Page 1 of 2

Nounet pa geword van 'n .375 Ruger

Posted: Wed Jul 03, 2019 8:25 am
by Xplicitly
Goeie More Manne

'n Baie goeie vriend van my het die jaar verhuis na die VSA toe en sy .375 Ruger en .22LR aan my geskenk. Ek het die lisensie aansoeke die 4de Maart ingedien en my DFO het nounet laat weet die kaartjies is by hom.

So, hoe werk 'n .375 en wat doen mens met hom?

Ek het so paar doppe en koeëls saam gekry asook dies ens., so ek gaan herlaai. Die roer is die Howa mer die tupperware kolf. So dit is die eerste ding wat moet waai. Enige advies?

Watter gewig koeël moet ek na kyk? Ek gaan ongelukkig nie Mamoet plat trek met hom nie, so nie nodig vir 300gr Dangerous Game nie. Ek het die 7mm Rem Mag vir vlaktes, so die sal my bos roer wees.

Hy het tans 'n Nikko Sterling teleskoop op. Kan daau goed regtig die terugskop hanteer? Gaan ek nie beter af wees oop visier of met 'n Sightron S-tac nie? Iets met baie eye relief? Ek like seerowers, maar wil nie self ene wees nie.

Ek glo ek sal goeie advies hier kry.

Sent from my SM-G965F using Tapatalk

Re: Nounet pa geword van 'n .375 Ruger

Posted: Wed Jul 03, 2019 8:32 am
by Ds J
Baie geluk! Dit klink na n fees. Ek het self al n paar roere present gekry en verstaan die dankbaarheid.

Hou die teleskoop. Sommige van hulle gee "jarre en jarre" se goeie diens in alledaagse gebruik. As jy n fynproewer is kan jy graag n ander teleskoop opsit.

Re: Nounet pa geword van 'n .375 Ruger

Posted: Wed Jul 03, 2019 8:46 am
by Hugov
Baie geluk.

270gr Barnes TSX is daai roer se kos.

Groete H

Re: Nounet pa geword van 'n .375 Ruger

Posted: Wed Jul 03, 2019 9:24 am
by alecjohnson
Baie geluk, met daai roer kan jy doen wat jy wil! Ek verkies 'n 300gr teen so 2300 fps vir bosveld dan is daar bykans geen vleisskade, al springbok bladskote gegee daarmee sonder skade.

Vir vlaktes en kalaharie waar skote 300m raak sal ek vir jou 'n ligter (235gr) aanbeveel so vinnig as moontlik, die 200gr val meer oor 300m as 'n 235gr uit my persoonlike ondervinding. Hulle maak egter so ietwat skade.

dan vir rondspeel op die baan en dangerous game skiet dae is daar min wat Impalas wen ek laai tans nog 300gr Impalas vir R11 'n skoot dus speel hulle lekker!

Geniet die nuwe roer!!!

Re: Nounet pa geword van 'n .375 Ruger

Posted: Wed Jul 03, 2019 9:45 am
by Klein Chris
Swaer het dieselfde Howa net met n hout kolf. Het onlangs n recoil reaper opgesit om sy piets minder te maak. Nou is dit lekker om met die roer te skiet. GS customs se 200gr HV en Hornady 225gr Interlock is die roer se kos. As die GS op is gaan hy oor na die Kriek's

Kyk na n laminated kolf om die tupperware een mee te vervang. Praat met Geno op die forum hy kan jou dalk net help

Geniet die roer

Re: Nounet pa geword van 'n .375 Ruger

Posted: Wed Jul 03, 2019 1:42 pm
by Frederik
Eerste plek is jy in Bronkhorstspruit gaan praat met Smittertjies (Martin) en kom skiet BASA saam ons vir dit sal 270gr koeel werk of goedkoop range koeel van CLAW in 300gr. As jy 270gr wil skiet gebruik Impala ook lekker goedkoop.

