Page 1 of 1

Eerste familie jag

Posted: Mon Jul 08, 2019 11:04 am
by henried
Ek jag eers van so 2008 af, my oudste seun die laaste 5 jaar, en die jongtse laaste 3 jaar. Ons kies elke jaar ons wapen, boog of geweer. Hierdie jaar was al drie se besluit boog gewees. Dit en die koste het ons laat besluit om hierdie jaar ‘n familie jag te doen, selfs my vrou was genooi... :)

Toe ek in Jan bespreek het, het ek dit gedoen op die hoop van verhoging en bonus, “don’t count your chicken before they hatch”, nie een van die 2 het gebeur nie en die Des vakansie budget is in gespan... :o

Twee weke voor ons jag het die jongste ”target panic” met die boog gekry, dit is nie iets wat jy in 2 weke oplos nie. Gelukkig het iemand by die werk sy cross bow vir ons geleen en ek en hy het besluit om met die te skiet.

Hiedie is die eerste wapen wat ek uit die boks haal wat my hare so bietjie laat regop staan het, dit was duidelik dat hierdie ding jou baie see kan maak. Na ‘n week se oefen was ek gemaklik om my seun toe te laat om hom te span, en als het mooi geloop tot iets gebeur wat ons tot nou toe nie kon verduidelik nie.

Die snaar het los gekom met sy vingers in die pad. Hierdie boog wil nie eers release sonder ‘n bolt in nie, hy is regtig veilig, so iet het verkeerde gegaan en hy het amper sleg seer gekry.

Ons was baie spesefiek met ons jag die jaar, en gelukkig was dit reg met die boer. Ek wou ‘n groot vark skiet, die boer het twee gesien in die weke voor ons daar was, hulle was so 13.5 duim, en het ‘n maand terug ‘n 14 duim self geskiet,. My oudste wou stap met die boog vir ‘n BWB, en die jongste was agter ‘n groot rooibok.

Daar was baie varke, maar ek het nie die grotes gesien nie, die van 30kg het ek laat gaan met die hoop om die grotes te kry, wat nie gebeur het nie.

My oudste het 3 dae gestap, naaste wat hy gekom het was 49m, sy skiet afstand is 40m, die wind het baie gedwarrel.

My jongste was dan die enigste een wat sy bok geskiet het, ‘n mooi ram van net onder die 24 duim. Dit het hom wel 2 dae gevat, stil sit is maar moeilik vir die man.

Ek glo dit is nie die laaste familie jag nie.

Re: Eerste familie jag

Posted: Mon Jul 08, 2019 11:19 am
by Philip_R
Geluk aan die jong man, boogjag is maar baie onvoorspelbaar omdat die skiet afstande so beperk is, volgende keer kry jy jou vark.

Re: Eerste familie jag

Posted: Mon Jul 08, 2019 11:37 am
by henried
https://scontent.fjnb8-1.fna.fbcdn.net/v/t1.0-9/66136472_10156501875769021_6269790548576436224_n.jpg?_nc_cat=110&_nc_oc=AQmCQwKgCQuodAfOlMcoYaKIMFqjlFktUXUGB1mI4_YbUvuwVya57gAIxcI6wg0rbe8&_nc_ht=scontent.fjnb8-1.fna&oh=faf74b79751b0ff9d788eed6d5ab10fb&oe=5DAA46DB

https://scontent.fjnb8-1.fna.fbcdn.net/v/t1.0-9/66200724_10156501875604021_3969474535207469056_n.jpg?_nc_cat=106&_nc_oc=AQn2nj7VhtDqYk26CSbqZOK2ybrhQV7hUvK0ndB2hEbcQTBHxw_-430ceu134a7PYMA&_nc_ht=scontent.fjnb8-1.fna&oh=15eaec0b98a09be17106b0699fa46364&oe=5DC2BB7A

https://scontent.fjnb8-1.fna.fbcdn.net/v/t1.0-9/66225389_10156501875539021_6325125373914775552_n.jpg?_nc_cat=101&_nc_oc=AQnghpkjF3OORxiYr3XOwPOpszfRKI883C2kKffM96dVXszwTrs7ZTMBYu-o-TOZh1I&_nc_ht=scontent.fjnb8-1.fna&oh=0970f196b0f2eaa4a7c9b8a60be67c08&oe=5DAEF51A

https://scontent.fjnb8-1.fna.fbcdn.net/v/t1.0-9/66292538_10156501873354021_3268687686709280768_n.jpg?_nc_cat=106&_nc_oc=AQkUElF7_jjb13PmVQPtkYG1IzOSlG2K1s5h7CqCY1MpomLGenx7yKm-GLa3RgEnINU&_nc_ht=scontent.fjnb8-1.fna&oh=a7ca5e4cf918e34dfbbaf403fb347880&oe=5DB81BB4

https://scontent.fjnb8-1.fna.fbcdn.net/v/t1.0-9/66663256_10156501873324021_6255694221097828352_n.jpg?_nc_cat=105&_nc_oc=AQkF3VRSEoIYRe83rD_kuxAPmcV9T3n73jAbKpBVEoXpezNd-UTSm9zk-LH2XiQvqk4&_nc_ht=scontent.fjnb8-1.fna&oh=d17c1456a9b764aaec7c5eaece6d8729&oe=5DAB47F6

https://scontent.fjnb8-1.fna.fbcdn.net/v/t1.0-9/66134700_10156501872989021_4045028228329373696_n.jpg?_nc_cat=108&_nc_oc=AQmFtGqAElFb-9sGXEtTmlxlI09PeOwjKEC8fmdXQ205op9J2hI6FG2gJpjSffoCLB0&_nc_ht=scontent.fjnb8-1.fna&oh=b5af3fbcfb6518058d8c391a8bcb86b7&oe=5DC4AB93