Page 1 of 4
GRT Gordon's Reloading Tool Community
Posted: Fri Jul 05, 2019 3:24 pm
by Forester
Middag Almal,
Hier is iets interessant. Dis soos 'n nuwe QL, maar kan verniet afgelaai word. Ek het geen betrokkenheid by hulle nie en het self nog nie die program getoets nie.
https://www.grtools.de/
Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community
Posted: Fri Jul 05, 2019 4:50 pm
by Dumbluck
Het afgelaai met verskillende rekenaars maar die zip file is soos ons regering, erg korrup...
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community
Posted: Fri Jul 05, 2019 4:59 pm
by finch
Ek hou nogal van hul instruksies om nie die pop-op boodskappe te ignoreer nie en dit aandagtig deur te lees. (Wonder hoeveel mense het dit raak gelees)
Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community
Posted: Fri Jul 05, 2019 5:26 pm
by tripodmvr
Ek lei af julle kon dit nie installeer nie?
Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community
Posted: Fri Jul 05, 2019 5:35 pm
by Dumbluck
tripodmvr wrote:Ek lei af julle kon dit nie installeer nie?
Ek het nog nie reg gekom nie. Die zip file kry ek nie oop nie.
Kon iemand die program al installeer?
Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community
Posted: Sun Jul 07, 2019 7:31 am
by Matewis28
Het hom geinstalleer. Nogal gebruikersvriendelik.
Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community
Posted: Sun Jul 07, 2019 8:06 am
by tripodmvr
Het hom ook installeer, maar nou om al sy foefies baas te raak.
Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community
Posted: Sun Jul 07, 2019 12:29 pm
by Blitzzz
Sal graag wil hoor hoe vergelyk dit met QL se berekenige
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community
Posted: Sun Jul 07, 2019 12:31 pm
by tripodmvr
Ek het nou bietjie gekyk na die program. Jy kan QL files intrek en hulle word omgeskakel.
Vinnig na die geweerdata gekyk en AI weergawes ontbreek.
Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community
Posted: Mon Jul 08, 2019 1:25 pm
by Aceofspades
Ek het ook gefownload en gaan so bietjie speel. Dit lyk heel oraait.
Ek hou van die idee dat daar ondersteuning is. En dis verniet

Wel, sover. Maar kom ons kyk.
Kriek
Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community
Posted: Mon Jul 08, 2019 1:26 pm
by tripodmvr
Ek kry nie looptye wat met QL ooreenstem nie. Dit is tog nodig om die OBT nodes te bereken.
Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community
Posted: Mon Jul 08, 2019 3:40 pm
by Finder20
tripodmvr wrote:Ek kry nie looptye wat met QL ooreenstem nie. Dit is tog nodig om die OBT nodes te bereken.
Middag oom Tri ek ondervind dieselfde probleem kom nie naastenby by my nodes wat goed werk op QL vir my nie
Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community
Posted: Mon Jul 08, 2019 4:17 pm
by dennisinpe
Hoe kry mens Somchem se kruit in die databasis? Is daar.files wat mens kan intrek of word dit maar met Somchem se gepubliseerde waardes ingetik?
Sal bietjie leiding waardeer asb.
Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community
Posted: Mon Jul 08, 2019 4:41 pm
by ruaanb
jy kan die ql file import.
Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community
Posted: Mon Jul 08, 2019 4:47 pm
by Gawie(13mm)
Dus verniet.
......maar werk dit?
Wat help dit jy moet QL se data gebruik om die program te laat werk?
Mis ek iets?

Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community
Posted: Mon Jul 08, 2019 6:47 pm
by tripodmvr
Jy weet jy kompeteer met QL, so niks beter as om op hul rug te ry.
Die looptyd is die enigste data wat ontbreek om OBT berekenings te kan maak. Ek het ook gesien dat die persentasie verbranding sowat 10% laer is as QL se voorspelling met die S361 lading op my 243AI.
Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community
Posted: Mon Jul 08, 2019 7:26 pm
by Gawie(13mm)
Ek verstaan die program is in sy toets fase, maar indien jy nie op die bol is met QL nie, gaan jy jou vingers verbrand met die een.
Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community
Posted: Mon Jul 08, 2019 7:32 pm
by Hansieslim
Ek stem saam Oom Tripod en Gawie. Vir my om die program nou te vertrou, moet sy antwoorde ooreenstem met QLoad en dit doen tans nog nie. Ek hou wel vd grafiese gedeelte wat die rondte met sy dimensies toon. Sal hom oor n jaar weer aflaai.
Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community
Posted: Mon Jul 08, 2019 9:21 pm
by Aceofspades
Nee, ek stem saam dat daar nog baie werk aan hom is. Maar as mens kan saam werk met die ou kan dit briljant uitdraai. Ek meen, die ou is besig om te ontwikkel en vra dat daar foute uitgewys word. Ek het nog nie vandag tyd gehad om deur die ding te gaan soos ek wil nie, maar ek voel na dit wat ek gelees het en so bietjie gevoel het, dat dit meriete het om te ontwikkel.
Kriek
Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community
Posted: Thu Jul 25, 2019 11:11 am
by akading
Dagse Manne,
Ek het ook die sagteware ge download, en die aan die gang Gerry op my appel.
ek sukkel om Somchem se reeks poeiers se data te kry om dit in die program te laai.
Hoe het julle dit gedoen?
Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community
Posted: Fri Jul 26, 2019 11:50 am
by Aceofspades
Hi Akading. Stel jouself gou voor by die nuwe aansluitings. Laat weet wie jy is, waarvandaan en waarheen. Deel jou roere en wat jou belangstellings is.
Dan sal jy meer geredelik gehelp word
Kriek
Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community
Posted: Fri Jul 26, 2019 4:04 pm
by jayzet
Hansieslim wrote:Ek stem saam Oom Tripod en Gawie. Vir my om die program nou te vertrou, moet sy antwoorde ooreenstem met QLoad en dit doen tans nog nie. Ek hou wel vd grafiese gedeelte wat die rondte met sy dimensies toon. Sal hom oor n jaar weer aflaai.
As hy nog verniet is
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community
Posted: Fri Jul 26, 2019 4:51 pm
by tripodmvr
Kriek, akading is al lid van 2013. Hy is net 'n skaam ou en het nog min gesels.
Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community
Posted: Fri Jul 26, 2019 8:31 pm
by akading
haha. ek het al gesels, maar ek dink somehow reflect dit nie, maar in elk geval, ja ek is nie baie actief op die forums nie.
Re: GRT Gordon's Reloading Tool Community
Posted: Fri Jul 26, 2019 8:36 pm
by akading
Ek wil asseblief woes graag hulp he van iemand wat Quickload het. Ek wil bate graag die Quickload Powder files he vir S365, S335, S338, S321, en Varget.
ek weet dat die waardes iets anders is, maar daar is ook n import gedeelte wat die meeste van die data kan importeer.
As ek dit kan regkry, dan kan ek net die last bietjie update met iemand wat die waardes van QL vir my gee.
Ek is dan ook bereid om die GRT files beskikbaar te maak op die Forum (natuurlik vir eie risiko gebruik.