Page 1 of 3

Speel geweer bou op remington kolf vir seun.

Posted: Sat Aug 03, 2019 12:07 pm
by Jake1
Goeie dag

My seuntjie word 11 die jaar en my plan is om vir hom iets wat amper lyk soos remington kort aksie speel geweer te bou (op 'n redelike budgit) op 'n regte nuwe Remington 700 kort aksie ADL 6.5 Creedmoor kolf wat ek by lid op die forum gekry het.

Dit is maar meer iets wat ons teen sy kamer muur kan opsit vir die mooiigheid, en geensins funksioneel nie.

Enige raad en planne van julle kant sal waardeer word. Ek gaan maar baie moet spoeg en plak en aanpassings maak in terme van wat ek bymekaar kan maak vir die projek. Ek sal op die einde alles cold-blue of swart sprei

Die items benodig vir die projek is

1) Die kolf, Remington 700 adl creedmoor kolf wat ek reeds by Rudi op die forum gekry het, dankie Rudi
2) 'n Aksie of tipe plan vir die aksie, tans gaan ek sommer Galvanized pyp gebruik, maar as iemand enige ou aksie beskikbaar het kan dit help
3) 'n Slot vir aksie, enige tipe slot om te modifiseer vir die aksie of slot knop
4) 'n sneller, enige ou of stukkende sneller wat mens kan modifiseer om in te pas
5) 'n Loop, of plan vir 'n loop, ek glo nie mens mag 'n regte ou loop gebruik nie, hier gaan ek Galvanized pyp gebruik vir nou
6) Enige tipe Basis vir scope, reeds gekry, maar as iemand die lang tipe basis soos oorspronklike geweer s'n beskibaar het laat my weet asb
7) Enige ou ringe vir Scope
8 Enige ou stukkende scope, gekry dankie Toxxyc
9) 'n Silencer, enige ou uitgeskiete Silencer, gekry by Ruaanb op forum, dankie Ruaan

Laat my asb weet wat julle beskikbaar het, ek sal fotos plaas soos die projekkie vorder

Groetnis

Jaco

(Hieronder is foto van oorspronklike geweer)

Re: Speel geweer bou op remington kolf vir seun.

Posted: Sat Aug 03, 2019 12:28 pm
by Jake1
Hier is die kolf wat ek by Rudie gekry het

Re: Speel geweer bou op remington kolf vir seun.

Posted: Sat Aug 03, 2019 8:15 pm
by alecjohnson
Vir die loop kan jy dalk 'n 15mm Galv pyp gebruik hulle is goedkoop en jy sal drad kan laat sny dat dit in aksie inskroef? ongelukkig het ek niks wat ek kan offer nie

Re: Speel geweer bou op remington kolf vir seun.

Posted: Sun Aug 04, 2019 10:38 am
by Jake1
Alex dis 'n goeie plan ja, die oorspronklike is 'n swaar loop so hy is dan 20mm, mens kry 20mm Galvanized pyp.

Re: Speel geweer bou op remington kolf vir seun.

Posted: Sun Aug 04, 2019 10:57 am
by ruaanb
ek het 2 ou silencers beide 17x1 gesny. As jy dit kan maak werk dan stuur ek vir jou.

Re: Speel geweer bou op remington kolf vir seun.

Posted: Sun Aug 04, 2019 11:19 am
by Jake1
Baie dankie Ruaan sal dit beslis kan gebruik, ek pm jou nou

Re: Speel geweer bou op remington kolf vir seun.

Posted: Mon Aug 05, 2019 5:38 am
by Jake1
Basis vir Scope gekry

Re: Speel geweer bou op remington kolf vir seun.

Posted: Mon Aug 05, 2019 8:20 am
by tripodmvr
Met al daardie komponente lyk dit eerder of pa 'n nuwe geweer vir homself bou.

Re: Speel geweer bou op remington kolf vir seun.

Posted: Mon Aug 05, 2019 8:28 am
by Jake1
Lag ek nou lekker oom Tripod ;D

Die loop tot dusver gaan Galvanized pyp 20mm wyd wees, dus gaan hy dan seker 'n moerse koeël moet skiet met wind, ek sal oom dan later nader vir 'n node 8)

Re: Speel geweer bou op remington kolf vir seun.

Posted: Tue Aug 06, 2019 5:15 am
by Jake1
Parte vir aksie, loop en slot

Re: Speel geweer bou op remington kolf vir seun.

Posted: Tue Aug 06, 2019 5:25 am
by Jake1
Begin van maak van aksie

Die gereedskap wat ek gaan gebruik is:

Boor (Staan tipe)
Baby Grinder
Dremel tool
Elektriese vibrasie hand skuurder

Re: Speel geweer bou op remington kolf vir seun.

Posted: Tue Aug 06, 2019 5:31 am
by Jake1
Aksie na 'n bietjie afwerking

Re: Speel geweer bou op remington kolf vir seun.

