Page 1 of 1
KURSUS
Posted: Mon Nov 14, 2011 4:54 pm
by JACQUES BOTHA
Kursus as daar belangstelling is:
[glow=red,2,300](Inleiding tot Probleemdier beheer)[/glow]
As iemand n behoefte identifiseer in sy gemeenskap, wat werklik n behoefte uit sy hart is,
gee my n pm of mail .
Ek is bereid om 2 kursusse per jaar gratis aan te bied vir so doel.
Jy reel die kursus en die mense en hulle betaal sommer die geld in by jou of die organisasie wat jy identifiseer.
En ek doen die res, as dit redelik ver is reel net asb n slaapplek vir my , die res is gratis .
Ek wil graag sommer graag die eerste een op Cradock aanbied en die fondse vir die Plaasklike Shelter gee .
As iemand daar wil reel, ek is beskikbaar so vroeg in die volgende jaar (2012).
Indien daar nie belangstelling is vir Cradock nie, kan enige een my n pm of mail gee vir voorstelle of gedagtes rondom die saak.
Groete
Jacques Botha
Re: KURSUS
Posted: Mon Nov 14, 2011 8:30 pm
by douw

"THUMBS UP" VIR DIE GEDAGTE!!
GROETNIS
DOUW
Re: KURSUS
Posted: Mon Nov 14, 2011 8:50 pm
by theedge
Great idee
Re: KURSUS
Posted: Mon Nov 14, 2011 11:07 pm
by Louis102
Jakes
Jy kan altyd hier op Kuduberg ook 'n bietjie welsyns-werk kom doen
Louis
Re: KURSUS
Posted: Tue Nov 15, 2011 2:06 pm
by Mac
JB,
Laat weet maar as jy Cradock toe gaan, stel belang
Thanks
Re: KURSUS
Posted: Tue Nov 15, 2011 2:22 pm
by Dirkie
Jacques,
ek sal baie graag n kursus wil bywoon. Sal cradock toe gaan. Jy kan altyd Prieska toe ook kom hier is baie manne wat wil leer. Dis net so 390km van Bloemfontein af
Groete Dirkie
Re: KURSUS
Posted: Tue Nov 15, 2011 4:51 pm
by JACQUES BOTHA
Dirkie
Ek het n kursus dara gehou so maaand terug . Andre gous het gereel. Die Kursus was tegnologies n flater, niks wou werk nie, maar die vriendelike mense van prieska het almal gehelp en op die end darem alles gedoen gekry.
Laat weet maar weer dan kom maak ek n draai daar volgende jaar.
Groete
Jacques
Re: KURSUS
Posted: Tue Nov 15, 2011 4:54 pm
by JACQUES BOTHA
Oom Leeu
Ek gaan nog daar uitkom . maar nie vir die welsynswerk nie...
vir opleiding van jou kant af... laat ek bietjie leer he werk die manne daar in die duine?
Groete
Jacques
Re: KURSUS
Posted: Tue Nov 15, 2011 4:57 pm
by JACQUES BOTHA
Uncle MAc
Keep you up to date on that date..
Daar is genoeg stoele ne tafels by die plekkie self om die kursus aan te bied, Sal jou laat weet sodra ek met die Cradock manne gesels het.
Hoop maar Isak lees raak en begin solank reel..of DawieD
Groete Hoop nie daai vallei dorp van julle is al weer so warm soos altyd nie?
mooi bly
Jacques
Re: KURSUS
Posted: Tue Nov 15, 2011 5:08 pm
by Dirkie
Dankie Jacques,ek was nie by daai kursus nie net gehoor daarvan ek was op n dorperkursus,maar sal n plan maak om by n kursus van jou uittekom.
Groete
Re: KURSUS
Posted: Wed Nov 16, 2011 3:11 pm
by Dawie D
Isak
Moenie maak of jy dit mis lees nie

Kom ons reel gou iets
Groete Dawie
Re: KURSUS
Posted: Wed Nov 16, 2011 10:15 pm
by JACQUES BOTHA
Manne hier is n klomp raakvaters opppie forum --
Klink my die Cradock kursus is amper vasgemaak, dit gaan n 2 dag een wees wat ons wil kombineer met ..JAGLIG GEHEIEME (Ek dink daar gaan net plek wees vir die eerste 12 op naglig gedeelte wat vrydag sal wees en dan die saterdag oggend begin met die Probleemdier gedeelte) Klink of ons dit die daar rondom die 5/6 de Januarie sal kan laat realiseer...
Ons hou julle op hoogte van die jongste nuus.
Nogmaals dankie manne en maninne wat sulke dinge moontlik maak..
Voorspoed seen
Jacques
Re: KURSUS
Posted: Fri Nov 18, 2011 7:16 pm
by britsman
Jakes,
Count britsie in.
Jou stoetgat

brits