Page 1 of 2

1ste Custom geweer bou.

Posted: Mon Jul 29, 2019 10:23 pm
by jankraay
Naand manne.

Aangesien daar deesdae n klomp advertensies is wil ek graag met julle die projek deel(ek was deel van die advertensies)

Ek het na n hele ruk se geworstel toe besluit om die roete te gaan en ek sien baie uit. Die kaliber wat ek gaan bou is 6.5-284 en die komponente is soos volg:

Aksie: Defiance Rebel
Sneller: Bix n Andy
Loop: Walther HP 1:8twist 32”(Reeds gekoop)
Kolf: Skaapboer(die regte skaapboer kolf en nie die fake wat rondgeloop het nie)
Scope: Kahles 318i(Reeds in die kas)
GS: Oom Gert Le Roes Klerksdorp
Cerakote Ja/Nee: Besluit nog

Ek sal julle op hoogte hou soos dinge gebeur en sien uit om die droom met julle te deel.

Groete





Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 1ste Custom geweer bou.

Posted: Mon Jul 29, 2019 10:28 pm
by Jaco v Zyl
Lekker Jan.
Ek hou die draad fyn dop.
Sterkte met die wag maar as hy kla is gaan al die wag die moeite werd wees.

Re: 1ste Custom geweer bou.

Posted: Mon Jul 29, 2019 11:55 pm
by Albert84
Watse pitte gaan jy hom voer?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 1ste Custom geweer bou.

Posted: Tue Jul 30, 2019 9:37 am
by jankraay
Op die gonge 140gr RDF’s en LA jag 147gr ELD M.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 1ste Custom geweer bou.

Posted: Tue Jul 30, 2019 10:36 am
by Albert84
Daai gan mooi werk uit daai lang loop! Ek weet net nie of die roer op die agter sit plek van n dubble kajuit bakkie gan pas met daai 32” pyp nie

Sterkte met die wag. En hou ons op hoogte!

Mooi loop


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 1ste Custom geweer bou.

Posted: Tue Jul 30, 2019 11:52 am
by jankraay
Albert84 wrote:Daai gan mooi werk uit daai lang loop! Ek weet net nie of die roer op die agter sit plek van n dubble kajuit bakkie gan pas met daai 32” pyp nieImage

Sterkte met die wag. En hou ons op hoogte!

Mooi loop


Sent from my iPhone using Tapatalk
Haha ek het n ander een vir daai doel. Die een gaan maar n le en wag roer wees.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 1ste Custom geweer bou.

Posted: Wed Jul 31, 2019 9:06 am
by Victor_
Môre Jan

Baie opgewonde vir jou.

Sal jy asb meer vertel oor hoe mens te werk gaan om 'n reamer te kies vir so 'n bou? Neem aan jy wil jou koeël so lank as moontlik seat?

Gaan jy jou doppe se nekke skil? (Neem aan dit word ook bepaal deur reamer se nek "grote")

Sal jy asb jou DIE keuse bespreek? (Bushing vs non-bushing die?)

Gaan jy skroefdraad sny vir silencer, muzzle brake of nie?

Jammer, vir al die vrae. Wil graag net jou denkwyse oor als hoor.

Groete Victor

Re: 1ste Custom geweer bou.

Posted: Wed Jul 31, 2019 9:57 am
by Capt. Yoda
Jan is seker op die pad maar n reamer begin maar by die koel wat jy wil skiet, as jy n baie lang koel wil skiet moet jy genoeg freebore he sodat die koel nie te diep in jou dop in druk en van jou kruit se spasie op neem nie. Die GS kan ook n "piloted throating reamer" gebruik om die keel langer te sny as jy dalk sy reamer gebruik en hy is dalk net te kort vir jou doel, jy gee vir jou GS n dummy patroon van hoe jy hom wil laai en hy kan dan die keel/freebore langer maak om by jou vereistes te pas.

Nek besluit jy maar of jy van n stuiwe kamer hou of nie, ek dink meeste ouens vandag gaan eder vir n no-turn kamer en skil dan die nek net sodat alles mooi rond is. Daai stuiwe kamers is net n gesukkel

Re: 1ste Custom geweer bou.

Posted: Wed Jul 31, 2019 9:56 pm
by jankraay
Victor_ wrote:Môre Jan

Baie opgewonde vir jou.

Sal jy asb meer vertel oor hoe mens te werk gaan om 'n reamer te kies vir so 'n bou? Neem aan jy wil jou koeël so lank as moontlik seat?

Gaan jy jou doppe se nekke skil? (Neem aan dit word ook bepaal deur reamer se nek "grote")

Sal jy asb jou DIE keuse bespreek? (Bushing vs non-bushing die?)

Gaan jy skroefdraad sny vir silencer, muzzle brake of nie?

Jammer, vir al die vrae. Wil graag net jou denkwyse oor als hoor.

Groete Victor
Hi Victor

Jong ek is nie vol nonsens as dit by die reamer kom nie. Die reamer is SAAMI spec en nou turn en die res pla my nie.

Ek haal gewoonlik net high spots van my doppe en dit is dit.

Ek laai met n gewone deluxe die met die expander ball uit. Ek expand na die proses met n -‘001” mandrel om die spanning van binne af te beheer. Redding sal my keuse wees.

Ek gaan verseker n KD opsit met n Legionnaire cover. Warrior met die external brake is my 1ste keuse.

