Page 1 of 1
Pasmaak van 'n Plank
Posted: Sun Nov 13, 2011 12:12 pm
by Hein M.
Hallo almal!
Ek is in die proses om 'n Musgrave RSA aan te koop en begin al planne maak om die ou kleilat te omskep in 'n jaggeweer.

Een van die aspekte wat vir my belangerik is, is om die kolfkam te lig vir goeie opleining met die teleskoop.
Ek wil nie iets opplak of aanskroef nie, maar wil 'n "inlet" laat aanbring op die kolf. Het iemand op die Forum al so-iets aangepak? Sal meer wil uitvind!

Laat hoor asseblief!
Mooiloop!
Hein
Re: Pasmaak van 'n Plank
Posted: Sun Nov 13, 2011 1:41 pm
by Monrique (SJ)
Baie geluk maat. Daai geweer gaan jou BAIE BAIE goeie tye nog gee.
Geniet die mooi maak en veranderings proses van die geweer, soos jy dit graag wil he.
Glo hier is baie manne wat jou goeie raad kan gee.
Groetnis
Re: Pasmaak van 'n Plank
Posted: Sun Nov 13, 2011 1:44 pm
by Geno
Ek dink Beyers het al so iets gemaak. Kyk op sy topic oor die kolwe....
Re: Pasmaak van 'n Plank
Posted: Sun Nov 13, 2011 2:30 pm
by Hein M.
Dankie ouens!
Ek sal met Beyers praat. Ek wonder waar daardie "metaal inlet" te koop is in Suid-Afrika. En of dit privaat van oorsee af ingevoer moet word?
Hein
Re: Pasmaak van 'n Plank
Posted: Sun Nov 13, 2011 2:38 pm
by blaser
Baie ouens sit dit op haelgewere hulle voer dit van brounals vsa in
Re: Pasmaak van 'n Plank
Posted: Sun Nov 13, 2011 5:27 pm
by wlm
Hein
Ek wil 'n nuwe skopkussing op myne sit. Die ou swart rubber is so 'n bietjie hard vir benerige skouers.
Wat beveel die manne soos Beyers aan?
Hoeveel moet ek ag slaan op kolflengte? Is die ou reel van "geweer se kolf in die waai van die arm ,dan moet voorste lid van snellervinger op sneller wees", reg?
Jy gaan mos alleen die "nuwe Plank" gebruik, hoekom nie die kolf eenmaal deur jou houtwerk-vriend laat "pasmaak" deur 'n strook hout in die kolf te laat inlas nie?
Re: Pasmaak van 'n Plank
Posted: Sun Nov 13, 2011 5:48 pm
by Hein M.
wlm wrote:
Hein
Ek wil 'n nuwe skopkussing op myne sit. Die ou swart rubber is so 'n bietjie hard vir benerige skouers.
Wat beveel die manne soos Beyers aan?
Hoeveel moet ek ag slaan op kolflengte? Is die ou reel van "geweer se kolf in die waai van die arm ,dan moet voorste lid van snellervinger op sneller wees", reg?
Jy gaan mos alleen die "nuwe Plank" gebruik, hoekom nie die kolf eenmaal deur jou houtwerk-vriend laat "pasmaak" deur 'n strook hout in die kolf te laat inlas nie?
Wlm
Kolflengte (en eintlik alles wat met die kolf te doen het) is bepalend vir akkuraatheid. Voor in die Somchem-herlaaihandleiding is goeie riglyne hieroor. Daardie waai-van-die arm meetmetode waarvan jy praat is reg - het hom ook so.
Ek wil 'n verstelbare kolfkam laat insit, want dit lyk darem beter as 'n inlas... Ook maar my opinie... Ek wil net weet waar ek die onderdele kan bestel vir so 'n opset.
Jy kan nie van die rooi "shock absorbers" op jou kolf opsit nie? Dit werk baie goed. Die vorige eienaar van my Plank het so-een op die geweer gesit en dit lyk en voel baie goed.
Laat weet asb. watter aanbevelings jy nog kan maak.
Mooiloop!
Hein
Re: Pasmaak van 'n Plank
Posted: Sun Nov 13, 2011 6:01 pm
by wlm
Hein
Ek het gedink jy wil die ou spoggerig laat lyk

Kyk my post onder skopkussing, hopelik help die manne ons daar.
Ek wil 'n "ching sling" ook aansit vir die staan- en kniel-skiet.
Myne het 'n 4.5 tot 14 by 50 Leopold (30mm) op, maar ek soek 'n ding met meer vergroting op. Die skip sal hopelik eendag in die Karoo aankom. (met of sonder wiele

) Waarmee gaan jy die 7.62 toerus?
Mooi Loop
Willem
Re: Pasmaak van 'n Plank
Posted: Sun Nov 13, 2011 7:47 pm
by Hein M.
Praat van 'n arm, flintergat dan is dit nou ek daai... Nee, ek het 'n Vortex 4-12x40 wat ek maar op die ou geweer sal sit - in elk geval tot my skip inkom (dalk 2050...)
Ons droom maar - en die gejeuk duur voort!
Groete!
Hein
Re: Pasmaak van 'n Plank
Posted: Sun Nov 13, 2011 8:36 pm
by wlm
Wat het jy vir joune betaal? Ek is so bietjie skaam oor myne dis hoekom ek jou liewer pm. myne is geruil vir 'n slagding!
Re: Pasmaak van 'n Plank
Posted: Sun Nov 13, 2011 8:49 pm
by Hein M.
Wlm
Jy is bitter gelukkig! Hy is beslis nou meer werd as R900...
Ek het 'n PM gestuur.
Mooiloop!
Hein
Re: Pasmaak van 'n Plank
Posted: Sun Nov 13, 2011 9:15 pm
by Armand Steenkamp
Hein,
Sit dan daar nog n ou fototjie op asb. Ekis in die selle booidjie as jy. Wil ook nou my plank mooi maak!
Groetnis
Re: Pasmaak van 'n Plank
Posted: Sun Nov 13, 2011 9:24 pm
by Hein M.
Armand Steenkamp wrote:
Hein,
Sit dan daar nog n ou fototjie op asb. Ekis in die selle booidjie as jy. Wil ook nou my plank mooi maak!
Groetnis
Armand
Hier is nog 'n paar pic's
[img width=560 height=420]
http://i936.photobucket.com/albums/ad20 ... 00x450.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i936.photobucket.com/albums/ad20 ... 00x450.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i936.photobucket.com/albums/ad20 ... 00x450.jpg[/img]
Hein
Re: Pasmaak van 'n Plank
Posted: Sun Nov 13, 2011 10:42 pm
by Wouter Roets
Hein
Daai geweer van jou lyk in n uitstekende toestand! Ja-nee kleur hom maar in hy is die moeite werd.
Groetnis
Wout
Re: Pasmaak van 'n Plank
Posted: Mon Nov 14, 2011 4:38 am
by immelmanw
Re: Pasmaak van 'n Plank
Posted: Mon Nov 14, 2011 7:44 am
by Armand Steenkamp
Dankie Hein dis n mooi roer daai! Lyk my my planne kom ook nou bymekaar!
Groetnis
Re: Pasmaak van 'n Plank
Posted: Tue Nov 29, 2011 9:36 pm
by 243Songdaug
Kry hopelik myne ook binnekort! Armand, ek kyk daarna om myne te WSM - dan behoort hy vetpret te wees. Het so 'n maand of so gelede met 1 geskiet wat so gemaak is en dis pret!!!