Jy raak die 375 gewoond en sy terugskop is regtig nie so kwaai nie, die probleem met die 375 is dat die ander roere stof opgaar want hy kan basies alles doen en dit is nou maar net lekker om met 'n groot kaliber 'n BWB kan wys wies baas. Die groter kaliber gat maak nie die diere ekstra dood nie en moet nogsteeds reg geplaas word maar glo my as BWB se kind kon uitdrukking wys as hy met 375 mooi geraps words dan klim hy mooi in die lug en laat weet dit is seer.

Geniet die roer en sien jou by BASA September genoeg kans om die laai aan die gang te kry.

Re: Nounet pa geword van 'n .375 Ruger

Posted: Wed Jul 03, 2019 2:03 pm
by Xplicitly
Frederik wrote:Eerste plek is jy in Bronkhorstspruit gaan praat met Smittertjies (Martin) en kom skiet BASA saam ons vir dit sal 270gr koeel werk of goedkoop range koeel van CLAW in 300gr. As jy 270gr wil skiet gebruik Impala ook lekker goedkoop.

Jy raak die 375 gewoond en sy terugskop is regtig nie so kwaai nie, die probleem met die 375 is dat die ander roere stof opgaar want hy kan basies alles doen en dit is nou maar net lekker om met 'n groot kaliber 'n BWB kan wys wies baas. Die groter kaliber gat maak nie die diere ekstra dood nie en moet nogsteeds reg geplaas word maar glo my as BWB se kind kon uitdrukking wys as hy met 375 mooi geraps words dan klim hy mooi in die lug en laat weet dit is seer.

Geniet die roer en sien jou by BASA September genoeg kans om die laai aan die gang te kry.
Man, jy begin nou 'n ding. Ek het al so paar kere daar verby Fred Everett gery en gewens ek kan saam speel. Nou kan ek mos!

Ek moet hoeka daar by smitstertjies gaan inloer.

Sent from my SM-G965F using Tapatalk

Re: Nounet pa geword van 'n .375 Ruger

Posted: Wed Jul 03, 2019 6:48 pm
by JJV
Ek idle myne met 300gr Game King punte, ek sien geen nut om ligte punt met swak BC baie vinnig te probeer skiet nie, my 3-9Vortex se holdover strepies werk perfek tot op 300meter, myne het gewone houtkolf en werk mooi met S365. Geniet hom!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nounet pa geword van 'n .375 Ruger

Posted: Mon Jul 08, 2019 8:30 pm
by vossie1
Daai Tupperware kolf is niks mee fout as jy hom as weeksgeweer gaan gebruik nie, ma as jy n beuaty queen soek moet jy maar verander na hout. 300gr Sal ek hom voer.

Re: Nounet pa geword van 'n .375 Ruger

Posted: Tue Jul 09, 2019 10:20 am
by tau
Die Hogue kolwe help baie met recoil en kraak nie. Daar is vreeslik baie .375 Rugers wat houtkolwe kraak.

As die Nikko Sterling recoil oorleef sal dit verbasend wees. Myne het 'n Luepold se kruishaar vernietig.

Barnes 270gr wrk goed, maar ek sal sommer 300gr Sierra Gamekings of rhino's skiet as jy nie wil wyd skiet nie.

Re: Nounet pa geword van 'n .375 Ruger

Posted: Tue Jul 09, 2019 12:05 pm
by Xplicitly
tau wrote:Die Hogue kolwe help baie met recoil en kraak nie. Daar is vreeslik baie .375 Rugers wat houtkolwe kraak.

As die Nikko Sterling recoil oorleef sal dit verbasend wees. Myne het 'n Luepold se kruishaar vernietig.

Barnes 270gr wrk goed, maar ek sal sommer 300gr Sierra Gamekings of rhino's skiet as jy nie wil wyd skiet nie.
Ek is nogal skrikkerig vir due hout kolwe op die .375 Rugers, maar dit lyk so mooi!

Ek het besluit op 270gr of 300gr Rhino Solid Shanks. Moet nou net besluit op kruit. Sou daarvan hou as VV N560 of N570 kan werk, aangesien ek dit in my 7mm ook gebruik.

