne! Ja ek gaan binnekort een toets. Ek en Nicol is saam in die skool gewees en is goei pelle. Ek wag nog vir die demper. Ek is wel effe skepties maar ek weet van manne wat dit met sukses gebruik. Ek sal julle op hoogte hou

Jy hoef nie skepties te wees nie, die beste BR en Fklas skuts in die wereld gebruik tuners vir n rede
Op hulle knaldempers?

Groetnis

Nee voor op hul lope.
In die geval is dit n silincer met n barrel tuner in gebou, die konsep is bitter eenvoudig dit is basies net n gewiggie wat jy rond skuif

Re: Next Level Silencers

Posted: Tue Aug 20, 2019 1:23 pm
by Armand Steenkamp
Wouter Roets wrote:Armand

Dink jy dit sal werk op n Savage?

Groetnis
Wouter
Hahahahahaha ek se eerder niks :-X :angel: ;)
Groetnis

Re: Next Level Silencers

Posted: Tue Aug 20, 2019 2:05 pm
by Hansieslim
Hoe klein sal die inkrementverstallings moet wees?

Re: Next Level Silencers

Posted: Tue Aug 20, 2019 2:51 pm
by jankraay
Hansieslim wrote:Hoe klein sal die inkrementverstallings moet wees?
Jy sal sien met jou 1ste verstelling hoe hy reageer en dan self aanpas van daar af. Nie elke loop gaan dieselfde reageer nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Next Level Silencers

Posted: Tue Aug 20, 2019 5:48 pm
by Armand Steenkamp
Nicol is ook om jaracal maar nie te aktief nie. Ek gaan hom vra om hier hier te kom kommentaar lewer dan kan julle vrae vra as julle het.

Groetnis

Re: Next Level Silencers

Posted: Tue Aug 20, 2019 6:25 pm
by Capt. Yoda

Re: Next Level Silencers

Posted: Tue Aug 20, 2019 8:29 pm
by Nicol Brand
Naand Almal,

Ek is Nicol Brand, eienaar van Next Level Silencers. My vriend, Armand Steenkamp het my gevra om weer aan te sluit op die forum aangesien hier mense is wat vrae het. Ek sal probeer om al die vrae wat reeds gevra is te antwoord en as daar nog iets onduidelik is, dan is julle welkom om nog te vra.
My nommer is 081 237 5 dubbel nul 7. as iemand direk met my wil praat.