Page 1 of 1

Invoerpermit vir geweer na Botswana toe

Posted: Wed Jul 10, 2019 12:45 pm
by Giepie
Dagsê mense. Ek het leentheid om te gaan springbok skiet in Botswana, Tsabong omgewing, maar dit is twee weke van nou af. Hoe vinnig kan ek so 'n invoerpermit kry? Ek het 'n kontak in Botswana. Wat moet aan die SA kant gedoen word?

Re: Invoerpermit vir geweer na Botswana toe

Posted: Wed Jul 10, 2019 1:11 pm
by Krobb
Giepie
Gaan na jou DFO toe.
In die verlede het die DFO vir jou n tydelike uitvoer permit uitgereik. Dit het verander. Die aansoek moet nou na Pretoria gestuur word en as dit goedgekeur word reik die DFO dit uit.
Myne vir Namibië die jaar het 3 weke gevat.
Een van my vriende het n maand voor die tyd aansoek gedoen en hy was al terug toe was die aansoek nog nie geprosseseer nie. Hy het maar met die boer se roer geskiet.

Re: Invoerpermit vir geweer na Botswana toe

Posted: Wed Jul 10, 2019 1:28 pm
by Giepie
Dankie (vir nie so goeie nuus nie) ::)

Re: Invoerpermit vir geweer na Botswana toe

Posted: Wed Jul 10, 2019 2:09 pm
by tau
Giepie Botswana het nog ander reëls. Karl Strumpe het my laas info gegee ek kan dit nie nou vind nie.

Re: Invoerpermit vir geweer na Botswana toe

Posted: Wed Jul 10, 2019 2:34 pm
by Stephan86
Om tyd in SA te spaar kan jy na OR Thambo gaan, daar kan hul vir jou onmiddellik 'n tydelike uitvoerpermit gee.

Re: Invoerpermit vir geweer na Botswana toe

Posted: Wed Jul 10, 2019 3:24 pm
by ruaanb
Sover ek dit het is daai nie meer moontlik nie.

Re: Invoerpermit vir geweer na Botswana toe

Posted: Wed Jul 10, 2019 4:22 pm
by gillie
Ja die OR Tambo opsie is nie meer 'n opsie. Het met die konstabel bevestig wat my laasjaar daar gehelp het. Jou DFO moet jou help, en dan moet jy nog Botswana permit ook kry, praat met Mike Botha +267 72 117 775 oor daai permit.

Re: Invoerpermit vir geweer na Botswana toe

Posted: Wed Jul 10, 2019 9:18 pm
by tau
gillie wrote:Ja die OR Tambo opsie is nie meer 'n opsie. Het met die konstabel bevestig wat my laasjaar daar gehelp het. Jou DFO moet jou help, en dan moet jy nog Botswana permit ook kry, praat met Mike Botha +267 72 117 775 oor daai permit.
Jip en die Botswana permit was in 2016 iets soos R1000 en moes deur wapen handelaar gedoen word.

Re: Invoerpermit vir geweer na Botswana toe

Posted: Thu Jul 11, 2019 8:15 am
by gillie
tau wrote:
gillie wrote:Ja die OR Tambo opsie is nie meer 'n opsie. Het met die konstabel bevestig wat my laasjaar daar gehelp het. Jou DFO moet jou help, en dan moet jy nog Botswana permit ook kry, praat met Mike Botha +267 72 117 775 oor daai permit.
Jip en die Botswana permit was in 2016 iets soos R1000 en moes deur wapen handelaar gedoen word.
gebruik dan vir Mike, hierdie jaar R375 vir die wapenpermit betaal en R385 vir die courier direk tot by my, ja hy maak sy geldjie, maar dit is gerieflik.