Page 1 of 1

Hallo almal..

Posted: Mon Jul 01, 2019 6:17 pm
by Myburgh Howa
Goeie naand aan almal...


My naam is Myburgh en ek bly op Kuruman en is 10 jaar oud. Ek is Ben Remington se seun en net soos my pa is ek lief vir honde en die veld en ek skiet baie graag met my 223 Howa dikloop. Ek is bly om deel te wees van die forum en wil graag meer leer van gewere en die veld en alles wat daarmee saam gaan.

Mooi aand vir julle almal.

Re: Hallo almal..

Posted: Mon Jul 01, 2019 6:42 pm
by tripodmvr
Baie welkom jong man. Bly jy kom kuier. Ken jou van al die fotos wat jou pa al geplaas het. Kom gesels lekker saam.

Re: Hallo almal..

Posted: Mon Jul 01, 2019 7:14 pm
by PWV
Welkom, Myburgh. Hier is baie ooms wat baie weet. Geniet dit om na al hulle praatjies te luister.

Re: Hallo almal..

Posted: Mon Jul 01, 2019 7:21 pm
by Myburgh Howa
Baie dankie ooms.

Re: Hallo almal..

Posted: Mon Jul 01, 2019 9:34 pm
by Aceofspades
Naand Myburgh, welkom hier. Maar ek moet sĂȘ, met al die mooi stories en fotos wat jou pa al op gesit het, ken ons jou al goed

Kriek

Re: Hallo almal..

Posted: Mon Jul 01, 2019 9:58 pm
by jankraay
Baie welkom jongman. Met al die jong manne wat bykom begin ek soos n Oom te voel...


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Hallo almal..

Posted: Tue Jul 02, 2019 9:42 am
by Toyrsi
Baie welkom Myburgh.
Jy gaan dit baie geniet hier.

Re: Hallo almal..

Posted: Tue Jul 02, 2019 10:19 am
by Smitstertjies
Welkom Myburg. Jy is bevoorreg om die dinge saam met jou pa te deel.

Re: Hallo almal..

Posted: Tue Jul 02, 2019 5:02 pm
by Plaashaas
Baie welkom boeta. Hier is darem baie manne wat in n manier op kyk na jou. Ons volg jou jagte al baie lank en dit bly my gunsteling draad op die forum. Geniet dit hier seuna.