Page 1 of 1

Rooikat op heterdaad betrap

Posted: Mon Nov 14, 2011 8:03 pm
by Geno
Dawie D sal meer kom vertel oor die foto.

[img width=360 height=480]http://i779.photobucket.com/albums/yy80 ... -00163.jpg[/img]

Re: Rooikat op heterdaad betrap

Posted: Mon Nov 14, 2011 8:28 pm
by douw
Briljant!!!

Kan nie wag vir die storie nie.

Groetnis
Douw

Re: Rooikat op heterdaad betrap

Posted: Mon Nov 14, 2011 8:59 pm
by 243Songdaug
Bly om te sien dat hy darem 'n roer byderhand gehad het!

Mooi bosbok die.

Re: Rooikat op heterdaad betrap

Posted: Tue Nov 15, 2011 12:31 pm
by tafjak
Dawie

Wie was die taksidermis/opstopper? Lyk meer na opstopper as taksiedermis! :D

Re: Rooikat op heterdaad betrap

Posted: Tue Nov 15, 2011 12:38 pm
by Geno
Oom Taf,
Daar's dan bloed op die katjie se blad, maar ek kan nogal die "opstopper" storie glo! ;)

Re: Rooikat op heterdaad betrap

Posted: Tue Nov 15, 2011 5:15 pm
by JACQUES BOTHA
Die linker of regter opstopper moet net onthou as daai klat so le knyp hy gewonlik sy ogies styf toe het ek al gesien

Re: Rooikat op heterdaad betrap

Posted: Tue Nov 15, 2011 7:47 pm
by HUNTER
En hy moet die bloed van sy neus afvee. 8)

Re: Rooikat op heterdaad betrap

Posted: Wed Nov 16, 2011 9:55 am
by Geno
Dawie kom in, Dawie.......

Re: Rooikat op heterdaad betrap

Posted: Wed Nov 16, 2011 10:03 am
by Dawie D
More manne

Dis een van daai dae gewees wat jy so baie geluk aan jou kant het jy moes eerder die "lotto" gaan speel het.
Ek en van my pelle daar van Dewetsdorp het gaan bosbokke jag daar in Ghramstad se wereld. Dis nie my manier om baie te stap nie so ek het sommer net so n entjie van die bakkie af op n krans gaan sit en die wereld en bekyk terwyl die ander makkers elkeen in sy eie rigting in ge walk en stalk het. Na so n half uur se sit het daar 3 bosbok ramme oorkant die kloof uit gestap en rustag gewei en mekaar loop en ver karring.Dis mos nes dit werk, daar staan die bosbokke by my en eintlik moes een van die ander manne skiet ,maar nou ja toe moes  daai 22 300 van my maar net kyk of hy nog kan werk (ok, die versoeking was maar groot ;D) en daar val die ram op die foto toe om. Willie het my kom help die bok dra tot by die pad en siedaar, kyk wat kom in die voetpad op gestap.Lekker stap "garfield" op sy tyd terug berg toe en dis toe net daar wat Willie hom verongeluk. Om so n mooi bosbok en so n helse kat in een oggend te skiet is nie elke dag se geluk nie. (Ons wou graag n mooi storie op dis met daai foto maar ek sien die manne kyk te fyn) :angel: ;D

Re: Rooikat op heterdaad betrap

Posted: Wed Nov 16, 2011 10:05 am
by Dawie D
Geno
As jy weet hoe lank dit my vat om daai storie te tik sal jy nie so ongeduldig wees nie ;D

Re: Rooikat op heterdaad betrap

Posted: Wed Nov 16, 2011 10:06 am
by Geno
Dawie D wrote: Geno
As jy weet hoe lank dit my vat om daai storie te tik sal jy nie so ongeduldig wees nie ;D
jy moet leer om die ander 9 vingers ook te gebruik! ;)

Re: Rooikat op heterdaad betrap

Posted: Wed Nov 16, 2011 10:09 am
by Dawie D
jy moet leer om die ander 9 vingers ook te gebruik! ;)
[/quote]

Jy verstaan nie, dis nie vingers nie maar wel DUIME ;D

Re: Rooikat op heterdaad betrap

Posted: Wed Nov 16, 2011 8:48 pm
by theedge
Bly maar altyd n mooi bok nietjies ek laai julle idee :o ;D

Re: Rooikat op heterdaad betrap

Posted: Thu Nov 17, 2011 12:42 pm
by Dawie D
So het die bok en kat gelyk

[img width=360 height=480]http://i1110.photobucket.com/albums/h45 ... d1/094.jpg[/img]

[img width=360 height=480]http://i1110.photobucket.com/albums/h45 ... d1/088.jpg[/img]

En hier is ons almal saam

[img width=360 height=480]http://i1110.photobucket.com/albums/h45 ... d1/090.jpg[/img]

Re: Rooikat op heterdaad betrap

Posted: Mon Nov 21, 2011 10:28 pm
by Christiaan
Hallo Dawie,

Baie geluk, klink soos een van daai jagte wat jy nie sommer vinnig gaan vergeet nie.

Christiaan

Re: Rooikat op heterdaad betrap

Posted: Tue Dec 13, 2011 3:56 pm
by fanie17
Dit is n ongelooflike gebeurtenis het nog nooit van so iets gehoor nie,stuur na veld fokus