Page 1 of 1

Sako Finnbear 30-06

Posted: Mon Jul 15, 2019 2:07 pm
by Gun oil
Hi julle, ek wil graag nuwe ringe koop vir my Sako Finnbear. Weet van julle dalk wat dieselfde gewere besit watter ringe ek na kan kyk wat wel op die spesifieke model sal pas? Ek weet Sako se ringe is n paar rand. Het gewonder of Warne ringe gemaak word vir die Finnbear aksie en waarso sal ek van hulle kry? Wil nie graag basisse opsit nie. Sal graag net ringe wil opsit. Het tans nog die ou original sako ringe op. Dankie.

Re: Sako Finnbear 30-06

Posted: Mon Jul 15, 2019 3:00 pm
by Ds J

Re: Sako Finnbear 30-06

Posted: Mon Jul 15, 2019 4:27 pm
by heywillie
Ek het Leupold ringe op wat direk op die dovetail vastrek
Scope op die geweer is Leupold VX3i met 'n 40mm lens.
Glo die ringe is medium hoogte.
710eaf05-46db-43a8-ac6a-b56082100643.jpg
710eaf05-46db-43a8-ac6a-b56082100643.jpg

Re: Sako Finnbear 30-06

Posted: Mon Jul 15, 2019 7:48 pm
by Gun oil
Great. Baie dankie vir die inligting. Heywillie, kan jy dalk onthou waarso in vir hoeveel het jy daardie ringe gekoop?

Re: Sako Finnbear 30-06

Posted: Mon Jul 15, 2019 8:26 pm
by Maroelas
Ek het vroeƫr die jaar so 'n stel Leupold ringe gekoop vir R1400 by S&O, vir my Sako Forester.

Re: Sako Finnbear 30-06

Posted: Mon Jul 15, 2019 8:40 pm
by heywillie
Gun oil wrote:Great. Baie dankie vir die inligting. Heywillie, kan jy dalk onthou waarso in vir hoeveel het jy daardie ringe gekoop?
Ek het die ringe 2e hands gekoop.
Jy behoort van hulle by meeste wapen winkels te kry, anders kontak Formalito en hoor aan wie hulle die Leupold ringe versprei.
Ek glo jy sal in die orde van R1500 betaal

https://safarioutdoor.co.za/departments ... 51722.html

https://zimbi.co.za/product/leup-ringmount-sako-30mm-3/

Re: Sako Finnbear 30-06

Posted: Mon Jul 15, 2019 9:04 pm
by Gun oil
Baie dankie vir die hulp!! Sal verseker na die Leupold ringe kyk in die geval.

Re: Sako Finnbear 30-06

Posted: Tue Jul 16, 2019 6:57 am
by Stephan86
Jagtersreg hier op die forum het my ook al gehelp om so 'n stel Leupold ringe te kry.