Page 1 of 2

Probleem met Sako 30-06

Posted: Sun Jul 28, 2019 12:08 pm
by heywillie
Ek het voor ons jag in Junie gesukkel om my Sako Finnbear 30-06 te laat groepeer.
Die geweer wou glad nie sy zero hou nie. Ek het hom maar in die kluis gelos...
In die week het ek die aksie laat pak en die loop mooi laat free float.
Na gister se skiet sessie, skiet die geweer nog baie bont.
Die volgende is gedoen en nagegaan:

1. Aksie gepak, loop free float.
2. Aksie skroewe is vas.
3. Ringe is vas.
4. Ringe is gelap toe scope opgesit is.
5. Lading is op node.
6. Het met dieselfde skaal vir die 6.5x55 gelaai en hy skiet 5 skote onder 0.75MOA op 100m.
7. Scope het nog nooit geval of harde stamp gehad nie.

Ek het 4 keer 2 skote geskiet. Elke teiken wys waar ek gemik het (rooi ster) en waar die punte die teiken getref het (groen kolle).
Ek vermoed dat die scope dalk gaar is, maar kan dit amper nie glo nie?? Leupold VX3i 4.5-14x40 CDS wat nou skaars 2 jaar oud is.
Ek weet nie wat anders dit kan wees nie. Enige voorstelle wat om na te kyk ?

Dankie
1.jpg
2.jpg
3.jpg

Re: Probleem met Sako 30-06

Posted: Sun Jul 28, 2019 12:09 pm
by heywillie
4.jpg

Re: Probleem met Sako 30-06

Posted: Sun Jul 28, 2019 12:20 pm
by Smitstertjies
Het jy n silencer op die geweer? Indien wel kyk of jy hom nie dalk raakskiet nie.

Re: Probleem met Sako 30-06

Posted: Sun Jul 28, 2019 12:54 pm
by heywillie
Geen silencer

Re: Probleem met Sako 30-06

Posted: Sun Jul 28, 2019 1:04 pm
by tripodmvr
Ander teleskoop opsit?

Re: Probleem met Sako 30-06

Posted: Sun Jul 28, 2019 1:37 pm
by Sako75
Ek het al so gesukkel met 'n geweer wat ek op 'n bladsy nie kon kry om te groepeer nie. Baie dinge probeer wat nie wou werk nie. Ander scope, ander ladings, hom laat pak, sneller gestel, ens, ens. Toe het manne my gese ek moet "loop probeer skoonkry van alles wat moontlik daar kon aangepak het". Met advies het ek hom begin skoonmaak vir alles wat kon aanpak en wat dalk al jare daar gesit het. Na 'n hengse skoonmaak proses het hy reggekom..... Ek sou nie se dis dit in jou geval nie. Maar dis 'n groot proses om alles wat fout kan wees te elimineer. Ek het net so gesukkel met handladings vir 'n 25-06. Toe ek oorskakel na fabriekammunisie toe skiet hy ver meer akkuraat as wat ek iets kon laai tot op daardie stadium. Dis nadat ek 4 scopes op hom gehad het, 4 verskillende koeels op hom gehad het, die aksie verskillende stellings styf en los gemaak is en ek oorweeg het om hom te pak. Met sy fabrieksammunisie werk hy nou vir my aanvaarbaar.

Re: Probleem met Sako 30-06

Posted: Sun Jul 28, 2019 1:46 pm
by Jake1
Stem saam volgorde

1) Ander scope dan as steeds swak is
2) Ander ringe
3) Dan 'n pakkie gewone kafee ammunisie (met gewone kafee patrone behoort hy uit boks reeds redelik mooi te skiet)

Ek neem aan jou loop se kroon is bekyk en in orde?

