Page 1 of 1
Nuwe 7x64 eienaar... Hoe herlaai die veterans?
Posted: Fri Jun 28, 2019 8:41 am
by Max Rossle
Dag lede
Ek het nou 'n CZ550 Ebony Edition jaggeweer gekoop gekamer in 7x64 Brenneke.
Ek het lank gesoek vir die regte vlaktes roer en dit was n moeilike keuse tussen die .270 Winchester en die 7x64 Brenneke - maar die bietjie ekstra koeël gewig, hoër BC en sectional density en beskikbaarheid van koeëls vir die 7mm het gewen...
Ek verstaan met n 24" loop is die tipiese snellhede:
140gr teen 3050fps
150gr teen 2950fps
160gr teen 2850fps
170gr teen 2750fps
Wat is die manne se ervaring met herlaai vir die kaliber?
Watse dryfmiddels werk goed (plaaslik of buitelands) en watse koeëls skiet die manne met goeie effek en teen watse snellheid?
Ek hoor graag van julle.
Re: Nuwe 7x64 eienaar... Hoe herlaai die veterans?
Posted: Fri Jun 28, 2019 10:18 am
by Geno
Die duitse .270 is n lekker roer wat jou jare se plesier gaan gee Maat. Hoe lank voor jy hom ook verkoop?

Re: Nuwe 7x64 eienaar... Hoe herlaai die veterans?
Posted: Fri Jun 28, 2019 10:21 am
by Blink Stefaans
Geluk met die nuwe roer.
Myne het baie gehou van die 154gr Interbonds teen so 2890fps
Re: Nuwe 7x64 eienaar... Hoe herlaai die veterans?
Posted: Fri Jun 28, 2019 11:07 am
by Max Rossle
Geno wrote:Die duitse .270 is n lekker roer wat jou jare se plesier gaan gee Maat. Hoe lank voor jy hom ook verkoop?

Jy ken my al goed...
Nee wat.. ek het nou genoeg genavors en genoeg kalibers besit om te weet presies wat ek benodig vir plains game jag...
Ek hou van die geweer se ballistiese specs met ligter koeels ook... 'n 140gr Nosler Accubond se G1 BC is al 0.485. Dit teen 3050fps en jy het 'n wilde springbok en gemsbok geweer vir Duitswes (laser geweer).
Dan kan 'n man ook 160gr laai teen so 2850fps - dit sal mooi vaar vir die bosveld met bittermin palawa en 'n lekker sectional density met bonded eienskappe - penetrasie soos 'n masjien maar nogsteeds 'n lekker plat trajek (nie te vinnig vir die bosveld nie en koeel is dan ook nie te lig nie).
Ek sien regtig baie uit
Ook my eerste CZ jaggeweer... So sal kyk hoe ons klaar kom met mekaar
Hoop dit gaan goed maat. Stuur groete daai kant.
Re: Nuwe 7x64 eienaar... Hoe herlaai die veterans?
Posted: Fri Jun 28, 2019 11:08 am
by Max Rossle
Blink Stefaans wrote:Geluk met die nuwe roer.
Myne het baie gehou van die 154gr Interbonds teen so 2890fps
Dankie! Sal beslis daai gewig oorweeg! Mooi tussen die 150gr en 160gr klasse! Ek hou daarvan.
Re: Nuwe 7x64 eienaar... Hoe herlaai die veterans?
Posted: Fri Jun 28, 2019 11:28 am
by Supacow
Max jy moet nog die 284w aka die beter 7x64 na die 270 ook test drive.
Re: Nuwe 7x64 eienaar... Hoe herlaai die veterans?
Posted: Fri Jun 28, 2019 11:43 am
by Max Rossle
Supacow wrote:Max jy moet nog die 284w aka die beter 7x64 na die 270 ook test drive.
Ou Johannes Lubbe skiet 'n koekhou met sy .284 Winchester! Ongelooflike lekker kaliber.
Ek het net die CZ550 raak geloop en die ding het dadelik my hart gesteel... Dit is wraggies 'n mooi roer en baie prakties vir in die veld bestuur oor die stokke of oor 'n xbag / bipod.
