Page 1 of 1

Silencer nie meer so silent nie

Posted: Fri Jul 05, 2019 8:18 am
by Jake1
Ek het 'n silencer op my .223, hy klink nie meer so sag nie, hy is gebou deur 'n oom in Middelburg. Hy het baaaie skote al geskiet.

Kan 'n silencer uitskiet? Of kan mens hom skoonmaak, ek kan nie regtig binne in kyk om te sien of iets fout is nie.

Groetnis
Jaco

Re: Silencer nie meer so silent nie

Posted: Fri Jul 05, 2019 8:35 am
by RudolphP
Ek gooi myne so elke nou en dan deur die sonic cleaner. Daar kom BAIE gemors uit hom uit. Ek weet nie of dit 'n rol speel in hoe goed hy werk nie, maar dis hoe ek myne skoonmaak.

Re: Silencer nie meer so silent nie

Posted: Fri Jul 05, 2019 9:09 am
by Jake1
Is daar 'n ander plan as mens nie sonic cleaner het nie?

Re: Silencer nie meer so silent nie

Posted: Fri Jul 05, 2019 9:35 am
by Finder20
Hi Jake, Jy kan carbon cleaner gebrui maak aan 1 tot 3 dele warmwater en dan maak jy lekker skoon met n bottle brush wat jy lekker deur trek....my 2c

Re: Silencer nie meer so silent nie

Posted: Fri Jul 05, 2019 11:03 am
by andre007
As jy n nuwe KD van die begin af skoonmaak werk die Muti om hom mee skoon te maak. Ek het onlans n KD gesien wat in die lengte deurgesny was wat 1000de skote deur hom gehad het, party van die 'kamers' was heeltemal toe. Die carbon aanpaksel was klip hard, moes hom met n pons en hammer kap, glo nie enige muti sou hom skoonmaak nie.

Re: Silencer nie meer so silent nie

Posted: Fri Jul 05, 2019 11:49 am
by vernon
Silencer Cleaning Guide
Step 1.
• Remove silencer from Barrel.
• Seal off front end of silencer with tape.
Step 2
• Place silencer Face down on counter.
• Fill Silencer half way full with Jays Fluid.
• Seal off back end of silencer with tape.
• Place hands over front and back end of silencer.
• Shake well.
Step 3
• Leave silencer to stand overnight (12 Hours) with the Jays Fluid still inside.
Step 4
• Empty out the Jays Fluid.
• Rinse silencer well with water.
• Air dry the silencer.
• The silencer is now ready for use.

Re: Silencer nie meer so silent nie

Posted: Fri Jul 05, 2019 7:54 pm
by Jake1
Dankie, gaan dit probeer

Re: Silencer nie meer so silent nie

Posted: Fri Jul 05, 2019 8:35 pm
by Flip Nel
Jake1 wrote:Ek het 'n silencer op my .223, hy klink nie meer so sag nie, hy is gebou deur 'n oom in Middelburg. Hy het baaaie skote al geskiet.

Kan 'n silencer uitskiet? Of kan mens hom skoonmaak, ek kan nie regtig binne in kyk om te sien of iets fout is nie.

Groetnis
Jaco
Myne is staal silencer, ek prop een kant met dowel gooi bietjie drain cleaner en dan bietjie water, water laat hom beter werk. Hy raak warm en begin borrel. Hy is silwer skoon na die tyd ek het myne goed uitgewas daarna met koeksoda en liggies geolie hy skiet nog n hond uit n bos uit

Sent from my SM-G610F using Tapatalk