Sal graag wil weet wat die fout toe was

Groetnis
Jaco

Re: Probleem met Sako 30-06

Posted: Mon Jul 29, 2019 9:01 am
by THOMAST
Watse ringe is op die geweer?
'n Vriend het eidelose probleme gehad met sy Musgrave en was op die punt om die geweer te verkoop toe iemand hom aangesĂȘ het om die Lynx monterings se kegeltjies (sit tussen basis en ring) na te gaan, Die een kegel was toe gekraak en was die oorsaak van die bont skietery. Oorsaak was 1)of te veel spanning op kegel agv te styf vas draai of 2) swakplek in die gietproses van die kegel

Re: Probleem met Sako 30-06

Posted: Mon Jul 29, 2019 10:21 am
by heywillie
Oom Driepoot - Ek gaan moeilik 'n ander scope kan opsit, tensy dit dieselfde model is. 30mm tube met 40mm objektief. Meeste 30mm buis scope is 50mm, dan gaan hy aan die loop raak.

Sako75 - Ek het vroeer die jaar van Peregrines oorgeskakel na Hornady in beide my jag gewere. Het die gewere behoorlik geskrop met die oorskakeling.

Jake 1 - Dis ringe is Leupold ringe wat gemaak is om direk aan die Sako se dovetails vas te maak. Met my vorige Leupod VX1 en dieselfde tipe ringe het ek amper 6 jaar geskiet sonder probleme. Ek moet die winkel patrone nog probeer. Op die oog af lyk die kroon reg, nog nie 'n borescope deur gesit om te kyk na ander probleme nie.

THOMAST - Sien detail oor ringe hier bo genoem.
888b8ebc-6d64-4af9-958d-6c1971dbb3b3.jpg
download.jpg

Re: Probleem met Sako 30-06

Posted: Mon Jul 29, 2019 10:52 am
by Monster
My boet het 'n soor gelyke issue gehad. Ons het na 'n lang gesukkel die geweer van die kolf los gemaak en gesien daar het kolf olie op gebou onder die loop.

Ek sou ook kyk of die kroon nie seer gekry het nie of dat die keel uit geskiet is.

Re: Probleem met Sako 30-06

Posted: Mon Jul 29, 2019 11:07 am
by Hercules Louw
Heywillie, ek dink die ringe is die probleem.
Kyk mooi na die Sako se dovetails, dit is nie parallel soos die van bv. 'n Tikka nie, dit word wyer na die voorkant. Die Leopold ringe is vas aan die een kant (regterkant soos op jou geweerfoto) met 'n totale los klamp aan die ander kant. Hoe dieper jy dus 'n ring op die dovetail instoot, hoe meer "locate" die ring na regs (montering soos op jou foto). Dit beteken dat jy eers een ring moet posisioneer op die dovetail en vasmaak en dan die 2de ring dieper of vlakker moet instoot totdat die twee ringe in die horisontale vlak met mekaar oplyn. Dit gaan nie 'n eksakte proses wees nie en jy sal die boonste helftes van die ringe moet afhaal en heeltyd met die scope moet pas en sien of die ringe wel horisontaal presies oplyn na elke bietjie skuif en vasmaak. As dit vir jou lyk of die horisontale belyning korrek is, dan kan jy lapping ook nog doen, maar die ringe mag nie meer op die dovetails skuif nie.

Doen 'n toets:
Maak die voorste ring se klamp los en kyk of die ring horisontaal skuif soos die klamp loskom. Indien geen beweging, maak die klamp van die voorste ring weer vas, en maak nou die agterste ring se klamp los en kyk wat gebeur. As daar enige horisontale beweging van die ringe is as die betrokke ring losgemaak word, beteken dit daar is 'n spanning tussen jou teleskoop en die aksie wat die bont skiet kan verklaar.

Dit is juis om hierdie probleme wat deur Sako se tapered dovetails veroorsaak word op te los dat Sako die Optilock ringe ontwikkel het. Hierdie ringe werk amper soos 'n "ball joint" wat die horisontale en vertikale belyningsfoute tussen die voorste en agterste ringe opneem en dan sorg dat daar geen spanning oor die teleskoop is nie.

Re: Probleem met Sako 30-06

Posted: Mon Jul 29, 2019 11:27 am
by Jake1
Ek stem, ringe dan 1e
Maar kafee koele is nie 'n duur oefening voor jy onnodig nuwe ringe koop nie.

Is hier nie iemand wat vir hom die regte tipe ringe kan leen nie?

Ek het al 'n paar ouens se gewere probeer uitsort, dit kan onnodig duur word.

