Page 1 of 1
Hoe gemaak om 'broadheads' skoon te maak?
Posted: Mon Jul 22, 2019 11:31 am
by Bushwack
Dagsê,
soms is daar nie kans om 'Broadheads' dieselfde dag na die jag skoon te maak met die bloed daarop nie. Wat is die vinnigste en effektiefste maniere wat julle van weet? werk asyn, coke, gewone nat lap of dalk week hulle in gewone skottelwas seep...As bloed hard word op 'broadheads'(mechanicals of fixed) is dit maar 'n tydsame storie en vingers kry eina ook...

Re: Hoe gemaak om 'broadheads' skoon te maak?
Posted: Mon Jul 22, 2019 12:28 pm
by Toxxyc
Skottelgoedwasser?
Re: Hoe gemaak om 'broadheads' skoon te maak?
Posted: Mon Jul 22, 2019 12:34 pm
by sPRINGHAAS
Gooi dalk n stuk ou tandeborsel of so iets in saam met al jou ander boog tools. Ek week hulle maar in warm water met skottelgoed seep... as jy hulle dan vinnig borsel kom hulle skoon.
Re: Hoe gemaak om 'broadheads' skoon te maak?
Posted: Mon Jul 22, 2019 12:38 pm
by FCLoretz
Sonic cleaner?
Re: Hoe gemaak om 'broadheads' skoon te maak?
Posted: Mon Jul 22, 2019 2:51 pm
by Chris Roux
Waterstof Peroksied (Hydrogine Perokside), is net die ding wat jy nodig het.
Jy kan dit sommer by n apteek of Dis-Chem kry. Laat die BH in n verdunde oplossing le (10 Volume sal reg wees) vir n paar minute en jy sal sien hoe borrel en kook die bloed af. Skrop so n bietjie met n ou tande borsel en hy behoort weer mooi blink te wees.
Jammer, ek moet net byvoeg, wees versigtig. Daardie peroksied kan noggal jou vel irriteer. Spoel mooi af.
Re: Hoe gemaak om 'broadheads' skoon te maak?
Posted: Mon Jul 22, 2019 6:47 pm
by Pappabeer
Wat Chris sê. Waterstof peroksied werk ook mooi om herwinde koeels skoon te maak. Ek het twee van daai bonsai vliegtuig tandeborsels in my jag rangebag wat daarvoor gebruik word.