Ek het so ou Weaver 2.5x20 uit my kas uit gegrou. Ek oorweeg om hom op te sit. Behoort bitter lekker te werk vir 50 to 100 m skote, of hoe?

Sent from my SM-G965F using Tapatalk

Re: Nounet pa geword van 'n .375 Ruger

Posted: Tue Jul 09, 2019 12:18 pm
by tau
Ek skiet myne deesdae oopvisier. Maar glo so lae vergroting teleskoop is beter vir akkuraatheid en om ladings te ontwikkel. EK het altyd scope op gehad en het destyds my Toegewyde jagter status skiet met hom gedoen tot op 200m teikens.

Ek gebruik ander roere vir ver skiet en jag, maar my .375 Ruger het so vreemd met sy Hogue kolf en kort loop my harts geweer geword. Hy is net soos ek, lelik maar hy kan swaar goed optel :).

Die kolwe wat kraak is op die Ruger M77, so miskien het Howa nie die probleem nie.

Re: Nounet pa geword van 'n .375 Ruger

Posted: Tue Jul 09, 2019 4:55 pm
by Xplicitly
Die oukie uit gegrawe...
IMG-20190708-WA0012.jpg
Sent from my SM-G965F using Tapatalk

Re: Nounet pa geword van 'n .375 Ruger

Posted: Tue Jul 09, 2019 9:32 pm
by JJV
My Vortex Viper 3-9x42 hou nog zero en recoil goed!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nounet pa geword van 'n .375 Ruger

Posted: Wed Jul 10, 2019 6:51 am
by Frederik
Black Moose scope van Geno nou al 200 skote deur hom met warm 375 H&H ladings en hy werk nog tops op baan en jag al paar goed met hom gejag. 2 x Wildebees, vlakvark, 2 x njalas, rietbok en hope teikens by Basa en die illuminated dot werk pragtig skemer.
30mm buis stel maklik in 2 clicks per duim en hou zero. Die prys is natuurlik baie goed ook.

Re: Nounet pa geword van 'n .375 Ruger

Posted: Wed Jul 10, 2019 11:50 am
by Chris Swart
Gooi die agterkant van daai kolf vol silikon, hy vat so 2 buise.
Dit help met recoil en balans.

Toe ek my Howa by Camdix gekoop het, wou hulle hom nie saam met 'n hout kolf aan my verkoop het nie. Die Howa het nie 'n cross bolt nie, en dit veroorsaak blykbaar dat kolwe makliker kraak. Hou dit maar in gedagte.

Geniet daai geweer, hulle baklei vêr bo hul gewigsklas.

Re: Nounet pa geword van 'n .375 Ruger

Posted: Wed Jul 10, 2019 12:22 pm
by Xplicitly
Chris Swart wrote:Gooi die agterkant van daai kolf vol silikon, hy vat so 2 buise.
Dit help met recoil en balans.

Toe ek my Howa by Camdix gekoop het, wou hulle hom nie saam met 'n hout kolf aan my verkoop het nie. Die Howa het nie 'n cross bolt nie, en dit veroorsaak blykbaar dat kolwe makliker kraak. Hou dit maar in gedagte.

Geniet daai geweer, hulle baklei vêr bo hul gewigsklas.
Net silicon, of so 1 of 2 sinkers ook?

Dit is die volgende stap. Ek sien die ouens kla baie oor die "flex" in die Hogue kolf, veral die voorkant. Maar dié ene is redelik stewig. Net die hol kolf pla my.

Sent from my SM-G965F using Tapatalk

Re: Nounet pa geword van 'n .375 Ruger

Posted: Wed Jul 10, 2019 12:56 pm
by Chris Swart
Xplicitly wrote:
Chris Swart wrote:Gooi die agterkant van daai kolf vol silikon, hy vat so 2 buise.
Dit help met recoil en balans.