Groetnis
Jaco

Re: Probleem met Sako 30-06

Posted: Mon Jul 29, 2019 11:36 am
by spekieries
Hier gooi ek 'n ander klip. Hoe lyk die geweer se kroon. Het jy ooit weer kroon gesny?

Re: Probleem met Sako 30-06

Posted: Mon Jul 29, 2019 12:08 pm
by drtim
Heywillie

Ek is heeltemal seker daar is nie 'n probleem met die geweer nie. Haal die scope af en begin weer om hom te mount. Soek 'n bietjie help met die alignment van die ringe en hoe hulle vas klamp. Ek het presies die selfde proebleem gehad. Eintlik na 'n piccatiniy gegaan en hy skiet weer mooi.

Groete

Tim

Re: Probleem met Sako 30-06

Posted: Mon Jul 29, 2019 1:28 pm
by heywillie
Hercules Louw wrote:Heywillie, ek dink die ringe is die probleem.
Kyk mooi na die Sako se dovetails, dit is nie parallel soos die van bv. 'n Tikka nie, dit word wyer na die voorkant. Die Leopold ringe is vas aan die een kant (regterkant soos op jou geweerfoto) met 'n totale los klamp aan die ander kant. Hoe dieper jy dus 'n ring op die dovetail instoot, hoe meer "locate" die ring na regs (montering soos op jou foto). Dit beteken dat jy eers een ring moet posisioneer op die dovetail en vasmaak en dan die 2de ring dieper of vlakker moet instoot totdat die twee ringe in die horisontale vlak met mekaar oplyn. Dit gaan nie 'n eksakte proses wees nie en jy sal die boonste helftes van die ringe moet afhaal en heeltyd met die scope moet pas en sien of die ringe wel horisontaal presies oplyn na elke bietjie skuif en vasmaak. As dit vir jou lyk of die horisontale belyning korrek is, dan kan jy lapping ook nog doen, maar die ringe mag nie meer op die dovetails skuif nie.

Doen 'n toets:
Maak die voorste ring se klamp los en kyk of die ring horisontaal skuif soos die klamp loskom. Indien geen beweging, maak die klamp van die voorste ring weer vas, en maak nou die agterste ring se klamp los en kyk wat gebeur. As daar enige horisontale beweging van die ringe is as die betrokke ring losgemaak word, beteken dit daar is 'n spanning tussen jou teleskoop en die aksie wat die bont skiet kan verklaar.

Dit is juis om hierdie probleme wat deur Sako se tapered dovetails veroorsaak word op te los dat Sako die Optilock ringe ontwikkel het. Hierdie ringe werk amper soos 'n "ball joint" wat die horisontale en vertikale belyningsfoute tussen die voorste en agterste ringe opneem en dan sorg dat daar geen spanning oor die teleskoop is nie.
Word die probleem dan nie reg gestel deur die ringe te lap nie ?

Re: Probleem met Sako 30-06

Posted: Mon Jul 29, 2019 1:29 pm
by heywillie
spekieries wrote:Hier gooi ek 'n ander klip. Hoe lyk die geweer se kroon. Het jy ooit weer kroon gesny?
Kroon is nog nooit gesny nie, ook nog nie daarna gekyk nie.

Re: Probleem met Sako 30-06

Posted: Mon Jul 29, 2019 1:30 pm
by heywillie
drtim wrote:Heywillie

Ek is heeltemal seker daar is nie 'n probleem met die geweer nie. Haal die scope af en begin weer om hom te mount. Soek 'n bietjie help met die alignment van die ringe en hoe hulle vas klamp. Ek het presies die selfde proebleem gehad. Eintlik na 'n piccatiniy gegaan en hy skiet weer mooi.

Groete

Tim
Reeds gedoen en probleem is nog daar.

Re: Probleem met Sako 30-06

Posted: Mon Jul 29, 2019 2:35 pm
by Hercules Louw
heywillie wrote:
Hercules Louw wrote: As dit vir jou lyk of die horisontale belyning korrek is, dan kan jy lapping ook nog doen, maar die ringe mag nie meer op die dovetails skuif nie.

