Page 1 of 1

Duiwe skiet

Posted: Mon Nov 14, 2011 1:25 pm
by ablm468
Manne

Ek woon op die oosrand en het nou so maand gelede my liksens gekry vir my o/u haelgeweer het paar keer gaan klieduif skiet maar voel dis is 'n mors van ammo. Ek wil graag my dienste aanbied vir boere in die omgewing wat probleme met duiwe het. Ek sien daar is baie lande soos ek ry uit Delmas en Bapsfontein se kan toe waar die duiwe baljaar in die pas aangeplante lande.

As daar iemand is wat my wil gebruik pm my, ek vra nie geld nie, doen dit vir die plesier.

Groetnis

Hansman

Re: Duiwe skiet

Posted: Mon Nov 14, 2011 1:28 pm
by Wouter Roets
Hansman

As jy voel jy het jou ammo gemors met kleiduiwe dan moet jy maar liewer wegbly met die regte goed! ;D ;D ;D

Groetnis
Wouter

Re: Duiwe skiet

Posted: Mon Nov 14, 2011 3:09 pm
by ablm468
??? ??? ???

Re: Duiwe skiet

Posted: Mon Nov 14, 2011 3:50 pm
by Gerhard
Hansman wrote: ??? ??? ???
Wouter bedoel dat as jy ammo mors deur kleiduiwe mis te skiet jy nie gaan reg kom op regte duiwe ver al die groot ring nekke en bosduiwe nie...

Daai goed is vinniger as n kleiduif met n turbo in...  ;D  ;D  ;D

Re: Duiwe skiet

Posted: Tue Nov 15, 2011 7:57 am
by ablm468
Manne ek hoor julle, dit is juis hoekom ek graag op iets lewendigs wil oefen, sal nie s? kleiduif is nie 'n challenge nie maar het 'n gem van 80% behaal op my laaste oefening.

Wil graag myself toets in veld toestande.

Re: Duiwe skiet

Posted: Tue Nov 15, 2011 8:02 am
by Gerhard
Nee,

Klink my jy gaan dan lekke skiet.

Ek skiet een bosduif uit elke 4 skote as ek regtig op my stukke is...

As ek aan jaag skiet ek een uit elke 8 skote net om jou n idee te gee van die uitdaaging...

Re: Duiwe skiet

Posted: Tue Nov 15, 2011 8:19 am
by Born2Late
More Manne.
Baie waar wat Gerhard se.N mens skiet 4-5 duiwe na mekaar en dink dan jy verstaan die werk lekker en dan mis jy sommer gou 5 maklike skote en kom gou terug aarde toe.Ons het die jaar naby Bronkhorstspruit in die sonneblomme gaan skiet en daardie bosduiwe laat jou net so hartkloppings kry as hulle inkom as n groot koedoe in die scope.Ek weet nie van julle nie maar my bobene en hamstrings is na die 2e dag seer van die buk en opstaan soos wat ek wegkruip.Vrek lekker!!!

Re: Duiwe skiet

Posted: Tue Nov 15, 2011 8:28 am
by Beretta
Hansman
Ja daar is n groot verskil tussen die twee hoe se hulle altwee leer jou maniere.Ek het al so een of twee rockies geskiet in my lewe.Daar is een reel wat vir altwee tel en dit is hou jou kop af en volg deur.As die swerm inkom pick een en skiet hom moet nie dink sy tjom is n beter skoot nie jy gaan hom mis.En nog n ding kry jou lead reg.Vat BAIE ammo en n lekker stoel.
Beretta

Re: Duiwe skiet

Posted: Tue Nov 15, 2011 8:29 am
by SV MAD (Henk)
As my hael se lisensie deurkom gaan ek ook duiwe skiet, ek dink dit is lekker sports. Harde werk, maar lekker!

Re: Duiwe skiet

Posted: Tue Nov 15, 2011 8:30 am
by Gerhard
SV MAD wrote: As my hael se lisensie deurkom gaan ek ook duiwe skiet, ek dink dit is lekker sports. Harde werk, maar lekker!
Sal jou leer...  ;)

Re: Duiwe skiet

Posted: Tue Nov 15, 2011 8:41 am
by SV MAD (Henk)
Gerhard wrote:
SV MAD wrote: As my hael se lisensie deurkom gaan ek ook duiwe skiet, ek dink dit is lekker sports. Harde werk, maar lekker!
Sal jou leer...  ;)
Thanks Gerhard.
Het al baie kleiduif geskiet so ek ken darem bietjie ;D

Re: Duiwe skiet

Posted: Tue Nov 15, 2011 8:58 am
by Gerhard
he he he

Famous last words...