Ek het lank gesoek na iets wat my hoendervleis gee as ek daarna kyk.
Dit is 'n mooi graad hout wat hulle gebruik het vir die tipiese hang gat "Hog Back" kolf en dit is mooi afgerond met 'n ebony schnabel tip voor op die kolf... Die loop het 'n "hammer forged" finish wat half spiraal vertoon wat ook netjies is. Die slot is jewelled en dit vertoon regtig mooi met die blue high gloss finish aksie en loop staal.
Ek sien vreeslik uit na die geweer...
Re: Nuwe 7x64 eienaar... Hoe herlaai die veterans?
Posted: Fri Jun 28, 2019 11:59 am
by Supacow
Jyt sopas 'n foto gemotiveer
Re: Nuwe 7x64 eienaar... Hoe herlaai die veterans?
Posted: Fri Jun 28, 2019 1:47 pm
by jooste
Geluk Max met n praktiese geweer.
Ek skiet my CZ 7x64 brenneke met die volgende:
150GR Barnes TTSX
Norma dope
83mm lengte gelaai
S365 - 52.1gr
2980fs
Hierdie lading in my geweer is spesiaal en skiet klawer groeperings op 100 en 200m.
Met die punt skiet ek van springbok tot eland. Perfekte vertoning.
Ek kom pas terug van die karoo en het n klomp springbokke op afstande tussen 80m en 400m geskiet.
Dit is n hartsgeweer want ek weet as ek die skoot trek dan maak ek biltong.
Hoop jy geniet joune.
Re: Nuwe 7x64 eienaar... Hoe herlaai die veterans?
Posted: Fri Jun 28, 2019 4:53 pm
by tripodmvr
jooste wrote:Geluk Max met n praktiese geweer.
Ek skiet my CZ 7x64 brenneke met die volgende:
150GR Barnes TTSX
Norma dope
83mm lengte gelaai
S365 - 52.1gr
2980fs
QL dui vir my die volgende syfers - sien die skermskoot onder. My 7x64 met 613mm loop is op node by 2860vps en druk is dan baie meer gematig.
CZ Ebony 7x64 150TTSX lading.jpg
Re: Nuwe 7x64 eienaar... Hoe herlaai die veterans?
Posted: Sat Jun 29, 2019 5:04 pm
by Max Rossle
CZ550 Ebony Edition 7x64 Brenneke
Re: Nuwe 7x64 eienaar... Hoe herlaai die veterans?
Posted: Sat Jun 29, 2019 5:14 pm
by tripodmvr
Mooi praktiese jaggeweer. Mag hy vir jou die biltong huis toe bring.
Re: Nuwe 7x64 eienaar... Hoe herlaai die veterans?
Posted: Sun Jun 30, 2019 8:16 am
by Danie01
Ek het 139gr sst uit my tikka hunter met 22,3 duim loop teen so 2900 vps op node geskiet en my broer met sy 24 duim musgrave skiet hulle basies teen dieselfde spoed op node.
Dink die 150gr uit n 24 duim loop sal so rondom 2850vps geskiet wil wees.
Baie lekker en mooi roer, geniet hom
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: Nuwe 7x64 eienaar... Hoe herlaai die veterans?
Posted: Wed Jul 10, 2019 1:31 pm
by Max Rossle
Danie01 wrote:Ek het 139gr sst uit my tikka hunter met 22,3 duim loop teen so 2900 vps op node geskiet en my broer met sy 24 duim musgrave skiet hulle basies teen dieselfde spoed op node.
Dink die 150gr uit n 24 duim loop sal so rondom 2850vps geskiet wil wees.
Baie lekker en mooi roer, geniet hom
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Dagsê
Dankie vir jou terugvoer.
Re: Nuwe 7x64 eienaar... Hoe herlaai die veterans?
Posted: Wed Jul 10, 2019 1:33 pm
by Max Rossle
jooste wrote:Geluk Max met n praktiese geweer.
