Page 1 of 1

Omskakeling van 338LM na ELR wapen

Posted: Tue Aug 06, 2019 1:53 pm
by Smitstertjies
Ek wil graag bietjie julle gedagtes hoor oor die volgende.

Ons is n paar manne wat die Extreme Long Range ding bietjie meer ernstig wil aanpak (Teiken skiet op ongeveer 1.5MOA teikens op afstande anderkant n myl).Die setup soos hy nou is skiet ek lekker gemaklik tot op 2000 meter en n myl is nie regtig meer n groot uitdaging as die omstandighede reg is nie.Huidiglik skiet ek met n stock standard TRG, 300grein Bergers teen 2780 fps Ek het wel n 4AW brake laat opsit vir minder muzzle jump en skiet ook met n 5H bipod ipv die gewone Sako bipod. Ek het n March 3-24x52 FFP scope in Mrad op wat huidiglik 34 Mrad (120 MOA) interne elevasie het. Saam met die 20 MOA rail kan ek by 2000 meter net net uitkom sonder om af te mik.

Nou my vraag is: Ons wil by ongeveer 3220 meter uitkom, of die magic 2 myl. Vir daardie doeleindes is my setup heeltemal onvoldoende. Daar is n paar opsies om daar uit te kom:

- Sit n 60 MOA rail op. Sal my help om tot by 2500m te kom
- Herkamer na 338 Ackley. Dit sal seker nog so 200m by sit op die afstand. Daar is egter ander wurms wat uit die blik klim as jy daardie roete volg.
- Gebruik die afmik merkies op die scope. Dit sal nog 500 meter bysit, maar in my opinie is nie heeltemal akkuraat nie.
- Kry iets soos die Cold Shot basis van Heritage Arms wat nog 72 Mrad verstelling gee. Hoe akkuraat verstel hierdie tipe basisse en kan jy nog n 100m zero doen op hom?
- Kry n March Genesis (Wens ek het die geld gehad :'( :'( ) Nie opsie nou nie


Ek hoor graag as julle nog ander idees het wat kan werk.

Re: Omskakeling van 338LM na ELR wapen

Posted: Tue Aug 06, 2019 2:17 pm
by Victor_
Charlie Tarac?




Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Omskakeling van 338LM na ELR wapen

Posted: Tue Aug 06, 2019 2:32 pm
by Plaashaas
Victor_ wrote:Charlie Tarac?




Sent from my iPhone using Tapatalk
Dis nog R50000 :):

Re: Omskakeling van 338LM na ELR wapen

Posted: Tue Aug 06, 2019 2:36 pm
by Smitstertjies
Plaashaas wrote:
Victor_ wrote:Charlie Tarac?




Sent from my iPhone using Tapatalk
Dis nog R50000 :):
Vir daai prys gradeer ek eerder op na March Genesis. Maar ja, dis nie n opsie nou nie. Ek sal graag met iemand wil praat wat ondervinding met die Cold Shot basisse het.

Re: Omskakeling van 338LM na ELR wapen

Posted: Tue Aug 06, 2019 2:58 pm
by Frederik
Martin, al wat ek kan se dit is 'n mooi droom wat jy mee besig is ek hoop jy kom daar uit sonder te veel moeite ek sal van die kantlyn af met interasantheid dophou beste wense vir die projek.

Re: Omskakeling van 338LM na ELR wapen

Posted: Tue Aug 06, 2019 3:37 pm
by Drenalinjunkie
Recknagel het n bitter goeie verstelbare basis. Chrisjan voer hulle in.

Nou wat is die pyne met n .338 Improved?

Re: Omskakeling van 338LM na ELR wapen

Posted: Tue Aug 06, 2019 5:33 pm
by Gideon@1
Hierdie man het al baie ver geskiet...
Ek dink hy goeie ondervinding met ULR.

Dalk kan die video jou help met jou besluite.


https://youtu.be/g_8L-F6Xx-0

Groete

Re: Omskakeling van 338LM na ELR wapen

Posted: Tue Aug 06, 2019 9:01 pm
by Gbyleveldt
Smitstertjies wrote:
Plaashaas wrote:
Victor_ wrote:Charlie Tarac?




Sent from my iPhone using Tapatalk
Dis nog R50000 :):
Vir daai prys gradeer ek eerder op na March Genesis. Maar ja, dis nie n opsie nou nie. Ek sal graag met iemand wil praat wat ondervinding met die Cold Shot basisse het.
Ek het die Cold Shot basis op my 338lm. Ek nog nie die ding rerig gebruik nie; ek nou onlangs eers my roer gekry so nog besig met ladings. Ek het hom gekoop op advies van Sean Pirie, wat juis hierdie basis op sy roere gebruik om ELR te skiet. Volgens hom is dit baie akkuraat en herhaalbaar; as ek kyk na hoe hy aanmekaargesit is het ek geen rede om anders te dink nie. Al wat my pla is hoe jy jou rail moet molesteer om die ding vas te sit.

Re: Omskakeling van 338LM na ELR wapen

Posted: Wed Aug 07, 2019 7:59 am
by Smitstertjies
Dankie Drenalin en Gideon. Mark se videos is baie insiggewend. Het juis by hom n brake gekoop na ek n video oor muzzle jump van hom gekyk het.Sy video oor die Cold Shot laat my egter bietjie twyfel.

Gbyleveldt, ek gesels dan weer met jou as jy bietjie meer met die Cold Shot gespeel en ondervinding opgedoen het.

Dankie vir almal se insette. Hierdie ELR ding is iets wat jy ook maar met baby steps moet aanpak. Om van 1 myl na 2000 meter te gaan is n groot sprong. Daarna is elke 100 meter verder n uitdaging op sy eie.

Re: Omskakeling van 338LM na ELR wapen

Posted: Wed Aug 07, 2019 8:17 am
by Jaco v Zyl
Net jammer dai Baby steps is so duur....
Ek sit nou amper in selfde bootjie, n 300 wsm is nou gedruk tot 2000m, ma nou verder weet ek nie mooi nie...
Sterkte en geniet

Re: Omskakeling van 338LM na ELR wapen

Posted: Wed Aug 07, 2019 8:34 am
by Capt. Yoda
Jaco v Zyl wrote:Net jammer dai Baby steps is so duur....
Ek sit nou amper in selfde bootjie, n 300 wsm is nou gedruk tot 2000m, ma nou verder weet ek nie mooi nie...
Sterkte en geniet

Jaco ek ken jou nie as n bang man nie, bou daar n 375 iets vir daai lekker ver skote