Page 1 of 1

300 H&H vs 300 Win Mag

Posted: Mon Jul 22, 2019 3:39 pm
by Supacow
In die Junie uitgawe van Wildland noem Pierre van der Walt dat verskeie loopleweberamers soos beskikbaar op die Net onder dieselfde omstandighede aandui dat die WM n tot 25% korter lewe het as die HH en dat vele HH skuts tot 3000 skote kry waar WM skuts met 2000-2500 skote tevrede moet wees. Ons word dan geleer dat dopontwerpe met skerper skouers en langer nekke voordelig is vir looplewe maar hier is dit die teneoorgestelde en ek sou dink die HH gooi n hengse kolom kruit in jou roer se keel af vir verdere ontbranding. Ek gee toe die WM se nek is kort en word tipies met 13% meer kruit gelaai maar die 25% verskil in looplewe is so waar n ontnugtering.

Re: 300 H&H vs 300 Win Mag

Posted: Mon Jul 22, 2019 5:52 pm
by alecjohnson
kort vinnige antwoord is die WM brand onder hoër druk dus warmer vlam as die h&h

Re: 300 H&H vs 300 Win Mag

Posted: Mon Jul 22, 2019 6:08 pm
by Supacow
Dankie. Is die aanname reg dat teen dieselfde druk die kruit wat die stadigste brand die loop die meeste brand al is dit minder kruit?

Re: 300 H&H vs 300 Win Mag

Posted: Mon Jul 22, 2019 9:53 pm
by alecjohnson
nee ek dink nie so nie, my logika se dat vinniger brand tempo hoër temp sal gee as stadiger brand, maar ook dat die invloed weglaatbaar klein sal wees

Re: 300 H&H vs 300 Win Mag

Posted: Tue Jul 23, 2019 8:08 am
by Arnold
Die kaliber, die dryfmiddel se hitte van verbranding, die hoeveelheid dryfmiddel, die kamerdruk, skoot tempo en of die koeëls gecoat is met bv. HBN speel 'n rol.

So as alles dieselfde is vir twee kalibers gaan die loopleeftyd (in my opinie) so min verskil dat jy dit nie gaan kan ondersky tussen lope nie aangesien die lope self n groter verskil teweeg bring.

Kaliber en hoeveelheid dryfmiddel wys hoe overbore die rondte is en vandaar dat stadige dryfmiddels lope meer brand aangesien dit in overbore kalibers gebruik word.

Koue verbrandende dryfmiddels gee lae spoed teenoor dieselfde brandtempo warm dryfmiddels. Kyk bv. na die VV se 1 en 5 reeks poeiers ... as jy wil jaag moet jy seker nie kla oor die prys van bande nie

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

300 H&H vs 300 Win Mag

Posted: Tue Jul 23, 2019 8:34 am
by Apie
Sommer iets om oor te dink/redeneer

Kom ons vat ‘n 308 as voorbeeld gelaai met 155greiners

22 duim loop gelaai met 335 @ 55000psi
30 duim loop gelaai met 355 @ 55000psi

Selfde druk maar die langer loop gebruik stadiger dryfmiddel.

Watter loop sal langer hou?

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 300 H&H vs 300 Win Mag

Posted: Tue Jul 23, 2019 9:12 am
by Arnold
Apie wrote:Sommer iets om oor te dink/redeneer

Kom ons vat ‘n 308 as voorbeeld gelaai met 155greiners

22 duim loop gelaai met 335 @ 55000psi
30 duim loop gelaai met 355 @ 55000psi

Selfde druk maar die langer loop gebruik stadiger dryfmiddel.

Watter loop sal langer hou?

Sent from my iPhone using Tapatalk
My raaiskoot is die kort loop met s335 omdat jy minder daarvan gaan gebruik om dieselfde druk te kry en altwee daai poeiers gaan omtrent ewe warm brand aangesien die basis dieselfde is as ek reg onthou.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: 300 H&H vs 300 Win Mag

Posted: Tue Jul 23, 2019 9:16 am
by Capt. Yoda
Apie wrote:Sommer iets om oor te dink/redeneer

Kom ons vat ‘n 308 as voorbeeld gelaai met 155greiners

22 duim loop gelaai met 335 @ 55000psi
30 duim loop gelaai met 355 @ 55000psi

Selfde druk maar die langer loop gebruik stadiger dryfmiddel.

Watter loop sal langer hou?

Sent from my iPhone using Tapatalk
Met die selfde kruit gaan jy seker minder kruit in die kort loop gooi om dieselfde druk te kry as met die lang loop?