Ek skiet my CZ 7x64 brenneke met die volgende:
150GR Barnes TTSX
Norma dope
83mm lengte gelaai
S365 - 52.1gr
2980fs
Hierdie lading in my geweer is spesiaal en skiet klawer groeperings op 100 en 200m.
Met die punt skiet ek van springbok tot eland. Perfekte vertoning.
Ek kom pas terug van die karoo en het n klomp springbokke op afstande tussen 80m en 400m geskiet.
Dit is n hartsgeweer want ek weet as ek die skoot trek dan maak ek biltong.
Hoop jy geniet joune.
Dag Nico!
Dankie vir die terugvoer...
Het jy al bietjie gespeel met verskillende koeël gewigte?
Watse tiepe snellheid kan ek uit die geweer uit verwag?
Re: Nuwe 7x64 eienaar... Hoe herlaai die veterans?
Posted: Mon Aug 05, 2019 2:08 pm
by Kleinaub
Max Rossle wrote:jooste wrote:Geluk Max met n praktiese geweer.
Ek skiet my CZ 7x64 brenneke met die volgende:
150GR Barnes TTSX
Norma dope
83mm lengte gelaai
S365 - 52.1gr
2980fs
Hierdie lading in my geweer is spesiaal en skiet klawer groeperings op 100 en 200m.
Met die punt skiet ek van springbok tot eland. Perfekte vertoning.
Ek kom pas terug van die karoo en het n klomp springbokke op afstande tussen 80m en 400m geskiet.
Dit is n hartsgeweer want ek weet as ek die skoot trek dan maak ek biltong.
Hoop jy geniet joune.
Dag Nico!
Dankie vir die terugvoer...
Het jy al bietjie gespeel met verskillende koeël gewigte?
Watse tiepe snellheid kan ek uit die geweer uit verwag?
Dag almal.
Ek skiet al van 2003 met my geweer en gebruik 150 gr nosler partition vir grootwild en sierra game king 150 gr match king 150gr. Ek laai op TPL van 84.4mm en gebruik S365 met 53.6gr gewig. Alle mense wat ek die lading gegee het werk en skiet 3/4 tot 1/2 moa sonder moeite. Net die headspace agter die teleskoop wat pla.
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: Nuwe 7x64 eienaar... Hoe herlaai die veterans?
Posted: Mon Aug 05, 2019 2:15 pm
by Kleinaub
Kleinaub wrote:Max Rossle wrote:jooste wrote:Geluk Max met n praktiese geweer.
Ek skiet my CZ 7x64 brenneke met die volgende:
150GR Barnes TTSX
Norma dope
83mm lengte gelaai
S365 - 52.1gr
2980fs
Hierdie lading in my geweer is spesiaal en skiet klawer groeperings op 100 en 200m.
Met die punt skiet ek van springbok tot eland. Perfekte vertoning.
Ek kom pas terug van die karoo en het n klomp springbokke op afstande tussen 80m en 400m geskiet.
Dit is n hartsgeweer want ek weet as ek die skoot trek dan maak ek biltong.
Hoop jy geniet joune.
Dag Nico!
Dankie vir die terugvoer...
Het jy al bietjie gespeel met verskillende koeël gewigte?
Watse tiepe snellheid kan ek uit die geweer uit verwag?
Dag almal.
Ek skiet al van 2003 met my geweer en gebruik 150 gr nosler partition vir grootwild en sierra game king 150 gr match king 150gr. Ek laai op TPL van 84.4mm en gebruik S365 met 53.6gr gewig. Alle mense wat ek die lading gegee het werk en skiet 3/4 tot 1/2 moa sonder moeite. Net die headspace agter die teleskoop wat pla.
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Jammer vergeet spoed 2850
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: Nuwe 7x64 eienaar... Hoe herlaai die veterans?
Posted: Mon Aug 05, 2019 3:07 pm
by Kleinaub
Kleinaub wrote:Kleinaub wrote:Max Rossle wrote:
Dag Nico!
Dankie vir die terugvoer...
