Page 1 of 1

Magasyne vir Walther PPQ

Posted: Mon Jul 29, 2019 10:50 am
by DiscoBiscuit
Dagsê,

Soek raad vir n holster vir my Walther PPQ.
Het iemand al die gebruik?
https://guns-tactics.co.za/shop/appendi ... claw-clip/

Enige raad welkom.

Mooi dag,

Herman..


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: AIWB vir Walther PPQ

Posted: Mon Jul 29, 2019 2:15 pm
by figjam
Het nog nie een van hul produkte gebruik nie. Ek sou Quantum Carry of CkCS of Daniel's eerder aanbeveel. AS hulle vir jou 'n custom een kan maak. Vat ongelukkig net 'n tydjie. Ek sou die Quantum Carry Chameleon v2 aanbeveel vir AIWB. As hulle nie vir jou kan maak nie kan jy seker daai een koop.

Re: AIWB vir Walther PPQ

Posted: Mon Jul 29, 2019 6:34 pm
by savage(P Coetzer)
Ek gebruik nou al die laaste jaar n Consealment Solutions iwb holster vir my PPQ en hy werk vreeslik lekker. Met n behoorlike belt weet jy nie van hom in die 4uur tot half 5 posisie nie.

Re: AIWB vir Walther PPQ

Posted: Mon Jul 29, 2019 6:42 pm
by savage(P Coetzer)

Re: AIWB vir Walther PPQ

Posted: Mon Jul 29, 2019 8:33 pm
by DiscoBiscuit
Dankie vir die inligting sovêr.

Mooi aand,

Herman.


Sent from my iPad using Tapatalk

Magasyne vir Walther PPQ

Posted: Mon Jul 06, 2020 11:55 am
by DiscoBiscuit
Dagsê,

Waar kan ek magasyne vir my Walther PPQ M2 9mm in SA kry?

Mooi dag,

Herman.


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Magasyne vir Walther PPQ

Posted: Mon Jul 06, 2020 12:24 pm
by prohunt
DiscoBiscuit wrote: Mon Jul 06, 2020 11:55 am Dagsê,

Waar kan ek magasyne vir my Walther PPQ M2 9mm in SA kry?

Mooi dag,

Herman.


Sent from my iPad using Tapatalk
Hallo Herman,

Hoor by Savage, hy het ook kommentaar gelewer. Ek weet hy het op 'n stadium M2 magasyne gehad. Ek was opsoek na M1 magasyne.

Groete

Johan

Re: Magasyne vir Walther PPQ

Posted: Mon Jul 06, 2020 1:47 pm
by Ds J
DiscoBiscuit wrote: Mon Jul 06, 2020 11:55 am Dagsê,

Waar kan ek magasyne vir my Walther PPQ M2 9mm in SA kry?

Mooi dag,

Herman.
Herman, sover ek weet is enige Walther parte skaarser as hoendertande en kosbaarder as n eerlike politikus. Walter in Duitsland wil nie skuldig wees aan die uitvoer van wapens wat dalk in verkeerde hande in Afrika beland nie, en daarom voer hulle nie uit na SA nie.

Die enigste moontlikhede is om deur n middelman te werk, of iemand moet dit persoonlik vir julle in Duitsland koop en pos.

Re: Magasyne vir Walther PPQ

Posted: Mon Jul 06, 2020 8:55 pm
by tripodmvr
Ek het by K-Mag gaan loer, maar hul magasyne is vir P38.

Re: Magasyne vir Walther PPQ

Posted: Tue Jul 07, 2020 7:14 am
by DiscoBiscuit
Dagsê,

Ja, die prys wat mens betaal as jy nie Glock koop nie.......eish! As ek nie regkom in SA nie, sal ek maar “invoer” saam met vriende uit Duitsland. Ek sukkel al klaar Om goed uit SA na Namibië te bring met lockdown.

Baie dankie vir insette, ek waardeer dit.

Groete,

Herman.



Sent from my iPad using Tapatalk