Toe ek my Howa by Camdix gekoop het, wou hulle hom nie saam met 'n hout kolf aan my verkoop het nie. Die Howa het nie 'n cross bolt nie, en dit veroorsaak blykbaar dat kolwe makliker kraak. Hou dit maar in gedagte.

Geniet daai geweer, hulle baklei vêr bo hul gewigsklas.
Net silicon, of so 1 of 2 sinkers ook?

Dit is die volgende stap. Ek sien die ouens kla baie oor die "flex" in die Hogue kolf, veral die voorkant. Maar dié ene is redelik stewig. Net die hol kolf pla my.

Sent from my SM-G965F using Tapatalk
Ek het net silikon in myne gegooi

Re: Nounet pa geword van 'n .375 Ruger

Posted: Sun Jul 14, 2019 6:52 pm
by Xplicitly
So... Ek het vandag bietjie gaan skiet met die .375. Die pel by wie ek die roer gekry het, het nog so paar rondtes gehad wat hy saam met die geweer vir my gelos het.

Ek moet bieg. Ek is nou verslaaf. Man, ek het nie gedink recoil kan so lekker wees nie. Ek het die kolf wel vol silicon gemaak vir so bietjie ekstra gewig, en ek was aanvanklik skrikkerig gewees, maar na daai eerste skoot geloop het, het ek gegiggel soos n skool dogtertjie na haar eerste vry.

Sent from my SM-G965F using Tapatalk

Re: Nounet pa geword van 'n .375 Ruger

Posted: Sun Jul 14, 2019 6:55 pm
by DWB
Hahahaha mooi man.

Ek het self vandag ñ behoefte vir recoil terapie gehad... maar kon nie my lus blus

Re: Nounet pa geword van 'n .375 Ruger

Posted: Sun Jul 14, 2019 7:03 pm
by Xplicitly
DWB wrote:Hahahaha mooi man.

Ek het self vandag ñ behoefte vir recoil terapie gehad... maar kon nie my lus blus
Iets wat nogal opvallend was vandag was dat die 250gr Frontier Spartans meer skop as die 300gr PMP's.

Sent from my SM-G965F using Tapatalk

Re: Nounet pa geword van 'n .375 Ruger

Posted: Sun Jul 14, 2019 7:14 pm
by DWB
Die goed maak mens soms kop krap

Re: Nounet pa geword van 'n .375 Ruger

Posted: Mon Jul 15, 2019 7:41 am
by LoopSoosStroop
Ek begin my .375 Ruger (Howa) nou ook vrek baie geniet. Sterk oorweeg om hom ook te verkoop met my huidige "purge", maar lyk my hy is die enigste een wat ek gaan hou.

Sover het ek nog net DIY 270 gr. cast koeels en 300 gr. SGK geskiet, en beide werk fantasties. Ek laai hulle maar nie te warm nie, 2200 en 2300 fps onderskeidelik. Die Hogue met die sagte skop kussing hanteer die skop fantasties goed, geen issues om die ding baie te skiet nie.

Op oomblik skiet ek met 'n Vortex 3 MOA red dot, maar ek sien nou na twee Rooibokke dat mens dalk maar glase moet opsit. Niks fout met my sig nie, maar mens sukkel om takkies en goed in die bos te sien tussen jou en prooi. Sal ook nie sommer verder as so 60 m skiet nie, en dink dit beperk bietjie die geweer se bruikbaarheid. Op oomblik dink ek maar aan 'n 3-9 of 3-12 Nikon.

Re: Nounet pa geword van 'n .375 Ruger

Posted: Mon Jul 15, 2019 7:54 am
by Frederik
Kry vir jou die Black Moose scope van Geno op die roer.

Re: Nounet pa geword van 'n .375 Ruger

Posted: Mon Jul 15, 2019 8:04 am
by LoopSoosStroop
Frederik wrote:Kry vir jou die Black Moose scope van Geno op die roer.
Wat is die vergroting van daardie outjie? Kan nie se ek is mal oor die look van daardie scope nie.