Party ouens glo stadiger kruit brand stadiger in die loop af so jy gaan meer firecracking kry, ander manne glo n vinniger kruit met veral n ligter koel met kort bearing surface is die beste want die ontbranding is vinnig en die koel vertrek vinnig ander manne se weer die vinnige kruit brand jou lands vinniger weg omdat hy daai klomp hitte op een oomblik genereer en dan is daar ook die wat se dit hang alles van die koel se gewig en bearing surface af.

Manne wat altyd 155gr koele in hul 308s geskiet het met bisley en toe oor is TR toe se hulle het baie langer met n loop geskiet toe hulle 155gr koels geskiet het teen oor nou dat hulle 200gr koels skiet maar ek dink dit het seker ook maar te doen met die kruit alhoewel baie N140 met die swaar koels skiet wat nie te erg behoort te wees nie.

Ek voel n stadiger kouer kruit soos N165, H1000 of N160 gaan jou loop langer laat hou al gebruik jy n swaar vir kaliber koel

Re: 300 H&H vs 300 Win Mag

Posted: Tue Jul 23, 2019 9:58 am
by tau
Supacow wrote:In die Junie uitgawe van Wildland noem Pierre van der Walt dat verskeie loopleweberamers soos beskikbaar op die Net onder dieselfde omstandighede aandui dat die WM n tot 25% korter lewe het as die HH en dat vele HH skuts tot 3000 skote kry waar WM skuts met 2000-2500 skote tevrede moet wees. Ons word dan geleer dat dopontwerpe met skerper skouers en langer nekke voordelig is vir looplewe maar hier is dit die teneoorgestelde en ek sou dink die HH gooi n hengse kolom kruit in jou roer se keel af vir verdere ontbranding. Ek gee toe die WM se nek is kort en word tipies met 13% meer kruit gelaai maar die 25% verskil in looplewe is so waar n ontnugtering.
My teorie.

Die hoek teen wat vlam uit bek van .300 WM kom is ook skerper en kan vlam "skerper" teen loop angel wat loop vinniger wegbrand. Die nek is ook korter om die "skerp hoek vlam" te versprei oor hy is loop vas hardloop.

Die langer nek en kleiner hoek van H&H versprei vlam beter en vermei konsentrasie van vlam.

Soos 'n cutting torch wat jy die bek skoonmaak of vuil proeer sny. Jy kan soveel gas bysit as wat jy wil die konsentrasies moet beter wees en die hoek waarteen jy sny.

Re: 300 H&H vs 300 Win Mag

Posted: Tue Jul 23, 2019 10:52 am
by Capt. Yoda
tau wrote:

Die langer nek behoort te help maar die teorie is dat die skerper hoek van die skouer n groter bydra lewer om die vlam "uit die keel" te hou, Venturi effect so die ergste ontbranding gebeur in die dop self nog.

Een van ons gun smiths in SA wat ook n top lang afstand/FTR skut is het oor n tyd met klomp lope en kaliber dit getoets en hy se volgens hom is daar n voordeel met n langer nek en skerper skouer as dit by loop lewe kom. Wat se een van die 2 alleen n groter impak maak weet ek nie maar sal graag bq met hom wil sit en gesels oor dit. Ek dink soos Arnold ook gese het daar is bitter baie faktore wat n rol speel en dit sal baie moeilik wees om een uit te kies en te se dit alleen gaan jou X% langer loop lewe gee.

As mens n 243, 243Ai en 6Creed presies die selfde laai en skiet en as die lope op een of ander manier die selfde kwaliteit is dink ek die Creed gaan verseker langer hou met die 243ai agter hom al het die AI so kort nek.

As iemand my 3 lope wil stuur sal ek dit met liefde toets 8)

Re: 300 H&H vs 300 Win Mag

Posted: Tue Jul 23, 2019 2:46 pm
by 308Win
Capt. Oblivious wrote:

En die ammo?

Re: 300 H&H vs 300 Win Mag

Posted: Tue Jul 23, 2019 4:00 pm
by ZKK
Sou een ou op n forum gese het na n soortgelyke debat.........."Gelukkig is die ou wat n loop uitskiet"
(want hy skiet baie, die res is akademies)

Re: 300 H&H vs 300 Win Mag

Posted: Tue Jul 23, 2019 4:28 pm
by alecjohnson
ZKK wrote:Sou een ou op n forum gese het na n soortgelyke debat.........."Gelukkig is die ou wat n loop uitskiet"
(want hy skiet baie, die res is akademies)
Ek dink hier is al heelwat lope klaar geskiet deur forum lede, ek self is al deur 2 en 'n half (toe ek nog hulp van werkgewer gekry het om te skiet het ek goed gebruik gemaak van die geleentheid).