Page 1 of 1
Herlaai vir die 7x64 Brenneke met IMR / Hodgdon
Posted: Wed Jul 10, 2019 12:17 pm
by Max Rossle
Dag lede
Ek wil graag hoor wie laai met IMR en Hodgdon vir die 7x64 Brenneke met 600mm (23.6") loop?
Met watse dryfmiddel vind julle die hoogste snell Heidi wat groepeer?
As julle dalk koeƫl gewig, patroon lengte, charge en snellheid kan deurgee?
Ek wil graag 160gr vinniger as 2850fps stoot.
Groete aan almal
Re: Herlaai vir die 7x64 Brenneke met IMR / Hodgdon
Posted: Wed Jul 10, 2019 12:35 pm
by tripodmvr
Gebruik die 280Rem se data. Jy gaan nie by daardie spoed uitkom wat jy nou na streef nie.
https://www.hodgdonreloading.com/data/rifle
Re: Herlaai vir die 7x64 Brenneke met IMR / Hodgdon
Posted: Wed Jul 10, 2019 1:29 pm
by Max Rossle
Ek sien hulle gee baie stadiger snellheid deur met hulle dryfmiddels en 280 Rem as Somchem se dryfmiddels met die 7x64...
Ek is nou half deurmekaar - het gedink hulle goed sou baie beter snellheid offer.
Re: Herlaai vir die 7x64 Brenneke met IMR / Hodgdon
Posted: Wed Jul 10, 2019 6:03 pm
by tripodmvr
Wens jy nie nou jy het S365 gehad nie? Ek skiet 150 Barnes teen 2860vps op 'n node uit 613mm loop. Om 'n 160gr te skiet teen daardie spoed gaan heelwaarskynlik oor maks druk wees.
https://www.somchemreload.com/search?c=8&f=114
Re: Herlaai vir die 7x64 Brenneke met IMR / Hodgdon
Posted: Wed Jul 10, 2019 6:49 pm
by Max Rossle
Ek het nou geloer na Norma MRP/URP en Vitavouhri N550/N160/N165 ...
Die snellhede wat dit bied in vergelyking met Somchem en Hodgdon/IMR se goed is dag en nag...
Dink ek sal heel waarskynlik Norma URP skiet met 150gr teen 2900fps.. Hy sal dit maklik haal.
Re: Herlaai vir die 7x64 Brenneke met IMR / Hodgdon
Posted: Wed Jul 10, 2019 6:59 pm
by tripodmvr
Dit sal moontlik werk, maar dit beteken nie die node is by 2900vps nie. Hou dit net in gedagte.
Re: Herlaai vir die 7x64 Brenneke met IMR / Hodgdon
Posted: Wed Jul 10, 2019 9:54 pm
by Max Rossle
tripodmvr wrote:Dit sal moontlik werk, maar dit beteken nie die node is by 2900vps nie. Hou dit net in gedagte.
Al is hy in die 2800fps range - is dit giftig met bonded eienskappe en 7mm sectional density in daai gewig klas...
Sien die BC is ook nie te in die 7mm 150gr reeks nie...
Met die gebruik Van n goeie holdover reticle maak dit seker nie veel saak nie ... snellheid is dan net n nommer en holdover moet aangepas word - maar n lekker plat trajek is baie welkom om daai holdover nie te beperk nie.
Re: Herlaai vir die 7x64 Brenneke met IMR / Hodgdon
Posted: Fri Jul 12, 2019 6:42 am
by tripodmvr
Hier is voorbeelde van wat jy kan verwag met URP. Spoed kan op of af wissel afhangende van jou geweer se fisiese eienskappe, maar nie sommer meer as 20vps nie. Die' is die hoogste nodes wat veilig bereik kan word.
Max Rosslee 7x64 URP 150AB.jpg
Max Rosslee 7x64 URP 160AB.jpg
Re: Herlaai vir die 7x64 Brenneke met IMR / Hodgdon
Posted: Fri Jul 12, 2019 7:44 am
by Max Rossle
Tripod dankie vir jou moeite!
Ek sal beslis n toets met albei Vitavouhri N160 en Norma URP doen.
Nog n ding!
Ek kyk daarna om 154gr Hornady SST te skiet op die baan en 154gr Hornady Interbonds in die veld.... die vorm verskil is minimaal en gewig is identies.
Re: Herlaai vir die 7x64 Brenneke met IMR / Hodgdon
Posted: Fri Jul 12, 2019 2:03 pm
by tripodmvr
SST is 3mm langer en dus meer vaartbelynd. Jy gaan moontlik so 40vps verskil tussen hulle kry as jy dieselfde lading gebruik.