Het al baie manne sien vou wat s? hulle kan goed kleiduif skiet en dan skiet hulle n pak patrone weg sonder n duif...

Kry die liksens en dan gaan oefen ons op die regte ding.

Ek hou daarvan om langs n nuwe skut te staan en kyk wat maak hy verkeerd  en dan te probeer help totdat hy die duiwe begin dop.

Jy sien met n kleiduif is jou angles wat die klei vlieg redelik konstant selfs al skiet jy verskillende launchers.

Met n duif en veral bos duiwe is daar eenvoudig geen angle wat hulle nie in kom nie.

Dit is waarom ek van duiwe skiet hou en nie regtig van kleiduif nie...

Ek sal jou mooi gaan wys  ;)

Re: Duiwe skiet

Posted: Tue Nov 15, 2011 9:33 am
by SV MAD (Henk)
Thanks Gerhard. Ek hoor wat jy se, maak sin.

Kan nie wag nie...

Re: Duiwe skiet

Posted: Tue Nov 15, 2011 9:55 am
by G-force
Manne ek en my vrou wil ook graag saamkom.Ons is innie ooste van Pta op die plotte.Sy het Beretta Silver Pigeon o/u en ek het n Beretta Teknys Gold semi wat gemaak is vir kleiduif skiet.

Re: Duiwe skiet

Posted: Tue Nov 15, 2011 10:14 am
by LoveHenties
Duiwe jag met .410 is lekker pret. Net nogal moeilik. Maar jou skouer word darem nie uit pooitjie gestamp na so 20 skote nie.

Het altyd in 'n vriend se sonneblomland geskiet, waar hy 'n plaag gehad het. Kan nie meer nie, plant nie meer sonneblomme nie.

Re: Duiwe skiet

Posted: Tue Nov 15, 2011 10:27 am
by VdWalt
;D ;D Hierdie ding.... ek kan hom nie!

2 Bokse patrone en blou skouer later het ek een duif na die hele dag se skiet!  :-[

Maar sjoe dit was pret - mmmm.... dalk moet ek maar kyk of iemand nie erns 'n 12 boor
het wat nie werk het nie.

Re: Duiwe skiet

Posted: Tue Nov 15, 2011 11:05 am
by ablm468
Dis waarvan ek praat, wil graag op die regte ding oefen. S? nie kleiduif is sleg of patrone mors nie maar duiwe is soveel meer challenging.

Re: Duiwe skiet

Posted: Tue Nov 15, 2011 11:30 am
by Gerhard
LoveHenties wrote: Duiwe jag met .410 is lekker pret. Net nogal moeilik. Maar jou skouer word darem nie uit pooitjie gestamp na so 20 skote nie.

Het altyd in 'n vriend se sonneblomland geskiet, waar hy 'n plaag gehad het. Kan nie meer nie, plant nie meer sonneblomme nie.
Die boere het soveel skade dat hulle amper glad nie meer sonneblom plant in die omgewing waar ek altyd gaan skiet het nie.

Ek het darm so paar "honey holes" wat ek darm bietjie lood in die lug kan gooi...

Re: Duiwe skiet

Posted: Thu Nov 17, 2011 5:35 pm
by Wouter Roets
Hallo Manne

Dankie Gerhard vir die uithelp met my aanmerking. Wou maar ook net so tikkie humor inbring.

Ek is geensins n ekspert op die gebied nie en leer maar elke keer. Ons het gelukkig baie geleentheid hier by ons. Daar is ook so paar kompetisies op plase deur die jaar. Dit is groooot sports! Hoe klink n Team-Jaracal volgende jaar? Dit is n geat naweek met groot pryse op die spel.

Groetnis
Wouter

Re: Duiwe skiet

Posted: Thu Nov 17, 2011 5:41 pm
by Gerhard
Wouter Roets wrote: Hallo Manne

Dankie Gerhard vir die uithelp met my aanmerking. Wou maar ook net so tikkie humor inbring.

Ek is geensins n ekspert op die gebied nie en leer maar elke keer. Ons het gelukkig baie geleentheid hier by ons. Daar is ook so paar kompetisies op plase deur die jaar. Dit is groooot sports! Hoe klink n Team-Jaracal volgende jaar? Dit is n geat naweek met groot pryse op die spel.

Groetnis
Wouter
Klink vir my na n wen plan daai naweek...  ;)