Page 1 of 1
6.5x55 scope keuse
Posted: Wed Jul 31, 2019 10:18 am
by heywillie
Ek het huidiglik 'n Sightron SII 6.5-20x50 op my Howa 6.5x55.
Hy doen sy werk en sy elevation verstellings is heel akkuraat tot op 500m wat ek kon toets.
Die glas is nie so helder soos bv. my Leupold VX3i nie en sal graag in die nabye toekoms die Sightron wil vervang.
Ek kyk na een van die volgende twee opsies:
Leupold VX3i LRP 6.5-20x50
Leupold VX5HD 3-15x44 of 56
Watse ander scopes val min of meer in die twee scopes se klas tov prys, vergroting en kwaliteit?
Ek stel nie belang in FFP reticles, enige Rudolph of Vortex scopes nie.
Dankie
Re: 6.5x55 scope keuse
Posted: Wed Jul 31, 2019 11:10 am
by vlakvarkbeer
Hi ek het n 4x12x40 Redfield op my geweer en ek dink hy werk goed vir seker nie so goed op ver afstande nie maar werk goed in die bos.
Dankie Andre
Re: 6.5x55 scope keuse
Posted: Wed Jul 31, 2019 11:36 am
by ruaanb
Ek het nie 'n LRP nie maar het al deur 'n paar geloer tydens skiet sessies in verskillende toestande en ek is beindruk.
Re: 6.5x55 scope keuse
Posted: Wed Jul 31, 2019 11:45 am
by Toyrsi
Ek het 3 LRP's.
Seker nie almal se smaak nie maar ek is baie tevrede.
Groete
Re: 6.5x55 scope keuse
Posted: Wed Jul 31, 2019 11:59 am
by heywillie
Al wat my bietjie afsit van die LRP is die hengse elevation turret.
Die geweer is standaard gehou om hom 'n lekker ligte stap geweer te maak, wat nogsteeds die langer skote kan vat as dit moet.
Ek weet dat beide die LRP en VX5HD se glase baie goed is, het al deur albei kon loer op die baan.
Ek kan rerig net nie besluit tussen die twee nie...
Daarom het ek kom vra of daar nie dalk nog iets in die klas is waarna ek kan kyk nie
Re: 6.5x55 scope keuse
Posted: Wed Jul 31, 2019 12:06 pm
by Toyrsi
Daai hengse turrent maak stickers plak darem makliker.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190731/34123fb1e5f00cb420b37603cf168d9d.jpg
Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Re: 6.5x55 scope keuse
Posted: Wed Jul 31, 2019 12:16 pm
by Finder20
HeyWillie,
Jy kan ook kyk na Athlon Midas BTR GEN2 4.5-27×50 APRS4 SFP IR MIL Selfde prys klas as daai Leupolds en ook SFP met lekker IR indien nodig.
Groete Pella,
O ja vra vir:
JP Roux
Tel:0317641505
Cell:0782485458
Email:
sales@opticsrange.co.za
7 Itendele Road,Kloof,Durban 3610,South Africa
South African Dealer of Athlon Optics
https://opticsrange.wixsite.com/mysite
Hy't lekker pryse
Re: 6.5x55 scope keuse
Posted: Wed Jul 31, 2019 12:24 pm
by heywillie
Toyrsi wrote:Daai hengse turrent maak stickers plak darem makliker.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190731/34123fb1e5f00cb420b37603cf168d9d.jpg
Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Dis 'n geldige punt wat jy maak.
Net jammer hyt nie die locking turret soos die VX5HD nie...
Re: 6.5x55 scope keuse
Posted: Wed Jul 31, 2019 12:29 pm
by Toyrsi
Die Locking turrents het my nog nooit gepla nie.
Die wind het n cap op wat jy kan afhaal of op los.
Die elevasie het Zero stop so ek begin altyd daar.
Re: 6.5x55 scope keuse
Posted: Wed Jul 31, 2019 1:10 pm
by ruaanb
Jy kan ook kyk na die Lynx LX3 2.5-15x50 met die SAH kruishaar. Baie goeie waarde vir geld. Ek het die groter boetie die 5-30x56 maar hy is rof vir stapjag want scope is swaar en jy benodig 34mm ringe.
Re: 6.5x55 scope keuse
Posted: Wed Jul 31, 2019 1:45 pm
by Wouter Roets
Heywillie
Vir jou behoeftes, VX5HD 3-15x44 met CDS all the way.
Groetnis
Wouter
Re: 6.5x55 scope keuse
Posted: Wed Jul 31, 2019 1:51 pm
by heywillie
Ek gaan die VX3i 4.5-14x50 met 30mm tube (113MOA verstelling

) ook in die pot gooi.
Wouter, my broer het een op sy 308 en 270... darem maar 'n bul van scope daai !
Re: 6.5x55 scope keuse
Posted: Wed Jul 31, 2019 2:39 pm
by Desperatezulu
ruaanb wrote:Jy kan ook kyk na die Lynx LX3 2.5-15x50 met die SAH kruishaar. Baie goeie waarde vir geld.
+1
Dieselfde op my 6.5x55!
Re: 6.5x55 scope keuse
Posted: Wed Jul 31, 2019 2:57 pm
by ruaanb
ek dink Willie is vas op 'n Leupold....hy moet net besluit!
Re: 6.5x55 scope keuse
Posted: Wed Jul 31, 2019 3:37 pm
by heywillie
ruaanb wrote:ek dink Willie is vas op 'n Leupold....hy moet net besluit!
Ek is maar ‘n Leupold fan, gaan nie jok nie
Is nogsteeds oop vir voorstelle, ken regtig net nie ander scopes in die prysklas nie
Re: 6.5x55 scope keuse
Posted: Wed Jul 31, 2019 3:48 pm
by Toyrsi
Daar is niks verkeerd met Leupold nie. Kies die 1 wat met jou praat.
Re: 6.5x55 scope keuse
Posted: Thu Aug 01, 2019 8:25 am
by Sangoma (IAN)
Zeiss V4?
Re: 6.5x55 scope keuse
Posted: Thu Aug 01, 2019 8:44 am
by Wouter Roets
heywillie wrote:Ek gaan die VX3i 4.5-14x50 met 30mm tube (113MOA verstelling

) ook in die pot gooi.
Wouter, my broer het een op sy 308 en 270... darem maar 'n bul van scope daai !
Heywillie
Ek het net Leopolds op my gewere so het n goeie idiee van elke model se voor en nadele. Ek het een VX5 HD 3-15x44 en sy een nadeel is dat ek hom sou graag wou gehad het in n Boonne & Crockett of Varmint Hunters kruisdraad. Daar is nie altyd kans vir draai aan n turret nie en die afmik kruisies maak dit net soveel makliker en vinniger. As jy Cart Blanche gehad het op n teleskoop sou my heel eerste keuse n VX6 3-18x44 gewees het met n Boonne & Crockett kruishaar. Ek moet bieg hulle is van die naaste aan n idiale teleskoop vir jou spesifieke doeleindes.
My gunsteling kombinasie as n algemene loop en jag teleskoop is wel die VX3 4.5-14x40 met n B&C kruishaar sonder parralaks. Die meeste van my all rounder gewere dra een van hulle. As skote bo 400m deel is van jou behoefte sal die VX5 of VX6 die beter keuse wees. Terloops sien ek glad nie die nut aan n 50 of groter objective lens vir die tipe van aplikasie nie.
Groetnis
Wouter
Re: 6.5x55 scope keuse
Posted: Thu Aug 01, 2019 3:54 pm
by Mellies
Z5 2.4-12x50 of 3.5-18x44 met BRH.
Met `n vleisie...