Daar het ek alles geantwoord maar vra maar nog as jy nog iets wil weet.

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 1ste Custom geweer bou.

Posted: Thu Aug 01, 2019 1:50 am
by Sangoma (IAN)
Daai klink na n lekker setup!

Eks self baie beindruk met my 6.5x284.

Re: 1ste Custom geweer bou.

Posted: Thu Aug 01, 2019 6:28 am
by Sangoma (IAN)
Hier is sy kos!
Doppe 6.5x284
Berger 156gr en Hornady 153gr

Sal jou aksie / magasyn kas lank genoeg wees vir die bad boys?

Re: 1ste Custom geweer bou.

Posted: Thu Aug 01, 2019 7:33 am
by jankraay
Sangoma (IAN) wrote:Hier is sy kos!
Doppe 6.5x284
Berger 156gr en Hornady 153gr

Sal jou aksie / magasyn kas lank genoeg wees vir die bad boys?
Die aksie sal lank genoeg wees ja en dit gaan n enkel skoot wees ja. Die probleem is dat dit die eerste keur is wat ek daai koele sien in n foto en hoor van iemand wat dir gebruik.

Daai goed gaan hier n arm en n been kos en dit is die geweer wat die meeste gaan skietImage


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 1ste Custom geweer bou.

Posted: Thu Aug 01, 2019 8:13 am
by Sangoma (IAN)
Ek het daai pic op sosiale media gesien. Ek wag self dat hulle beskikbaar word. Sien baie uit om hulle te toets.

Re: 1ste Custom geweer bou.

Posted: Thu Aug 01, 2019 3:26 pm
by Ammion
Ek dink daardie A-Tips gaan naby R 2000.00 / 100 kos wanneer dit hier beskikbaar raak.

Re: 1ste Custom geweer bou.

Posted: Thu Aug 01, 2019 3:33 pm
by Ammion
140gr Hybrid links, 135gr A-tip en 140gr Amax regs

1ste Custom geweer bou.

Posted: Thu Aug 01, 2019 6:50 pm
by jankraay
1ste hekkie in die bou proses gevang. Die aksie wat ek soek is nie beskikbaar nie. Die een wat hulle wel het kom nie met n rail nie en die rails gaan eers oor 3 maande hier aankom.

Nou moet ek maar weer dink...


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 1ste Custom geweer bou.

Posted: Thu Aug 01, 2019 8:10 pm
by Sangoma (IAN)
X Max?

Re: 1ste Custom geweer bou.

Posted: Thu Aug 01, 2019 8:48 pm
by jankraay
Sangoma (IAN) wrote:X Max?
As dinge nie uitwerk nie gaan ek maar Barnard gaan. Sal maar more sien wat ek gereel kan kry.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 1ste Custom geweer bou.

Posted: Thu Aug 01, 2019 9:24 pm
by Rasmus
X maxe is tans bitter skaars veral nuwes..... maar hulle kom mos standaard met n rail?

Re: 1ste Custom geweer bou.

Posted: Thu Aug 01, 2019 10:07 pm
by JPS
Dink X Maxe is op hulle einde....

Re: 1ste Custom geweer bou.

Posted: Thu Aug 01, 2019 11:23 pm
by Francoisv
JPS wrote:Dink X Maxe is op hulle einde....
Veral met naverkoop diens.

Ek weet van 2 xmax 308 gewere wat te koop is.


“The Only Easy Day Was Yesterday”

Re: 1ste Custom geweer bou.

Posted: Fri Aug 02, 2019 10:28 am
by swc-tr
Wat van Orpen Wapens se nuwe CG Millenium aksies?

Re: 1ste Custom geweer bou.

Posted: Fri Aug 02, 2019 11:24 am
by Arnold
My voorstel is nie om 'n Howa aksie te gebruik nie maar as jy goedkoop wil wegkom is daar seker min wat die Tikka T3 sal klop as jy na 'n fabrieksgeweer aksie kyk.

Hierdie is elkgeval nooit 'n vinnige proses nie so ek sou dink om 3 maande vir 'n rail te wag is nie so ernstig nie tensy jy nie daardie aksie soek nie.

Re: 1ste Custom geweer bou.

Posted: Fri Aug 02, 2019 11:28 am
by Arnold
jankraay wrote: Kolf: Skaapboer(die regte skaapboer kolf en nie die fake wat rondgeloop het nie)
As ek nou aan die regte een dink dan was dit nie 'n fake skaapboer kolf nie maar swak advertensie van die verkoper om dit so voor te stel?
Hoekom sal iemand 'n copy van 'n copy adverteer ::)

Re: 1ste Custom geweer bou.

Posted: Fri Aug 02, 2019 11:31 am
by jankraay
Arnold wrote:
jankraay wrote: Kolf: Skaapboer(die regte skaapboer kolf en nie die fake wat rondgeloop het nie)
As ek nou aan die regte een dink dan was dit nie 'n fake skaapboer kolf nie maar swak advertensie van die verkoper om dit so voor te stel?
Hoekom sal iemand 'n copy van 'n copy adverteer ::)
Hier was n moroon in Kroonstad gewees wat homself voorgegee het as skaapboer en Johan(Skaapboer) se kolwe wat hy na sy smaak verander het gecopy het en soos n graad 1 gebou het. Dink daar is nou nog n paar manne wat hom soek.


Sent from my iPhone using Tapatalk