Page 1 of 1
CZ455 .22 Groepering 100m
Posted: Sun Jun 30, 2019 5:54 pm
by Vasbrand
Middag manne
Het die bogenoemde geweer seker al so 2jaar en het nog nooit met hom verder as 50m geskiet voor vandag nie.
Het gister n Hawke Endurance 6-24x50 SF LRC IC op hom gesit en het n pakkie CCI Mini-Mag 40gr patrone gekoop.
Hom op 25m ingestel en vir die grap die teiken op 100m gesit.
[image]
//uploads.tapatalk-cdn.com/201906 ... 9a90f6.jpg[/image]
Wind het bietjie gepla, maar was beindruk met die groepering.
Het als in Strelok ingelees en dadelik n paar meerkaaie gaan aanval. Kon met 3 skote gemaklik 3 meerkaaie op 103m, 106m en 108m skiet.
[image]
//uploads.tapatalk-cdn.com/201906 ... 864d88.jpg[/image]
Gaan verseker meer gereeld met die geweertjie begin speel..
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: CZ455 .22 Groepering 100m
Posted: Sun Jun 30, 2019 6:22 pm
by Theunodb
Party van ons kan nie eers so groepeer met ‘n “groot” geweer nie! Welgedaan! Ek het self die varmint model, en koop elke keer die geel boks SK wane hulle op special is, as jy mis skiet dan weet jy dit was jy!
Sent from my iPad using Tapatalk
Re: CZ455 .22 Groepering 100m
Posted: Sun Jun 30, 2019 7:57 pm
by Vasbrand
Sal die geel boks SK bietjie probeer en kyk wat maak hy in die geweer
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: CZ455 .22 Groepering 100m
Posted: Sun Jun 30, 2019 9:32 pm
by Apie
Mooi gegooi daar!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: CZ455 .22 Groepering 100m
Posted: Mon Jul 01, 2019 11:18 am
by toelie
Die CZ Varmintjies skiet n padda uit n pyp uit.
Aangeheg is n foto van waar ek 4 groepe @ 5 skote elk op 50 meter dooie rus gesit en skiet het met die geel boksie SK'S.
Ek is bitter lief vir die roertjie, het hier op die forum ander springs en pins gekoop vir n upgrade op die sneller en hy breek nou konstant op n half pond.
Re: CZ455 .22 Groepering 100m
Posted: Mon Jul 01, 2019 1:41 pm
by OosKaapJagter
Ek hou nie daarvan dat julle so die geheim van die geel boks SK ammunisie uitblaker nie. Nou gaan ek sukkel om weer van dit te kry.
Baie mooi groeperings daardie.
Re: CZ455 .22 Groepering 100m
Posted: Mon Jul 01, 2019 1:56 pm
by Fanta300
En ek wou hier kom spog met my BRNO mod 2 groepie maar ek sal maar eers nog bietjie oefen.
Skuus dat ek dom is maar waarvoor staan SK?
Re: CZ455 .22 Groepering 100m
Posted: Mon Jul 01, 2019 2:29 pm
by Fanta300
Het maar vir Google gevra so nou weet ek ook
Hoe vergelyk hulle met Eley?
Re: CZ455 .22 Groepering 100m
Posted: Mon Jul 01, 2019 6:36 pm
by Knewel
Dai goue pakkies is bleddie goed. Het sommer 'n stuk of 700 gekoop toe hulle op die rakke was so drie jaar terug. Lapua maak hulle. Ek het 'n hele paar kliënte gehad wat gesê het dai goed skiet patroon op patroon elke liewe een in die boksie teen 'n kwart van die Eley's se prys
Sent from my SM-A750F using Tapatalk
Re: CZ455 .22 Groepering 100m
Posted: Mon Jul 01, 2019 9:17 pm
by Jaco V
Weeg en klas daai SK geel boksie op lengte en gewig, hulle sal jou verbaas, daar is paar manne wat .22 f-klas provinsiale kompetisies met hulle skiet en baie goed doen.
Re: CZ455 .22 Groepering 100m
Posted: Tue Jul 02, 2019 5:47 pm
by Basie2
Het vandag met die rooi boksie SK’s geskiet. Skiet baie goed, maar die Eley’s was beter. Eley’s was R140/50.
