Page 1 of 1

Dit bly lekker!

Posted: Tue Nov 15, 2011 11:20 pm
by fiela
Twee jakkalse het saam ingekom. Het hulle naby mekaar geskiet.
Daar is manne wat praat asof hulle die bedryf gewoond raak na n ruk.

Ek roep en skiet nou al 9 jaar en elke keer as die jakkelse ingehardloop kom is dit
vir my nog net so opwindend en lekker soos aan die begin!!

Re: Dit bly lekker!

Posted: Wed Nov 16, 2011 4:41 am
by Gerhard
fiela wrote: Twee jakkalse het saam ingekom. Het hulle naby mekaar geskiet.
Daar is manne wat praat asof hulle die bedryf gewoond raak na n ruk.

Ek roep en skiet nou al 9 jaar en elke keer as die jakkelse ingehardloop kom is dit
vir my nog net so opwindend en lekker soos aan die begin!!

Stem saam...

As jy nie bietjie jakkals koors ontwikkel as daai stel oogies in kom nie dan moet jy eers bietjie n breuk maak...

Ek geniet dit nog net soos in die begin veral as jy twee jakkalse het wat in kom... ;D

Re: Dit bly lekker!

Posted: Wed Nov 16, 2011 6:22 am
by Blackie Swart
Ek stem saam.Die adrenalien wat deur mens hardloop as jy die ogies optel ,is darm lekker.Dan aan die die einde as jy die jakkals gaan optel en met tevredenhied kan glimlag.Mense wat dit nie doen nie,sal nie ons taal verstaan nie.
Groete
Blackie

Re: Dit bly lekker!

Posted: Wed Nov 16, 2011 8:59 am
by Jassie
Manne

Praat van koors...... ek kry sonder uitsondering elke keer so erg koors dat ek dit nou al regkry om vir seker 20 minute my asem op te hou :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:

Skiet net jaks wat vir jouself skade maak en jy hoor die bloed in jou handpalms loop!!!!!!

Hoe kalmeer mens miskien jouself- die mediesedokters, kop of lyf, op die forum moet bietjie help asseblief. Ek dink my vrou gaan dalk so  binnekort haar man verloor. "Hoop net ek kry die bogger voor ek gaan...."

Jakskoors groete
JAS

PS grappies op stokkies - hoe hanteer mens dit werklik- ek ly wragtig ernstig daaraan.

Re: Dit bly lekker!

Posted: Wed Nov 16, 2011 9:11 am
by Gerhard
Groot geheim is om aan te hou asem haal...

Ek het agter gekom mens raak so "op gewonde" dat jy vergeet om asem te haal.

Dit is waar die "jakkals koors" begin.


Sit terug haal diep asem en geniet dit.

Re: Dit bly lekker!

Posted: Wed Nov 16, 2011 8:50 pm
by theedge
fiela wrote: Twee jakkalse het saam ingekom. Het hulle naby mekaar geskiet.
Daar is manne wat praat asof hulle die bedryf gewoond raak na n ruk.

Ek roep en skiet nou al 9 jaar en elke keer as die jakkelse ingehardloop kom is dit
vir my nog net so opwindend en lekker soos aan die begin!!

Ken daai gevoel