Doen 'n toets:
Maak die voorste ring se klamp los en kyk of die ring horisontaal skuif soos die klamp loskom. Indien geen beweging, maak die klamp van die voorste ring weer vas, en maak nou die agterste ring se klamp los en kyk wat gebeur. As daar enige horisontale beweging van die ringe is as die betrokke ring losgemaak word, beteken dit daar is 'n spanning tussen jou teleskoop en die aksie wat die bont skiet kan verklaar.
Word die probleem dan nie reg gestel deur die ringe te lap nie ?
Toepalike deel uit my vorige plasing onderstreep hierbo.
Maar doen gerus die toets, om te meet is om te weet.
Jy is ook welkom om die geweer na my te bring, dan kan ons hom saam deurkyk.
Indien nodig kan jy selfs my Finnbear 30-06 se scope met Optilock ringe leen om jou geweer mee te toets. Ek woon naby die Rigel afrit, stuur PM as jy belangstel.

Re: Probleem met Sako 30-06

Posted: Mon Jul 29, 2019 2:39 pm
by Sniper18
Ekt vir jou 'n splinternuwe 30-06 tikka varminter loop 11twist.
Nog geen skote deur nie.
Hy sal op daai aksie pas. Draai net in.

Re: Probleem met Sako 30-06

Posted: Mon Jul 29, 2019 2:42 pm
by heywillie
Sniper18 wrote:Ekt vir jou 'n splinternuwe 30-06 tikka varminter loop 11twist.
Nog geen skote deur nie.
Hy sal op daai aksie pas. Draai net in.
Ek PM jou my serial nommer dan stamp jy hom solank in.
Sal Saterdag gou kom haal >:D >:D >:D

Re: Probleem met Sako 30-06

Posted: Mon Jul 29, 2019 2:47 pm
by heywillie
Hercules Louw wrote:
heywillie wrote:
Hercules Louw wrote: As dit vir jou lyk of die horisontale belyning korrek is, dan kan jy lapping ook nog doen, maar die ringe mag nie meer op die dovetails skuif nie.

Doen 'n toets:
Maak die voorste ring se klamp los en kyk of die ring horisontaal skuif soos die klamp loskom. Indien geen beweging, maak die klamp van die voorste ring weer vas, en maak nou die agterste ring se klamp los en kyk wat gebeur. As daar enige horisontale beweging van die ringe is as die betrokke ring losgemaak word, beteken dit daar is 'n spanning tussen jou teleskoop en die aksie wat die bont skiet kan verklaar.
Word die probleem dan nie reg gestel deur die ringe te lap nie ?
Toepalike deel uit my vorige plasing onderstreep hierbo.
Maar doen gerus die toets, om te meet is om te weet.
Jy is ook welkom om die geweer na my te bring, dan kan ons hom saam deurkyk.
Indien nodig kan jy selfs my Finnbear 30-06 se scope met Optilock ringe leen om jou geweer mee te toets. Ek woon naby die Rigel afrit, stuur PM as jy belangstel.
PM gestuur baie dankie

Re: Probleem met Sako 30-06

Posted: Mon Jul 29, 2019 2:54 pm
by Sniper18
Ekt PM gestuur

Re: Probleem met Sako 30-06

Posted: Tue Jul 30, 2019 8:09 am
by heywillie
Het 'n borescope geleen gekry, sal vanaand gou paar fotos neem en hier kom plaas

Re: Probleem met Sako 30-06

Posted: Tue Jul 30, 2019 10:07 am
by swc-tr
Hercules gee goeie raad.
Het jy seker gemaak die agterste oogstuk van die teleskoop is goed vas?

Sulke probleme het gewoonlik 'n eenvoudige oorsaak.

Re: Probleem met Sako 30-06

Posted: Tue Jul 30, 2019 10:15 am
by heywillie
swc-tr wrote:Hercules gee goeie raad.
Het jy seker gemaak die agterste oogstuk van die teleskoop is goed vas?

Sulke probleme het gewoonlik 'n eenvoudige oorsaak.
Scope is ingegee by Formalito vanoggend sodat hulle kan kyk.
As hulle nie fout sien nie, sal ek by Hercules gaan draai, hy bly baie naby aan my.

Ja, ek het oogstuk, parallaks, elevation en windage dials nagegaan.