Page 1 of 1

Lekker probleem om te he

Posted: Fri Jul 19, 2019 3:36 pm
by Kubus
Maats, ek gaan einde September met pensioen en na 40 jaar in die tuig, is n geskenkie aan Pa, van Pa, seker darem die ding om te doen. Ek gaan n nuwe geweer koop en het so 20K geoormerk vir die doel.
Ek dink aan die volgende in voorkeur orde:
Sako 85 hunter (sal seker n paar sent moet las)
CZ 557 Lux
Tikka tx3
Ek het n 30.06, maar wil hom vir my skoonseun gee, en dan weer n 30.06 koop
My probleem egter is hoe om die lisensie ding te hanteer want 2 x 30.06 lisensies sal ek seker nie maklik kan kry nie. Dom met die tipe ding.
As ek my ou geweer dus vir my skoonseun wil gee, moet hy nou eers aansoek doen vir n lisensie, en as dit goedgekeur is, kan ek dan eers gaan geweer koop, en dan eers vir die nuwe geweer aansoek doen. Dit gaan mos hels lank vat.
Gee raad asb.

Re: Lekker probleem om te he

Posted: Fri Jul 19, 2019 3:57 pm
by Jurgen Visser
Het jy toegewyde jag of sport skiet status ? dan is dit maklik

Re: Lekker probleem om te he

Posted: Fri Jul 19, 2019 7:18 pm
by tripodmvr
Motiveer dat jy n meer moderne geweer gaan aankoop en oorweeg om van die ander een ontslae te raak. Doen die geskenk aan jou skoonseun eerste, dan het jy mos bewys van sy aansoek aan CFR.

Re: Lekker probleem om te he

Posted: Fri Jul 19, 2019 10:46 pm
by Pappabeer
Ek het n klomp duplikaat kalibers. Verduidelik maar net die verskil- oopvisier vs teleskoop, een is opgestel vir baanskiet etc, terwyl die ander vir loop en jag is.

Ek het nog nooit n probleem gehad nie.

Ns. Uit die lysie koop die Sako. Kyk ook gerus na Kimber.

Re: Lekker probleem om te he

Posted: Sat Jul 20, 2019 5:05 am
by Vissie
Kubus, geluk met die mylpaal.

Maak die meeste van ‘n nuwe hoofstuk en begin ‘n storie sonder blapse... Jou skoonseun verdien in elk geval die straf van ‘n .30-06, hy het immers jou dogter by jou gesteel. ;-)

Maar ernstig nou. Kies hierdie keer ‘n stylvolle kaliber.

Re: Lekker probleem om te he

Posted: Sat Jul 20, 2019 8:41 am
by Victor_
Pappabeer wrote:Ek het n klomp duplikaat kalibers. Verduidelik maar net die verskil- oopvisier vs teleskoop, een is opgestel vir baanskiet etc, terwyl die ander vir loop en jag is.

Ek het nog nooit n probleem gehad nie.

Ns. Uit die lysie koop die Sako. Kyk ook gerus na Kimber.
Danksy Pappabeer se goeie raad het ek nou twee identiese 30-06e op my naam. Ek het wel ook toegewyde jagter status.

Re: Lekker probleem om te he

Posted: Sat Jul 20, 2019 9:11 am
by Kubus
My probleem: Ek het nie toegewyde jagter status nie.
As ek die vuurwapenwet reg verstaan, mag ek sonder n selfverdedigings wapen, 4 ander jaggewere besit.

Ek het al gedink aan n ander kaliber. 300 Win Mag byvoorbeeld,
Koste van ammunisie? Ek herlaai self.
Hoeveel erger is hy op die skouer as 30.06?
Ek is net bangerig vir onbekende kaliber.

Dan kan ek mos op my eie tyd my ou 30.06 weggee.

Re: Lekker probleem om te he

Posted: Sat Jul 20, 2019 9:23 am
by Malan123
Kubus jy is reg, jy kan 4 gewere onder artikel 15 besit. Ek skiet 'n tikka 300 win mag - baie ligte geweertjie. Met ordentlike recoil pad gaan jy nie in die veld die verskil agterkom tussen 0 kwes en 300 nie. Van die bank af miskien, maar verseker nie noemenswaardige verskil nie. Jy kan altyd knaldemper ook opsit. 300 doen wat 0kwes doen en meer...

Re: Lekker probleem om te he

Posted: Sat Jul 20, 2019 11:23 am
by tripodmvr
As jy eers in September geld gaan hê dan moet jy die prosesse net sinchroniseer.

Ou 30-06 - laat jou skoonseun aansoek doen. Jy het nog die geweer en kan dit nog benut.

Koop nuwe geweer en doen aansoek net na jou skoonseun se aansoek ingedien is. Jy kan dus verklaar dat jy in die proses is om van die 30-06 ontslae te raak en jy dit nou met die ander wil vervang.