Het jy al bietjie gespeel met verskillende koeël gewigte?
Watse tiepe snellheid kan ek uit die geweer uit verwag?
Dag almal.
Ek skiet al van 2003 met my geweer en gebruik 150 gr nosler partition vir grootwild en sierra game king 150 gr match king 150gr. Ek laai op TPL van 84.4mm en gebruik S365 met 53.6gr gewig. Alle mense wat ek die lading gegee het werk en skiet 3/4 tot 1/2 moa sonder moeite. Net die headspace agter die teleskoop wat pla.
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Jammer vergeet spoed 2850
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Hallo Max
Het vergeet om te se al drie die verskillende punte skiet op 200 meter op presies dieselfde plek. Geniet hom.
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: Nuwe 7x64 eienaar... Hoe herlaai die veterans?
Posted: Mon Aug 05, 2019 6:11 pm
by Kleinaub
Kleinaub wrote:Kleinaub wrote:Kleinaub wrote:Dag almal.
Ek skiet al van 2003 met my geweer en gebruik 150 gr nosler partition vir grootwild en sierra game king 150 gr match king 150gr. Ek laai op TPL van 84.4mm en gebruik S365 met 53.6gr gewig. Alle mense wat ek die lading gegee het werk en skiet 3/4 tot 1/2 moa sonder moeite. Net die headspace agter die teleskoop wat pla.
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Jammer vergeet spoed 2850
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Hallo Max
Het vergeet om te se al drie die verskillende punte skiet op 200 meter op presies dieselfde plek. Geniet hom.
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Jammer dit kom so stuk stuk deur was besig om te werk. CCI 250 Magnum primer
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: Nuwe 7x64 eienaar... Hoe herlaai die veterans?
Posted: Mon Aug 05, 2019 6:31 pm
by tripodmvr
Kleinaub, kyk na my spoed op die 150TSX wat ek bo genoem het.
Re: Nuwe 7x64 eienaar... Hoe herlaai die veterans?
Posted: Mon Aug 05, 2019 6:55 pm
by Kleinaub
tripodmvr wrote:Kleinaub, kyk na my spoed op die 150TSX wat ek bo genoem het.
Tripod sien jy kry heelwat meer spoed met minder kruit. Sal dit defnitief ook probeer.
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: Nuwe 7x64 eienaar... Hoe herlaai die veterans?
Posted: Mon Aug 05, 2019 6:59 pm
by tripodmvr
Die monos gee meer druk en die lot S365 wat ek het is warm. Spoed gee die akkuraatheid so moenie daarvan afwyk nie.
Re: Nuwe 7x64 eienaar... Hoe herlaai die veterans?
Posted: Mon Aug 05, 2019 7:02 pm
by tripodmvr
Daardie berekening is nie vir my geweer nie. Ek sal spoed gee met looplengte, maar swyg oor die lading. S365 is te wisselvallig gewees om sulke goed te gee.
Re: Nuwe 7x64 eienaar... Hoe herlaai die veterans?
Posted: Mon Aug 05, 2019 7:02 pm
by Kleinaub
tripodmvr wrote:Die monos gee meer druk en die lot S365 wat ek het is warm. Spoed gee die akkuraatheid so moenie daarvan afwyk nie.
Dankbaar. My geweer groepeer met niks swaarder as 160gr punte nie. Was ook nog nie nodig vir swaarder nie.
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: Nuwe 7x64 eienaar... Hoe herlaai die veterans?
Posted: Fri Aug 09, 2019 7:50 pm
by Kleinaub
tripodmvr wrote:Daardie berekening is nie vir my geweer nie. Ek sal spoed gee met looplengte, maar swyg oor die lading. S365 is te wisselvallig gewees om sulke goed te gee.
Hallo Tripod
Ek weet die monos gee meer druk en skiet nie met hulle nie weens die feit dat ek nog baie stock het van die Noslers. Ken my herlaai en is lief om liewer op die laer spoed te skiet weens vleis skade. Sal in die toekoms meer versigtig wees met informasie. John
Sent from my SM-G930F using Tapatalk