Posted: Tue Aug 06, 2019 5:52 am
by Apie
Daarsy! Hy begin mooi aankom!

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Speel geweer bou op remington kolf vir seun.

Posted: Tue Aug 06, 2019 5:53 am
by Jake1
Die loop (20mm Galvanized pyp) wat voorop skroef gaan selfde wydte en lengte wees as die oorspronklike geweer

Re: Speel geweer bou op remington kolf vir seun.

Posted: Tue Aug 06, 2019 6:13 am
by Jake1
My volgende uitdaging en items wat ek benodig of benodig vir modifikasie is:

1) 'n Slot vir aksie, enige ou tipe slot om te modifiseer vir die aksie of slot knop
2) 'n sneller, enige ou of stukkende sneller wat mens kan modifiseer om in te pas
3) Enige ou ringe vir Scope
4) Enige ou of stukkende scope
5) Enige verdere voorstelle om hom beter te laat lyk

Ek moet erken ek geniet die projekkie nogal baie, pm my gerus met 'n prys as jy iets beskikbaar het

Re: Speel geweer bou op remington kolf vir seun.

Posted: Tue Aug 06, 2019 7:55 am
by Toxxyc
Hi Jake1, ek het vir jou 'n scope. Dis 'n ou 3-9x40 scope met 'n illuminated mil-dot reticle (groen en rooi) as ek dit nie mis het nie. Hy het 'n backyard DIY job "camo" spray paint op gekry. Ek dink nie hy stel meer in nie, en dis hoekom hy net in die garage lê en stof vergaar. Hy's joune as jy hom wil hê.

Re: Speel geweer bou op remington kolf vir seun.

Posted: Tue Aug 06, 2019 8:20 am
by Jake1
Dankie Toxyc, ek pm jou nou

Re: Speel geweer bou op remington kolf vir seun.

Posted: Tue Aug 06, 2019 8:31 am
by andre007
Jake. Vir n slot, wat van die 'spring loaded' sleepwaentjie skuiwers, die manne gebruik dit vir 'tripguns'. Ek het toe ek n kannetjie was vir myself so roerkie gebou om mee te speel. Pa het my tot op n punt gehelp maar sy geduld was maar min, ek dink die loop was van metaal 'conduit' gemaak. Ek het egter n stuk allu / koper pyp binne in gemonter, as ek reg onthou was dit 1 van n ou CB radio se kruis antennas, was hol buise. Hyt presies n .22 patroontjie gevat, dit het mooi ingeskuif tot teen die 'rim' van die doppie, met rooi tjoep en n paar ander parte was dit hou gou n werkende .22 gewees :angel:

Re: Speel geweer bou op remington kolf vir seun.

Posted: Tue Aug 06, 2019 10:04 am
by Jake1
Andre sal dit bietjie bekyk, het jy 'n tipe van sneller gehad?
Ek sal nie regte ammunisie in hom skiet nie, miskien daai spons pyltjies waarmee die kinders nou speel.

PM gestuur Toxxyc, dankie vir die Scope, waardeer

Re: Speel geweer bou op remington kolf vir seun.

Posted: Tue Aug 06, 2019 10:18 am
by musgrave270
https://youtu.be/U5Gl5FrlMWk

Miskien n paar idees steel tov die slot se werking

Re: Speel geweer bou op remington kolf vir seun.

Posted: Tue Aug 06, 2019 10:31 am
by andre007
Jake1 wrote:Andre sal dit bietjie bekyk, het jy 'n tipe van sneller gehad?
Ek sal nie regte ammunisie in hom skiet nie, miskien daai spons pyltjies waarmee die kinders nou speel.

PM gestuur Toxxyc, dankie vir die Scope, waardeer
Snellerbeul was sommer van sinkplaat gemaak en die sneller n spyker, maar na ek uitgevind het ek kon .22 koelle met hom skiet was daai eintlik in die pad ;)

Re: Speel geweer bou op remington kolf vir seun.

Posted: Tue Aug 06, 2019 10:39 am
by Jake1
Andre ek het die oorspronklike snellerbeul ook saam met die kolf gekry.

Ek soek eintlik 'n regte ou sneller iewers, ek dink 'n regte gunsmith kan so iets hê, as iemand vir my 'n nommer het om te bel?

Re: Speel geweer bou op remington kolf vir seun.

Posted: Tue Aug 06, 2019 2:43 pm
by Jake1
Musgrave 270 daai video is baie interessant en goeie idee, dankie

Re: Speel geweer bou op remington kolf vir seun.

Posted: Wed Aug 07, 2019 6:04 am
by Jake1
In proses om iets te maak wat soos slot gaan lyk

Re: Speel geweer bou op remington kolf vir seun.

Posted: Wed Aug 07, 2019 6:08 am
by Jake1
Hier is die oorspronklike slot