Skiet met Hawk 3-9x40 windbuks teleskoop
Anschutz geweertjie
IMG_1652.jpg
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: CZ455 .22 Groepering 100m
Posted: Tue Jul 02, 2019 6:46 pm
by Vasbrand
Jaco V wrote:Weeg en klas daai SK geel boksie op lengte en gewig, hulle sal jou verbaas, daar is paar manne wat .22 f-klas provinsiale kompetisies met hulle skiet en baie goed doen.
Watse afstande skiet hulle met die .22 f-klas?
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
CZ455 .22 Groepering 100m
Posted: Sun Jun 28, 2020 1:23 pm
by Theunodb
Daars darm min dinge so lekker soos ‘n lekker dag met jou .22. Dit was wel op 60 yards, en nie 100m nie
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: CZ455 .22 Groepering 100m
Posted: Sun Jun 28, 2020 7:03 pm
by WitWillem (Charl)
Die SK’s doen baie goed in my 22 ook, wel op 50m. Maar as ons hulle spoed meet is die variasie te veel. Die Eleys sn is onder 20 vps waar die SK tot en met 100 vps verskil. Ek het my klomp SK’s nou uitgeweeg en wil kyk of dit n verskil maak. Ons skiet die 22’s uit tot op 500 meter... dis great fun!! Maar dan wil jy jou spoed so konstant as moontlik kry.
Re: CZ455 .22 Groepering 100m
Posted: Mon Jun 29, 2020 6:40 am
by Bigfoot
Jaco V wrote: Mon Jul 01, 2019 9:17 pm
Weeg en klas daai SK geel boksie op lengte en gewig, hulle sal jou verbaas, daar is paar manne wat .22 f-klas provinsiale kompetisies met hulle skiet en baie goed doen.
Jaco V
Waar skiet die manne F Klas .22 ?
Re: CZ455 .22 Groepering 100m
Posted: Mon Jun 29, 2020 6:58 am
by Francoisv
Bigfoot wrote:Jaco V wrote: Mon Jul 01, 2019 9:17 pm
Weeg en klas daai SK geel boksie op lengte en gewig, hulle sal jou verbaas, daar is paar manne wat .22 f-klas provinsiale kompetisies met hulle skiet en baie goed doen.
Jaco V
Waar skiet die manne F Klas .22 ?
Rodger
Hier in die Kaap skiet die manne gereeld op Atlantis saam met die 303 crowd. 300m.
2 daughters. Plenty guns.
Re: CZ455 .22 Groepering 100m
Posted: Mon Jun 29, 2020 4:34 pm
by Theunodb
Francoisv wrote:Bigfoot wrote:Jaco V wrote: Mon Jul 01, 2019 9:17 pm
Weeg en klas daai SK geel boksie op lengte en gewig, hulle sal jou verbaas, daar is paar manne wat .22 f-klas provinsiale kompetisies met hulle skiet en baie goed doen.
Jaco V
Waar skiet die manne F Klas .22 ?
Rodger
Hier in die Kaap skiet die manne gereeld op Atlantis saam met die 303 crowd. 300m.
2 daughters. Plenty guns.
300m met ‘n .22 wil gedoen word! Hang seker af hoe groot die target is, dit sal verseker ‘n uitdaging wees.
Ek sal ook graag die offisiele afstande vir die kompetisies wil weet, soos ek lees lyk dit na 25m-100m?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: CZ455 .22 Groepering 100m
Posted: Mon Jun 29, 2020 8:40 pm
by Gawie(13mm)
Vasbrand, jy het sopas 'n heel nuwe wereld ontdek met daai .22. Daar is nie 'n beter roer om in die wind te leer skiet as met 'n .22 nie. Die BC is weglaatbaar en dus is daar niks om as verskoning te gebruik nie.
Sorg net dat jou teiken voor 'n grondwal staan sodat jy jou misskote duidelik kan sien. Jy kan dan vinnige aanpassings maak.
Op ons skietbaan hang die gonge permanent op 200, 250 en 300 meter. Daar is niks lekkerder om die manne se gesigte te sien as daai "pieng" vanaf 300 m terugkom nie.
My Bushnell het net 9 Mills elevasie vanaf 'n 50m sero.
100 meter is 2.1 Mill.
200 meter is 7.6 Mill.
300 meter is 14.6 Mill.
Vir 300 meter stel ek dus 8.5 Mills en draai die vergroting na 9. Haal stadig asem en druk die sneller.

Re: CZ455 .22 Groepering 100m
Posted: Tue Jun 30, 2020 12:26 pm
by Ysterkat
Cz455 dunloop met SK standard geel boksie op 100m.
Sent from my PRA-LA1 using Tapatalk